Buffalo Bill

Buffalo Bill (1846–1917) was 'n kleurvolle figuur uit die Amerikaanse Wilde Weste.

Hy was ’n verkenner vir die Amerikaanse Weermag en ’n bisonjagter. Nadat hy die weermag verlaat het, het hy die “Wild West Show” begin waarin hy (saam met mense soos Annie Oakley en Sitting Bull) sy slag met skiet en perdry gewys het. Die doel was om mense ’n kykie in die lewens van mense in die weste van Amerika te gee. Buffalo Bill se regte naam was William Frederick Cody.

Buffalo Bill
Buffalo Bill
Gebore
William Frederick Cody

26 Februarie 1846
Le Claire, Scott County, Iowa
Sterf10 Januarie 1917
NasionaliteitVerenigde State van Amerika
BeroepVerkenner, jagter, akteur
Bekend virWild West Show
EggenootLouisa Frederici
Kinders4
Ouer(s)Isaac Cody
Mary Ann Bosnell Laycock Cody
Handtekening
Buffalo Bill

Lewensloop

William Frederick Cody is op 26 Februarie 1846 in die Iowa-gebied (nou die Amerikaanse staat van Iowa) in Le Claire gebore. Hy het vir 'n paar jaar in sy vader se tuisdorp in Kanada gewoon voordat sy familie na die Kansas-gebied getrek het.

Hy begin op die ouderdom van elf (ná sy pa se dood) te werk. Op 14 word hy 'n ruiter vir die Pony Express. Gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog het hy van 1863 tot die einde van die oorlog in 1865 gedien. Later het hy as 'n burgerlike verkenner vir die Amerikaanse leër tydens die Indiane-oorlog gedien, waarvoor hy 'n eremedalje in 1872 ontvang het.

Buffalo Bill 
Sitting Bull en Buffalo Bill in 1885

Buffalo Bill het later bekend geword vir sy Wilde Weste-vertonings met cowboy-temas wat hy georganiseer het. Die eerste vertoning is op 1 Mei 1883 aangebied en hy het selfs daarmee na Brittanje en Europa getoer.

Cody is op 10 Januarie 1917 aan nierversaking oorlede. Hy was omring deur familie en vriende by sy suster se huis in Denver. Die dag voor sy dood is hy deur vader Christopher Walsh in die Katolieke Kerk gedoop. Hy is begrawe op die bergrand van die Rocky Mountains naby Golden, Colorado. Die plek word "Lookout Mountain" genoem en dit is vandag 'n park met 'n museum.

Eksterne skakel

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Buffalo Bill LewensloopBuffalo Bill Eksterne skakelBuffalo Bill VerwysingsBuffalo Bill Eksterne skakelsBuffalo BillAmerikaanse WeermagAmerikaanse bisonPerdrySitting Bull

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WitbloedselSatellietFanie ViljoenSout (chemiese stof)VigsSlawernyUniegebouHamburgerHemelvaartGrondbewerkingBeeldspraakOranjerivierAborsie in Suid-AfrikaNaaldekokerOu Apostoliese KerkBevolkingRieldansSkilpadGeldSelfoonHaasXenofobie in Suid-AfrikaOrthopteraLys van bekende Suid-AfrikanersKlereNatuurbewaringPretoriaRuslandEerste WêreldoorlogMaanByLys van Afrikaanse rolprenteVlekvrye staalBewaringstatusMaroela MediaAntoniemRonelda KamferSoutsuurRumatiekMonopolySendelingposisieRassisme in AfrikaMusieksimboleSeksuele opwekkingRobert SobukweSwawelLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaSkildklierVakbondLieweheersbesieNasionalismeBloedsomloopstelselKindermishandelingKlimaatveranderingSeksuele penetrasieToekoms van die AardeJan van RiebeeckWaterbesparing in Suid-AfrikaNuwe TestamentTekstielOmgewingsbeheerHeuningKunsVerlede tydStam (taalkunde)Fiela se kindStaalJeuksiekteDemokrasieAnilingusSkaak2001BelgiëMosesBateChristiaan Barnard🡆 More