Broers Van Jesus

Die Nuwe Testament noem vier broers van Jesus: (Grieks: ἀδελφοὶ adelphoi, broers) Jakobus, Joses/Josef, Judas en Simon.

Ook susters van Jesus word genoem, maar nie by name nie. Sommige geleerdes meen dié broers, veral Jakobus, het hoë posisies in die vroeë Christelike kerk gehad.

Die Katolieke Kerk, Assiriese Kerk van die Ooste, Oosters-Ortodokse Kerk, Oriëntaal-Ortodokse Kerk en Lutherse Kerk glo in die ewigdurende maagdelikheid van Maria. Ook Protestantse leiers soos Martin Luther, Ulrich Zwingli, John Wesley en hulle onderskeie bewegings het dit geglo. Johannes Calvyn het geglo dit is moontlik dat Maria ’n maagd gebly het, maar ook dat die bewyse in die Skrif nie voldoende is nie. Mense wat eersgenoemde glo, verwerp bewerings dat Jesus biologiese sibbes gehad het en glo dié broers en susters word so genoem vanweë hulle nabye verbintenis met Jesus se gesin, as óf kinders van Josef uit ’n vorige huwelik óf broers- of susterskinders van Maria of Josef.

Die letterlike vertaling van die woorde "broer" en "suster" is problematies omdat daar min aanhalings is en die woorde verskillende betekenisse in die Semitiese taalfamilie het, terwyl die begrippe ook in Koine, die taal waarin die Nuwe Testament geskryf is, in ’n breër sin gebruik word.

In die 3de eeu is biologiese verwante aan die kerngesin van Jesus, sonder om eksplisiet na broers en susters te verwys, die desposuni genoem; die Griekse woord δεσπόσυνοι is die meervoud van δεσπόσυνος, wat beteken "behorende tot die meester of heer".

Broers en susters

Die Evangelie volgens Markus (Markus 6:3) en volgens Matteus (Matteus 13:55-56) noem Jesus die seun van Maria en broers van Jakobus, Joses/Josef, Judas en Simon. Op dieselfde plekke in die Bybel word ook gepraat van susters, maar hulle name word nie genoem nie. Markus 3:31-32 vertel ook hoe Jesus se moeder en broers na Jesus soek. ’n Vers in Galasiërs (1:19) noem ook dat Paulus "Jakobus die broer van die Here" gesien het, en geen ander van die apostels nie, toe hy Jerusalem toe gegaan het. In 1 Korintiërs word ook "die Here se broers" genoem, asook die apostels en die naam van Sefas apart (1 Korintiërs 9:5). Daarin word ook genoem dat hulle vroue het. Sommige geleerdes glo Jesus se familie het gesagsposisies in die Jerusalemgebied beklee totdat keiser Trajanus Jode van die nuwe stad uitgesluit het om op die ruïnes daarvan te bou.

Sommige mense het in die vroeë eeue n.C. geglo die broers was beide Josef en Maria se kinders. Die 3de-eeuse Antidikomarianiete ("teenstanders van die leer van die Onbevlekte Ontvangenis") het geglo toe Josef Maria se man geword het, was hy ’n wewenaar met ses kinders, en dat hy normale huweliksbetrekkinge met Maria gehad het. Later het hulle geglo Jesus is nie uit dié betrekkinge gebore nie.

Bonosus was ’n biskop wat laat in die 4de eeu beweer het Maria het nog kinders ná Jesus gehad, en ander biskoppe het hom daarvoor veroordeel. Jovinianus en verskeie aanhangers van Arianisme (die leer dat Jesus ’n skepsel van God is) het dieselfde leerstelling geglo. Toe die 4de-eeuse Christelike skrywer Helvidius dit voorstel, weer in die 4de eeu, het Hieronimus van Stridon die algemene mening van die kerk gehandhaaf dat Maria vir altyd ’n maagd gebly het; hy het geglo die mense wat die broers en susters van Jesus genoem word, was eintlik die kinders van Maria se suster, ook Maria, wat hy gedink het die vrou van Klopas was.

Die terms "broers" en "susters" in hierdie konteks kan verskillend vertolk word, soos dat hulle óf kinders van Josef uit ’n vorige huwelik was) óf Maria se suster s’n óf dié van Klopas, wat volgens die kroniekskrywer Hegesippus Josef se broer was, en ’n vrou wat nie die suster van Maria was nie (’n moderne voorstel).

