Brukkaros

Brukkaros (ook genoem Gross Brukkaros en Geitsi Gubib) is 'n rustende vulkaan op 'n 100 km afstand noordnoordwes van Keetmanshoop in Namibië.

Brukkaros
Lugfoto van die vulkaan. Lugfoto van die vulkaan.
Ligging Namibië
Hoogte 1 590 meter bo seevlak
Koördinate 25°52′2″S 17°46′53″O / 25.86722°S 17.78139°O / -25.86722; 17.78139 17°46′53″O / 25.86722°S 17.78139°O / -25.86722; 17.78139
Bergtipe Eilandberg
Rotsouderdom omstreeks 80 miljoen jaar
Ligging van Brukkaros op 'n kaart (Namibië)
Brukkaros
Brukkaros

Na die laaste fase van die opbreek van Gondwanaland in die Krytperiode was daar verskeie plekke in Suider-Afrika waar magma deur die aardkors gebars het. Hoewel hier by Keetmanshoop 84 miljoen jaar gelede 'n vulkaniese uitbarsting was wat maar slegs 'n jaar of dalk twee jaar aangehou het, is daar geen tekens van lawa nie. Toe die stygende magma met die grondwater in aanraking gekom het, was daar waarskynlik 'n reuse ontploffing van gasse wat die 2½ km wye kaldera ('n ringberg) van sandsteen gevorm het. Die hoogste punt van 1 586 m bo seevlak is op die oostelike rand van die ring en dit is ongeveer 650 m bo die omringende landskap. Die kratervloer is 'n 350 m onder die kraterrand.

Tydens die Duitse bestuur van Namibië was daar 'n heliograafstasie op Brukkaros. Tussen 1926 en 1931 het die Smithsonian Institute 'n waarnemingspos op die westelike kraterrand gehad om sonuitstraling te bestudeer. Vir 'n periode was dr. Arthur Bleksley hier betrokke. Tans is daar 'n mas vir langafstandradioverkeer.

Onder die Nama het die berg bekend gestaan as Geitsi Gubib, omdat die voorkoms van die berg vir hulle ooreenkomste getoon het met die lendekleed gedra deur Khoikhoivroue. In Afrikaans is na die lendekleed verwys as 'n broek-en-karos, wat in Duits Brukkaros geword het.

Brukkaros
Pad na die berg.

Op die kratervloer groei baie kokerbome. Dit is moeilik om Brukkaros te besoek. Paaie is nie maklik begaanbaar nie en lang afstande moet gestap word. Drinkwater en telefoonkontak is nie beskikbaar nie. Kampeerplek is in die veld.

Berseba, 10 km suidwaarts, is in 1850 deur die Rynse sendeling Samuel Hahn gestig.

Bibliografie

  • Coulson, David: Mountain odyssey in Southern Africa. Johannesburg: MacMillan, 1983. ISBN 0-86954-137-4
  • Olivier, W. en S.: Visitor's guide to Namibia. Johannesburg: Southern, 1989. ISBN 1-86812-155-0

Tags:

KeetmanshoopNamibiëVulkaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BestuiwingVerkoueOnderhandelinge om apartheid te beëindigLys van elemente volgens simboolSatellietKoorsblaarKwikBobby van Jaarsveld7de LaanImpakte van toerismeEufemismeMaselsCovid-19-pandemieMorfologie (taalkunde)Oplossing (chemie)MaagVarkEkostelselRenosterDemi Lee MooreVier temperamenteGeslagAdolessensieWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaMieliestronkMagneetAardverwarmingJapanneesWater (molekuul)TekstielFraktuurAgtervoegselPolitieke partyJode in Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureDramaWaterbesoedelingWeervoorspellingAnglisismeVloeistofLys van Afrikaanse skrywersLys van medisinale kruieWaterkringloopHorlosieSomerBakterieLeeuVersoeningsdagOorstromingLeonardo da VinciGewone breukeBruto binnelandse produkSuurreënSeksposisieKolitisZenobia KockGesondheidDooie SeeMineraalSeisoenMosesIngrid JonkerErfenisWerwelkolomHoofkarakterHoërskool Sentraal, BloemfonteinSeekoeiAnale seksKindermishandelingAngina pectorisSonenergieOrthopteraDeelwoordAfrikaanse taalleer🡆 More