Die Groot-, Gamka- en die Olifantsriviere en hul baie sytakke is die bolope van die Gouritsrivier.
Die Grootrivier dreineer die westelike deel van daardie deel van die Karoo wat in die Wes-Kaapprovinsie val.
Grootrivier | |
---|---|
Treinbrug oor die Buffelsrivier, die boloop van die Grootrivier naby Laingsburg | |
Die blou lyn toon die Grootrivier | |
Stroomgebied | Karoo, Suid-Afrika |
Oorsprong | Komsberg, saamvloei van Touws- en Buffelsriviere |
Monding | Gouritsrivier |
Oorsprong-hoogte | 1200 m |
Monding-hoogte | 82 m |
Ligging van die Grootrivier se monding in die Gouritsrivier | |
Koördinate: 33°53′18″S 21°39′22″O / 33.88833°S 21.65611°O 21°39′22″O / 33.88833°S 21.65611°O |
Die Grootrivier ontstaan deur die samevloeiing van die Klein-Swartbergrivier en die Buffelsrivier.
Die streek het 'n bevolking van 21 500 waarvan 60% in dorpe en ander nedersettings woon. Touwsrivier, Laingsburg en Matjiesfontein lê aan die N1 en Ladismith aan die R62. Van Wyksdorp lê aan 'n grondpad, die R327. Weens die gebrek aan 'n ekonomiese trekpleister word verwag dat die bevolking op hierdie syfer sal bly, of dalk nog sal verminder. Die trek van inwoners van die plase na die dorp sal waarskynlik voortduur.
In die gebied word geboer met skape en volstruise en met lusern, vrugte en wingerd op droë land en onder besproeiing. Besproeiing word belemmer deur die gebrek aan water.
Oor die algemeen verkeer hierdie rivierstelsel in 'n redelik goeie ekologiese toestand. By Laingsburg en Van Wyksdorp is beperkte aktiwiteite wat die ekologie versteur. Dit is die reguitmaak van die rivierstroom, die bou van keerwalle en die gelykmaak van die vloedvlakte. Dit veroorsaak afsettings op die bodem en gevolglik verswakte spoed in die vloei. Oppervlaktewater is oor die algemeen brakkerig en word geag as minder geskik vir verbruik. Boorgatwater word gewoonlik gebruik vir huishoudelike doeleindes en suiping vir vee. Uitheemse vissoorte soos kurper en baars leef van die inheemse vissoorte en bedreig so hul voortbestaan.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Grootrivier (Gourits), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.