Etimologie

Die Nuwe Testament noem Jakobus, Joses/Josef, Judas en Simon as die broers (adelphoi in Grieks) van Jesus (Markus 6:3, Matteus 13:55, Johannes 7:3, Handelinge 1:14, 1 Korintiërs 9:5).

Die etimologie van die Griekse woord vir "broer" (adelphos) is “van dieselfde baarmoeder”, a-delphys, hoewel die betekenis in die Nuwe Testamentiese, Christelike en Joodse gebruik breër is en selfs gebruik kan word vir lede van dieselfde gemeente. In die Bybel word die Griekse woorde adelphos en adelphe nie tot die letterlike betekenis van "volbroer" of "volsuster" beperk nie.

Van vroeg af was daar verskeie besprekings oor hoe om die Griekse term adelphos toe te pas – en of "adelphoi van Jesus" beteken vol-, half-, stiefbroers of neefs. Om sy siening te steun het Helvidius die skrywer Tertullianus aangehaal en beweer die adelphoi was kinders van Maria en Josef wat ná Jesus gebore is; daarop het Hieronimus gesê Tertullianus het "nie tot die Kerk behoort nie,” en dat die adelphoi Jesus se neefs was.

Die term adelphos ("broer") verskil van anepsios (neef, niggie, broers- of susterskind). In sy Christelike geskrifte van die 2de eeu het Hegesippus onderskei tussen die anepsioi en adelphoi van Jesus. Die moedertaal van Jesus en sy dissipels was egter Aramees (soos gesien kan word in Matteus 27:46 en Markus 5:41), waarin nie onderskei word tussen ’n volbroer en -suster en ’n neef en niggie nie. Daar is nie ’n woord vir neef of niggie in Aramees nie, nes in Bybelse Hebreeus. In dié twee tale sou mense na wie as "broers" en "susters" verwys is, nie noodwendig dieselfde ma gehad het nie.

Verwysings

Bibliografie

  • Bethel, Florentine (1907), "The Brethren of the Lord", The Catholic Encyclopedia, 2, New York: New advent 
  • Funk, Robert W (1998), The acts of Jesus: the search for the authentic deeds of Jesus, The Jesus Seminar, San Francisco: Harper, ISBN 978-0-06062978-6 

Nog leesstof

  • Kilgallen, John J (1989), A Brief Commentary on the Gospel of Mark, Paulist .
  • Tabor, James D (2006), The Jesus Dynasty, Simon & Schuster .
  • Aslan, Reza (2014), Zealot: The Life and Times of Jesus of Nazareth, HarperCollins Publishers India, ISBN 978-9351360773 

Skakels

  • Broers Van Jesus  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Broers Van Jesus Broers en sustersBroers Van Jesus VerwysingsBroers Van Jesus SkakelsBroers Van JesusGrieksNuwe Testament

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Migrasie van voëlsKitaarSydneyKonjunktivitisDemokratiese AlliansieSaartjie BaartmanKonsonantVergelykings (taalkunde)ToringEskomVratJohannes MeintjesAkuutSpelerposisies in rugbySeksualiteitKewerKunsDesmond TutuKappie (skryfteken)RugbyLidwoordPuberteitVryheidsdagAsemhalingAfvalbestuurLettergreepSuid-Afrika-WetMikro-ekonomieOmgewingsbeheerKoppeltekenWynand du ToitCalviniaLandbouSuiwelprodukSpinnekopMantisProstaatkankerPeriodieke tabelPussy RiotMarsUnie van Suid-AfrikaOlimpiese SpeleTransatlantiese slawehandelKoedoeKlimaatPeach van PletzenMigrasie van dierePersoonlikheidNoag se arkLys van Afrikaanse rolprenteSuid-Afrikaanse GrensoorlogBevolkingJak de PriesterWet op Bantoe-onderwysMenslike seksuele gedragBreinkaartAtletiekRooibokHartaanvalSuurstofSlag van BloedrivierGeskiedenis van die BoererepubliekeHerfsAborsieLys van chemiese elemente volgens atoomgetalWoestynDurbanGeldDieregeluideGestremdheidHeupCleopatra VIIBesoedeling🡆 More