Burt Reynolds

Burton Leon Burt Reynolds (11 Februarie 1936 – 6 September 2018) was ’n Amerikaanse akteur, rolprentregisseur en -vervaardiger.

Burt Reynolds
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Reynolds in 1991

Geboortenaam Burton Leon Reynolds Jr.
Geboorte (1936-02-11)11 Februarie 1936
Lansing, Michigan
Sterfte 6 September 2018 (op 82)
Jupiter, Florida
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Ouers Fern H. (née Miller)
Burton Milo Reynolds
Lewensmaat Judy Carne (1963–1965)
Loni Anderson (1988–1993)
Kinders 1
Beroep(e) Akteur, rolprentregisseur en -vervaardiger
Aktiewe jare 1958–2018
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Loopbaan

Burt Reynolds 
Reynolds in Gunsmoke (1962).
Burt Reynolds 
Reynolds in 2011.

Reynolds het op hoërskool Amerikaanse voetbal gespeel, maar ’n besering en ’n latere motorongeluk het sy sportloopbaan kortgeknip. Hy het daarna aan die Palm Beach Junior College in Lake Worth, Florida, studeer waar ’n Engelse dosent hom die hoofrol in ’n toneelstuk, Outward Bound, laat speel het. Reynolds het die Florida-dramaprys in 1956 daarvoor gewen wat ’n beurs vir die Hyde Park Playhouse in New York ingesluit het. Terwyl hy daar was, het hy Joanne Woodward ontmoet en sy het vir hom ’n agent gekry. Reynolds het ’n rol in Tea and Sympathy in die Neighborhood Playhouse in New York-stad gekry. Ná sy Broadway-debuut in Look, We've Come Through het hy dramaklasse geloop en daarna rolle gekry in televisieprogramme soos Riverboat en The Lawless Years. Hy het ook die rol van Quint Asper, ’n inheems-Amerikaanse grofsmit, in drie seisoene van Gunsmoke vertolk. Dit het gelei tot wyd gepubliseerde promosiefoto's van Reynolds voor ’n skuur, onder meer die foto links. Hy het ook in goedkoper rolprente begin speel.

In 1966 het hy die titelrol in Navajo Joe gekry. Dié goedkoop prent het hom gevestig as ’n aanvaarbare hoofrolspeler in flieks. Sy deurbraakrol was in Deliverance (1972) – dit het hom ’n ster gemaak en hy het daarna nakend in die tydskrif Cosmopolitan poseer.

Reynolds het in 1977 in die gewilde Smokey and the Bandit en in 1981 in The Cannonball Run gespeel. Hy was daarna in verskeie TV-programme, onder meer die reeks Evening Shade, waarvoor hy ’n Golden Globe en Emmy gewen het. In 1996 was hy in Striptease (1996), wat ’n sukses by die loket was, maar nie eintlik by resensente nie. Hy was ook in Boogie Nights (1997), waarvoor hy nog ’n Golden Globe gewen het. Hierna het die TV-reeks The Dukes of Hazzard (2005) en die sportkomedie The Longest Yard (2005) gevolg.

Ander rolle

In 1973 het Reynolds die album Ask Me What I Am uitgereik en saam met Dolly Parton in The Best Little Whorehouse in Texas gesing. In 1978 het hy ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry.

Reynolds was ook ’n medeskrywer van die kinderboek Barkley Unleashed A Pirate, ’n storie oor "die belangrikheid van vasbyt, die wondere van vriendskap en die mag van die verbeelding".

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Burt Reynolds LoopbaanBurt Reynolds VerwysingsBurt Reynolds Eksterne skakelsBurt ReynoldsAkteurVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Suid-Afrikaanse atletiekrekordsAfrikaansCristiano RonaldoHoofstadMisdaadParysGuillain-Barré-sindroomLibiëDemokrasieWikisourceEkonomie van Suid-AfrikaApostoliese GeloofsendingSkrikkeljaarBeroerteSowjetuniePeach van PletzenMiddelmisbruikAndré SchwartzBloedvergiftigingAnglo-BoereoorlogTolla van der MerweNederlandsSleurkragEikelWeeluisRefentse MorakePolePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaAfkortingNarsistiese persoonlikheidsteuringLikkewaanMarita NapierPolitieke partyDonderstormMenslike seksuele gedragJacques LootsKnopiespinnekopInternetPankreasBosluisbytkoorsVoornaamwoordJo BlackEerste WêreldoorlogHomofoonBloedsomloopstelselDroogteBloemfonteinEuropaLily CarterGodsdiensPubiese hareNic de JagerSpelerposisies in rugbyWeer (meteorologie)Gianna MichaelsKoolhidraatGedigPersentasieRacheltjie de BeerNederduitse Gereformeerde KerkKoggelmanderAnilingusAngkor WatOntlastingEuropese UnieVulvaSigaretISBN (identifier)🡆 More