Bulgare

Die Bulgare (Bulgaars: българи, bǎlgari, ) is 'n Suid-Slawiese volk wat die meerderheidsbevolking van Bulgarye vorm.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Bulgaars.

Tans is 84,8 persent van dié land se bevolking etniese Bulgare. Sowat 'n kwart tot 'n derde van die huidige Bulgaarse bevolking van Bulgarye is nasate van Bulgaarse vlugtelinge uit Masedonië (Masedoniese Bulgare) en Thracië (Thraciese Bulgare).

Bulgare
Bulgare
Totale bevolking: ca. 9–11,3 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Bulgarye Bulgarye ~6 miljoen

Vlag van Turkye Turkye 300 000–600 000
Vlag van Griekeland Griekeland 300 000
Vlag van Oekraïne Oekraïne 204 574–500 000
Vlag van Duitsland Duitsland 183 263–283 000
Vlag van Spanje Spanje 151 579–350 000
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 97 248–300 000
Vlag van Moldowa Moldowa 79 520
Vlag van Argentinië Argentinië 70 000
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 65 000–150 000
Vlag van Brasilië Brasilië 62 000
Vlag van Italië Italië 56 576–120 000
Vlag van Kanada Kanada 30 485–70 000
Vlag van Frankryk Frankryk 30 000–50 000
Vlag van Rusland Rusland 24 038–330 000
Vlag van Nederland Nederland 23 308
Vlag van Oostenryk Oostenryk 22 436
Vlag van Serwië Serwië 18 543
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 15 000–20 000
Vlag van België België 13 171
Vlag van Pole Pole 10 000–12 000
Vlag van Swede Swede 8 325
Vlag van Denemarke Denemarke 7 718
Vlag van Portugal Portugal 7 553–12 000
Flag of the Czech Republic Tsjeggië 7 387
Vlag van Roemenië Roemenië 7 336
Vlag van Kasakstan Kasakstan 6 915
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate 6 000–7 000
Vlag van Australië Australië 5 436
Vlag van Noorweë Noorweë 5 227

Taal: Bulgaars
Geloofsoortuiging: 2011-sensus in Bulgarye:
Verwante etniese groepe: Ander Suid-Slawiese volke soos Bosniake, Kroate, Macedoniërs, Montenegryne, Serwiërs en Slowene

Geskiedenis

Bulgare 
Gedeeltelike rekonstruksie van die Groot Basilica in die eerste hoofstad van die Bulgaarse Ryk, Pliska.
Bulgare 
Bulgare onder leiding van Khan Krum verslaan die Bisantyne by die Slag van Adrianopel (813)
Bulgare 
Rekonstruksie van 'n Proto-Bulgaarse tent in die Etnografiese Kompleks Fanagoria naby Warna

Omstreeks of ná 612 n.C. het Slawiese groepe hulle uitbreiding op die Balkanskiereiland gerig en hulle in die Oos-Romeinse provinsies Moesia en Thracia gevestig. Die naam "Bulgaar" of "Bolgaar" is oorspronklik gebruik om na die sogenaamde Proto-Bulgare (Bulgaars: прабългари) te verwys wat in die 7de eeu uit hulle stamgebiede in die Swartseesteppe verdring is en onder Khan Asparuch en Khan Kuwer na die Balkan geëmigreer het. Hier het hulle ná vyandelike botsings twee onafhanklike khanate met die toestemming van die Bisantyne gestig: Asparuch die sogenaamde Eerste Bulgaarse Ryk in die Dobroedja (679) en Kuwer 'n tweede ryk in die huidige Masedonië (680).

