Sedert die totstandkoming van soewereiniteit met die bekragtiging van die grondwet in 1993, het Andorra voort beweeg om 'n aktiewe deelnemer van die internasionale gemeenskap te word.
In Julie 1993 vestig Andorra sy eerste diplomatieke missie in die wêreld na die Verenigde Nasies. Vroeg in 1995 stel die Verenigde State en Andorra formele diplomatieke bande in. Andorra brei ook verhoudings uit met ander nasies.
Andorra onderhou ses ambassades buite sy grense: in Oostenryk, België, Frankryk, Spanje, Portugal en die Verenigde State (in New York). Die prinsdom se permanente missie na die Verenigde Nasies in New York dien ook as hulle ambassade na die Verenigde State, Kanada en Meksiko.
Frankryk, Spanje en Portugal het ambassades in Andorra. Switserland het 'n konsulaat-generaal in Andorra.
Buitelandse sake word na omgesien deur die Ministerie van Buitelandse sake (Katalaans: Ministeri d'Afers Exteriors).
Andorra is 'n volle lid van die Verenigde Nasies (VN), Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO), Verenigde Nasies se Konferensie insake Handel en Ontwikkeling (UNCTAD), Internasionale Strafhof (ISH), Internasionale Sentrum vir die Studie van die Bewaring en Restourasie van Kulturele eiendom (ICCROM), Internasionale Telekommunikasie Unie (ITU), Internasionale Rooi Kruis, Universele Kopiereg Konvensie, Raad van Europa, EUTELSAT, Wêreld Toerisme Organisasie, Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa (OVSE), Wêreld Doeane Organisasie (CCC), en Interpol. Sedert 1991 het Andorra 'n spesiale ooreenkoms met die Europese Unie.
Dispute – Internasionaal: Geen
Op 8 Junie 2011 word Andorra die 97ste lidstaat van die Verenigde Nasies om die onafhanklikheid van die Republiek van Kosovo te erken.[a] Die Kosovaarse Minister van Buitelandse Sake bevestig daarna dat die twee lande binnekort diplomatieke bande sal smee. Voor dit, in 2008, was Andorra huiwerig om die Republiek van Kosovo se onafhanklikheid te erken as gevolg van 'n moontlike presedent in die streek en as gevolg van druk vanaf Spanje. Andorra en Kosovo vestig diplomatieke bande op 14 September 2011.
Die Verenigde State vestig diplomatieke bande met Andorra op 21 Februarie 1995. Die twee lande het 'n uitstekende verhouding. Die Amerikaanse ambassadeur tot Spanje is ook geakkrediteer as ambassadeur tot Andorra. Amerikaanse Konsulaat-Generaal-beamptes in Barcelona gestasioneer, is verantwoordelik vir die dag-tot-dag uitvoer van betrekkinge met Andorra. Die destydse Permanente Afgevaardigde van Andorra tot die Verenigde Nasies, Carles Font-Rossell, is geakkrediteer as Andorra se eerste ambassadeur tot die Verenigde State vanaf 14 Maart 2008. Die huidige ambassadeur wat sedert 2 November 2009 diens doen, is Narcís Casal de Fonsdeviela.
Andorra het deel in die doeane-unie van die Europese Unie (EU) sedert 1991 hoewel dit landbouprodukte uitsluit. Andorra hou sy grensbeheer buite Schengen, alhoewel inwoners met 'n Schengen-visa gewoonlik ingelaat word. Andorra is die enigste dwergstaat wat die euro gebruik sonder 'n amptelike ooreenkoms, hoewel die land in samesprekings verkeer met die EU oor 'n ooreenkoms om hul eie munte te munt.
a. | ^ Kosovo is the subject of a territorial dispute between the Republic of Serbia and the self-proclaimed Republic of Kosovo. The latter declared independence on 17 February 2008, but Serbia continues to claim it as part of its own sovereign territory. Kosovo's independence has been recognised by 99 out of 193 United Nations member states. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Buitelandse betrekkinge van Andorra, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.