Kaap Roca

Kaap Roca (Portugees: Cabo da Roca) is die mees westelike punt van die Portugese vasteland.

In die Romeinse tydperk het dit as Promontorium Magnum bekend gestaan.

Kaap Roca
Die vuurtoring van Cabo da Roca
Kaap Roca
Die monument van Cabo da Roca

Cabo da Roca lê in die distrik Lissabon (Portugees: Lisboa), sowat 40 kilometer wes van die hoofstad Lissabon en 18 kilometer wes van Sintra, in die natuurpark Serra de Sintra. Sy koördinate, 38° 47' Noord, 9° 30' Wes, is in die steenplaat van sy monument ingegraveer. Die kaap se rotswand verrys sowat 140 bo die seevlak van die Atlantiese Oseaan. Op sy spits is 'n vuurtoring opgerig. Die kaap is 'n gewilde toeristebestemming.

Die digter Luís de Camões het Cabo da Roca as die plek beskryf "waar die land eindig en die see begin" (Portugees: "Onde a terra acaba e o mar começa"). Vergelykbare geografiese punte is Kaap Finisterre (letterlik "die land se einde") in Spanje, Finistère in Frankryk, en Land's End in die Verenigde Koninkryk.

Tags:

Portugal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WinterChristiaan Frederik BeyersPropagandaHartversakingLys van nedersettings in Suid-AfrikaNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaReënDawidAtoomKlopjagTemperatuurVerkoueBreinTegnologieKasteel die Goeie HoopKondensasieMonopolyElandréJodeGeslagBurgerregteDelft, KaapstadBynierBeaufortskaalVratLien se lankstaanskoeneWhatsAppWet op Bantoe-onderwysLidwoordHeupKoolstofNag van die lang messeInsekVulkanismeSeksTopsy SmithHernubare energieTwaalf Stamme van IsraelEmfiseemMiddeloorontstekingHector PietersonZoeloeLoodFraktuurC. Louis LeipoldtVincent van GoghSuid-Afrikaanse GrensoorlogOlimpiese Somerspele 2012ChristendomDigvormLieweheersbesieMilitêre diensplig in Suid-AfrikaWaterbesoedelingAmhariesDie Stem van Suid-AfrikaBeroerteKoue OorlogDie GeloftePolisieHoenderAardedagLenteDurbanAngssteuringStudievaardighedeSamestellende afleidingTuberkuloseEweknienetwerkLReënspinnekopErosietipesSteenkoolDieregeluideAardbewing🡆 More