Navorsers neem tans aan dat die Proto-Bulgare net 'n klein bolaag van die samelewing gevorm het en geleidelik deur die Slawiessprekende meerderheid geassimileer is, terwyl die etnoniem Bulgare na alle onderdane van die Bulgaarse khans begin verwys het. Wetenskaplikes tref eers ná die kerstening van die Bulgare in 864 geen onderskeiding meer tussen Slawe en Proto-Bulgare nie. Die Eerste Bulgaarse Ryk is tot en met 997 deur Proto-Bulgare geregeer, toe die Komitopuli-dinastie aan bewind gekom het, waarvan die oorsprong nog nie met sekerheid vasgestel is nie. Gelyktydig het nog 'n Bulgaarse ryk met 'n Proto-Bulgaarse en ander Turkse bevolkings aan die bolope van die Wolgarivier bestaan. Hierdie Proto-Bulgare staan ​​bekend as "Wolga Proto-Bulgare".

Die derde element in die Bulgaarse etnogenese was volgens die Bulgaarse nasionale geskiedskrywing die Thrakiërs, 'n volk wat sedert die 2de millennium v.C. die suide en vanaf die 8ste eeu v.C. ook die noordelike dele van die Balkanskiereiland bewoon het. Die beduidendste stedelike nedersettings en handelsplekke aan die Swartsee gaan terug na hierdie volk. Die moontlikheid bestaan dat daar in die 7de eeu nog 'n grotendeels geromaniseerde Thrakiese bevolking naas geïmmigreerde Slawiërs in die Bulgaarse khanate was, tog bly hierdie bewering steeds omstrede. Kritici beskou dié hipotese as 'n poging om 'n etniese kontinuïteit te konstrueer wat na die antieke bevolking van die gebied teruggaan.

Volgens historiese dokumente het die Bisantyne voor die Slawiese immigrante geswig, terwyl die meeste stede en nedersettings hul Slawiese en Thrakiese name oor 'n lang tydperk behou het en botsings met die inheemse bevolking blykbaar nie voorgekom het nie. Die meeste geskiedkundiges neem egter aan dat die Thrakiërs lankal geromaniseer of gehelleniseer was toe die Slawiërs na die Balkan uitgebrei het.

Godsdiens

Bulgare 
'n Bulgaars-Ortodokse kruis by die Sint-Panteon-kerk in Bojana, Sofia
Bulgare 
Bulgarye se patriargale katedraal, die Aleksander Nefski-herdenkkatedraal in Sofia

Christelike gemeentes van geromaniseerde Thrakiërs het al voor die stigting van die Bulgaarse Ryk in 679 en ook onder die Proto-Bulgare (Khan Kubrat) bestaan, maar hulle was nie representatief vir die groot meerderheid van die bevolking nie wat hoofsaaklik uit Slawiërs en Proto-Bulgare bestaan het – twee volksgroepe met hul eie heidense gode en godhede.

Die Proto-Bulgare het die hemelgod Tangra as hul oppergod vereer, terwyl die Slawiese godsdiens min of meer as natuurreligie beskryf kan word en die aanbidding van 'n aantal oppergode soos Peroen, Swarog of Svarožić ingesluit het. Dit is tans nie bekend of enkele Slawiërs destyds al die Christelike geloof oorgeneem het nie.

Met die kerstening van Bulgarye tydens die tweede helfte van die 9de eeu het hierdie godsdienstige verskille tussen die etniese groepe verdwyn. Die Bulgaarse volk het die Christendom in 864 onder Khan Boris I deur Photios I, die patriarg van Konstantinopel, as staatsreligie aanvaar.

Die Bulgaars-Ortodokse Kerk is in 927 deur die Bisantynse keiser Romanos I Lakapenos en die Bisantynse senaat as outokefale gekanoniseerde Ortodokse patriargaat-kerk erken en is sodoende een van die oudste Christelike kerke ter wêreld. Die vroeë kerstening onder Cyrillus en Methodius – ander Slawiese volke het die nuwe geloof eers later oorgeneem – was een van die belangrikste gebeurtenisse in die Bulgaarse geskiedenis en het die nasionale identiteit van Bulgare versterk. Die meerderheid Bulgare is vandag steeds Ortodokse Christene.

