Buffeljagsrivier

Buffeljagsrivier kan verwys na die gelyknamige dorp, rivier of dam:

Buffeljagsrivier
Buffeljagsrivier is in Wes-Kaap
Buffeljagsrivier
Buffeljagsrivier
Buffeljagsrivier Buffeljagsrivier se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 34°2′0″S 20°31′0″O / 34.03333°S 20.51667°O / -34.03333; 20.51667 20°31′0″O / 34.03333°S 20.51667°O / -34.03333; 20.51667
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikOverberg
MunisipaliteitSwellendam
Skakelkode028
Buffeljagsrivier
Die kerkperseel van die NG gemeente Buffeljagsrivier lê aan die N2.

Dorpie

Buffeljagsrivier is 'n nedersetting aan die N2 nasionale pad 12 km ten ooste van Swellendam in die rigting van Heidelberg. Op die dorpie is 'n kerk, skool, spoorwegstasie, motorhawe, winkel en restaurant, 'n vrugtepakstoor en 'n gevangenis. Die belangrikste landbougewasse van die Buffeljagsvallei is koring, perskes, druiwe en lusern.

Rivier

Die rivier is 'n oostelike sytak van die Breederivier. Byna die helfte van sy opvanggebied lê aan die noordekant van die Langeberge. Die Tradouwrivier ontspring in die Warmwaterberge, loop verby Barrydale en gaan dan saam met die Tradouwpas op die R324 in die Tradouwskloof deur die Langeberge. Net suid van die poort sluit die Grootvadersbosch- en Rietkuilrivier van oos by die Tradouw aan. Van hieraf staan die rivier bekend as die Buffelsjagsrivier. Effens stroomaf lê eers die dorpie Suurbraak en dan die VOC-veepos Oude Post. Van hier draai die rivier weswaarts ewewydig aan die Langeberge en volg dit die geologiese Worcester-fout. Tien kilometer verby Suurbraak draai die rivier suid om net suid van die Bontebok Nasionale Park by die Breederivier aan te sluit.

Buffeljagsdam

Ná 'n reuse vloed in 1939 is 'n besproeiingsraad in 1942 gestig om die kanale en keerwalle in die rivier gesamentlik en sentraal te beheer. Ná die reuse vloed van 1962 het die owerhede die Buffeljagsdam op die plaas Eenzaamheid laat bou. Die opvanggebied van die dam is 23 500 ha met 'n maksimum jaarlikse afloop van 95 000 megaliter. Die dam het 'n maksimum opgaarvermoë van 4 800 megaliter en beslaan 'n wateroppervlakte van 124,8 ha as dit vol is. Die walhoogte is 24 m. 'n Oppervlakte van 1 431 ha kan vanuit die dam besproei word. Watersport word op die dam beoefen.

Sien ook

Bibliografie

Tags:

Buffeljagsrivier DorpieBuffeljagsrivier RivierBuffeljagsrivier BuffeljagsdamBuffeljagsrivier Sien ookBuffeljagsrivier BibliografieBuffeljagsrivier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Cleopatra VIIVratSwart menseJakkalsErektiele disfunksieSatellietGroepsgebiedewetKimberleyWieg van die MensdomRymJaco JacobsMisdaadVolhoubare ontwikkelingHemelvaartsdagPresident van Suid-AfrikaKrieketMotorvoertuigLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsOrtopedieAfrikaanse WikipediaMaatskappyProteïenOu Apostoliese KerkSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024GenadedoodMynbouAfleiding (taalkunde)Byvoeglike naamwoordFrankrykTerracottaleërIngenieurswese1990Lys van Afrikaanse skrywersGeslagJodeWet op Bantoe-onderwysSeevlakstygingBosluisbytkoorsKommunikasieMikro-ekonomieNaaldekokerSeksposisieDaggaAngina pectorisWaterkringloopMaroela MediaDwelmmiddelVerlede tydKaaps-Hollandse stylSonkragVervoerEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaSlawernySkisofrenieGeskiedenis van die BoererepubliekeBlaarSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Kasteel die Goeie HoopVerkoueKasterolieAborsie in Suid-AfrikaGeloftedagOnderwerp (taalkunde)Vraag en aanbodMoslemGautengBank (finansiële instelling)KonsonantGewone breukeStikstofTydsoneEnkelvoudige sinGawes van die Heilige Gees🡆 More