Waterdikkop

Die waterdikkop (Burhinus vermiculatus) is 'n lid van die dikkopfamilie en 'n nagvoël, nes ander lede van die familie, maar meer aktief oordag as die ander dikkoppe.

Dit kan bedags naby die oewers van riviere en mere gesien word, waar die voëls se natuurlike kamoeflering hulle byna onsigbaar maak tussen die rotse.

Waterdikkop
Waterdikkop
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
B. vermiculatus
Binomiale naam
Burhinus vermiculatus
(Cabanis, 1868)

Identifikasie

Hierdie voël is kleiner as die gewone dikkop. 'n Volwasse waterdikkop het 'n lengte van 41 cm en weeg 270 g. Die voël het 'n bruin kop met geel oë, 'n swart snawel en wit keel. Sy rug is ook bruin en sy bene grys van kleur. Die voël het 'n gehurkte postuur.

Verspreiding

Waterdikkoppe kom algemeen in Afrika voor, suid van 5°N van Liberië, Suid-Somalië tot by Suid-Afrika. Hulle kom egter nie voor in die suidwestelike woestyngebiede van hierdie area nie.

Habitat

Die voëls word oor die algemeen in moerasagtige gebiede en naby mere en riviere aangetref. Hulle word selde alleen aangetref en kom in pare of in 'n swerm voor.

Voortplanting

Waterdikkoppe is monogaam, maar indien die maat van 'n waterdikkop sterf, sal hy of sy 'n nuwe maat soek. Hul neste word in die grond gebou waarin die wyfie tipies 1 tot 3 roomkleurige eiers lê.

Dieet

Waterdikkoppe vreet meestal insekte en ander ongewerweldes, asook klein watergoggas.

Geluid

Die klaende, fluitende roep van die waterdikkop kan snags gehoor word.

Ander name

  • Engelse naam: Water Thick-knee (Dikkop)
  • Wetenskaplike naam: Burhinus vermiculatus

Sien ook

Bronnelys

Eksterne skakels

Tags:

Waterdikkop IdentifikasieWaterdikkop VerspreidingWaterdikkop HabitatWaterdikkop VoortplantingWaterdikkop DieetWaterdikkop GeluidWaterdikkop Ander nameWaterdikkop Sien ookWaterdikkop BronnelysWaterdikkop Eksterne skakelsWaterdikkop

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EreksieSebraSneeuBynierPornografiese akteurMensAfrikaansSelfoonWisselkoersMynbedryf van Suid-AfrikaMuskietOntbossingMaagsweerMuishondKunsmatige algemene intelligensieSwartLeah van NiekerkHipoteseMane van GalileiBiodiversiteitPoesAfvalbestuurStaalLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaDermpoliepAfrikanersLys van musiekinstrumenteAustraliëEjakulasieMusieksimbolePlastiekPaasfeesLenteGoudSpringbokkeStokely CarmichaelJaco JacobsAtoomEmfiseemAardeLys van politieke partye in Suid-AfrikaOlimpiese SomerspeleAlliterasieGalblaasDikdermAarverkalkingLys van Afrikaanse televisiereekseKaaps-Hollandse stylPseudowetenskapKoolhidraatProteïenMediese diagnoseInfeksieKoperGeloftedagMiltPankreasSlawernyMuskeljaatkatLys van Afrikaanse rolprenteMetaalWortelOlimpiese SpeleResensieApostoliese GeloofsbelydenisOnderwerp (taalkunde)Tropiese sikloonMasturbasieWaterstofPlae van EgipteNetbalVervoerWet op Bantoe-onderwysKorrupsieMikro-ekonomie🡆 More