Taal

Bulgare 
Cyrilliese alfabet van die middeleeuse Ou Bulgaarse taal

Die oorgrote meerderheid Bulgare praat Bulgaars, 'n Suid-Slawiese taal, as hul moedertaal. Dit is nie verwant aan die uitgestorwe tale van die Wolga- en Proto-Bulgare nie wat deel uitmaak van die Oghuriese of Bolgaarse tak van die Turkse taalfamilie.

Vanweë die uitbreiding van die Oud-Bulgaarse taal en kultuur (waaronder die ontwikkeling van die Cyrilliese alfabet aan die hof van die Bulgaarse tsare gedurende die 9de eeu) na ander Slawiese volke word daar in die historiese en taalkundige wetenskappe na die "Suid-Slawiese invloed" en "Ou Kerkslawies" gepraat.

Ou Kerkslawies het sy oorsprong in die huidige Bulgarye, en die meeste Oud-Slawiese tekste, wat oorgelewer is, toon Bulgaarse trekke. So beskou sommige wetenskaplikes en talle Bulgare Oud-Kerkslawies as 'n historiese vorm van die Bulgaarse taal waarna ook as "Oud-Bulgaars" (старобългарски /starobəlgarski/) verwys word.

Etniese groepe

Bulgare 
'n Bulgaarse volkskunsgroep uit die Rhodope-bergreeks in hul tradisionele kleredrag

Die Bulgaarse volk kan volgens geografiese geweste in 'n aantal etniese groepe onderverdeel word:

  • in Thrasië – Thrakiese Bulgare of Thrakiërs (wat nie met die antieke Thrakiërs verwar moet word nie)
  • in die Balkangebergte – Balkaners of Balkandjii
  • in die Rhodope-bergreeks – Rupe of Rupzi
  • in der Dobroedja – Dobroedjaners of Dobroedjanzi
  • in die Sofia-vlakte – Sjope of Sjopi
  • in Makedonië – Makedoniese Bulgare of Macedoniërs (wat nie met die antieke Makedoniërs verwar moet word nie)
  • in die gewes Silistra-Tutrakan – Charzeoërs of Charzoi.

Kleiner etniese groepe sluit die Tronke in die Strandja-bergreeks, die Poljaners of die Kapanzers in Ludogorie in. Bulgaarssprekende Islamitiese Pomake vorm 'n eie etniese groep.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Bulgare GeskiedenisBulgare GodsdiensBulgare TaalBulgare Etniese groepeBulgare VerwysingsBulgare Eksterne skakelsBulgareBulgaarsBulgaryeMasedonië (streek)Thracië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EnergieMenslike skeletGrondbesoedelingGeelslangCalviniaSpysverteringstelselGezina, PretoriaEkotoerismeNarsismeWes-Germaanse taleBrongitisDemografie van Suid-AfrikaLuiperdFacebookDoc ImmelmanDieregeluideAppelEerste WêreldoorlogVerenigde KoninkrykLys van Kaapstad se voorstedeSeilvaartStereotipeWitbloedselSpelerposisies in rugbyLimfvatstelselDuitse maselsVolhoubaarheidBeroerteKarakteriseringKoolstofdioksiedNazi-DuitslandFaktuurPad na jou hartBosluisBeurtkragLyfstraf in skoleKoringProvinsies van Suid-AfrikaLewerGroot vyfJavaScriptAuschwitz-konsentrasiekampOm-te-infinitiefkonstruksieOseaanbesoedelingReënspinnekopOnderwysIronieLugbesoedelingFabelDemokrasieDiepaartromboseDesimale breukeVormSlangOutismePornografiese subgenresPrivaat maatskappyIndiëDooie SeeHoofpynSeekatVingerseksHeupvervangingLys van bekende Suid-AfrikanersVolstruisKasterolieRudi ClaaseOos-KaapTuisbladGroepsgebiedewetVoornaamwoordSeksuele opwekkingPapierSwartbewussynsbewegingPersoonlikheidNelson MandelaFascismeJagluiperd🡆 More