Afrikaner-Broederbond

Die Afrikaner-Broederbond (AB) was tussen 1918 en 1994 ’n geheime, eksklusief wit en manlike Protestantse kultuurorganisasie in Suid-Afrika.

Die oogmerke was om vooruitstrewende eensgesindheid onder Afrikaners te skep en Afrikanertradisies en die Afrikanerkultuur op alle lewensterreine te bevorder. Die organisasie is in 1918 deur H.J. Klopper, H.W. van der Merwe, D.H.C. du Plessis en ds. J.F. Naudé, vader van ds. Beyers Naudé. gestig. Die organisasie het tot 1920 as Jong Zuid Afrika bekend gestaan, waarna dit amptelik na die Afrikaner Broederbond hernoem is.

Afrikaner-Broederbond
Die leiers van die Afrikaner Broederbond in 1918: Agter (vanaf links tot regs): Daniel H.C. du Plessis, J. Combrink, H. le R. Jooste.
Voor: L.J. Erasmus, Henning J. Klopper, ds. William Nicol, J. E. Reeler
Afrikaner-Broederbond
Ds. J.F. Naudé het die Bond help stig.
Afrikaner-Broederbond
Prof. Wicus du Plessis, voorsitter van 1930 (toe hy sowat 33 jaar oud was) tot 1932.
Afrikaner-Broederbond
Prof. Joon van Rooy, voorsitter van 1932 tot 1938.
Afrikaner-Broederbond
Prof. H.B. Thom, voorsitter van 1952 tot 1960.
Afrikaner-Broederbond
Dr. Piet Meyer, voorsitter van 1960 tot 1970.

Die Broederbond was lank ’n politieke twisappel nadat genl. J.B.M. Hertzog dit in die jare dertig as eerste minister aangeval het en die volgende eerste minister, genl. J.C. Smuts, dit in die jare veertig gedoen het. In Desember 1944 is staatsamptenare verbied om lid te wees en die verbod het bly staan tot na die Nasionale Party in 1948 die bewind oorgeneem het.

Gedurende die apartheidsjare was meeste regeringsministers, asook invloedryke kerkleiers, akademici, professionele, militêre en polisiebeamptes lede van die vereniging. Dit was gereeld aangetyg en altyd ontken dat die belangrike besluite van die Suid-Afrikaanse staat deur die toe baie geheimsinnige Broederbond gemaak is. In Julie 1968 het appèlregter D.H. Botha in opdrag van die regering die sake van die Broederbond (saam met ander geheime organisasies) ondersoek. Hy het die Broederbond van alle blaam onthef.

In 1979 het die boek Broederbond: The Super-Afrikaners, deur Ivor Wilkins en Hans Strydom, groot opslae gemaak omdat dit nie net ’n exposé van die Broederbond was nie, maar ook ’n bylaag van 139 bladsye gehad het waarin die naam, beroep en ander inligting van elke lid van die Broederbond verskyn het.

Leiers

Die voorsitters van die Broederbond was:

Naam Titel Van Tot
Klopper, HJ 1918 1924
Nicol, W Ds. 1924 1925
Greybe, JH 1925 1928
Potgieter, JW 1928 1930
du Plessis, LJ Prof. 1930 1932
van Rooy, JC Prof. 1932 1938
Diederichs, N Dr. 1938 1942
van Rooy, JC Prof. 1942 1952
Thom, HB Prof. 1952 1960
Meyer, PJ Dr. 1960 1972
Treurnicht, AP Dr. 1972 1974
Viljoen, G Prof. 1974 1980
Boshoff, CWH Prof. 1980 1983
de Lange, JP Prof. 1983 1993
de Beer, TL 1993 1994

Verwysings

Tags:

Beyers NaudéDaniël du PlessisHenning KlopperJozua Francois NaudéProtestantSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KwaZulu-NatalLys van Nederlandse skildersDesmond TutuVersamelnaamVratDemokratiese Republiek die KongoGordelroosSkaakKanadaLeierDirekte en Indirekte redeAppelGeelsugSimboolBeaufortskaalRenaissanceGeslagsgelykheidLien se lankstaanskoeneAtoomKHondSkaapEmo AdamsChris HaniDrakensbergeMuishondPesachKaapstadWaterbesoedelingMadison IvyRivierNeonXenofobieBesoedelingMcDonald'sWet op Verbod van Gemengde HuwelikeCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaWoordsoortTussenwerpselLiefdeSelfmoordSeptimius AwardsLiesbreukVolstruisMynbedryf van Suid-AfrikaNaaldekokerVerenigde State van AmerikaBoer Soek 'n VrouKolitisDricus du PlessisGrondsoorteWetenskaplike metodeBoelieryChemiese elementHartversakingVeeartsErfenisdag (Suid-Afrika)AluminiumNG gemeente JansenvilleEmfiseemEnsiklopedieFabelElektroniese of digitale mediaTsoenamiJeugdagKultuurStam (taalkunde)DriedimensioneelWinterFrankrykBek-en-klouseerWeeluisChemiese reaksieKaroo🡆 More