Bruin Waterslang: Slangspesie

Die Bruin waterslang (Lycodonomorphus rufulus) is 'n sku, onskadelike konstriktor (wurgslang) wat in Suider-Afrika aangetref word.

Die slang is 'n uitstekende swemmer en is gewoonlik snags aktief.

Bruin waterslang
Bruin Waterslang: Slangspesie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Familie:
Acrochordidae
Genus:
Lycodonomorphus
Spesie:
L. rufulus
Binomiale naam
Lycodonomorphus rufulus

'n Bruin waterslang se totale lengte wissel van 50 tot 90 cm. Soos die naam aandui is die slang se rugkant 'n olyf- tot donkerbruin, maar sy onderkant is 'n perlemoeragtige oranje of geel. Bruin waterslange is dun slange met 'n uitsonderlike kop. Die oog het 'n ronde pupil.

Hierdie slang kan in die oostelike gebiede van Suider-Afrika waargeneem word: hulle verkies 'n klam of nat habitat, naby permanente standhoudende water, byvoorbeeld moerasse, vleie, poele en strome.

Die slang vreet hoofsaaklik paddas en paddavissies, maar dit sal ook soms visse vang: die visse word in die water gejag en dan na die kant geneem waar die slang dit verorber. Verder vang hulle ook soms akkedisse, knaagdiere of voëlkuikens, veral vinke, terwyl dié nog nesgebonde is.

Die slang kan in of onder die water aangetref word, maar kan ook op reënerige aande waargeneem word wanneer hy paddas jag. Hy sal ook onderwater duik wanneer hy bedreig word en kan 'n paar minute daar bly. Hy kruip soms ook onder rotse in bewegende strome weg, wat daarop dui dat hy moontlik suurstof uit die water deur sy vel kan inneem. Alhoewel hy meestal snags aktief is, kan hy soms ook oordag waargeneem word, wanneer hy langs skaduryke riviere jag.

Die wyfie lê 6 tot 23 eiers in die middel van die somer. Die eiers broei na 45 tot 60 dae uit en die kleintjies is 15 tot 22 cm lank - ongeveer 'n kwart van hul volwasse lengte.

Die bruin waterslang se bedreigingstatus is nie bekend nie, maar dit word wel deur die Wes-Kaapse Natuurbewaringraad beskerm. Die bedreiging van die slang se habitat is wel 'n moontlike faktor, aangesien sommige vleilande vernietig word deur ontwikkeling. Bruin waterslange hou geen bedreiging vir die mens in nie en word dikwels as troeteldier aangehou.

Sien ook

Bronnelys

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TikTokErnst Otto FischerOnderwys (geskiedenis)Regardt van den BerghMielieJesus van NasaretLys van bekende Suid-AfrikanersKlein vyf dierePlantOsoonlaagJeugdagDemensieAardverwarmingKlem-in-die-kaakGoogleSeekoeiJoodse kalenderPubiese hareSally EsterhuizenKoggelmanderKaapstadEmily HobhouseKasteel die Goeie HoopZuid-Afrikaansche RepubliekVergelykings (taalkunde)JeuksiekteFiksieGeelsugPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaOntbinding van die SowjetunieWes-KaapJohannes VermeerAsyn1991KoedoeNiersteenSamsung GroepVigsAkuutGeskiedenis van AfrikaansNatuurlike satelliete van kleinplaneteLiefdeSpysverteringstelselDerrickBelgiese gewesteKoue OorlogVulkaanMarita NapierEucalyptusYstervarkSusan CoetzerDramaEier (biologie)Nazi-DuitslandGrasCecil John RhodesVulvaMeksikoVerenigde KoninkrykArmand AucampAleksei NawalniNoord-KaapPornografiese akteurJodeFritz WepperGeboorteVier temperamenteEnsiklopedieDesiré GardnerRussiesKolonoskopieNaeltjies🡆 More