Broccoli

Broccoli is 'n eetbare plant in die koolfamilie, wat se groot blomhoof as groente dien.

Die koolspesie Brassica oleracea word as 'n verskeidenheid uiteenlopende plantrasse gekweek. Die Italiaanse woord "broccoli" (meervoud van "broccolo"), verwys na "die blomdraende hoof van 'n kool".

Broccoli
Broccoli
Die broccoli plant
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
(geen rang):
Orde:
Brassicales
Familie:
Brassicaceae
Genus:
Brassica
Spesie:
B. oleracea
Binomiale naam
Brassica oleracea
Kultivar groep: Italiaanse Groep

Broccoli het redelike groot blomhoofde, gewoonlik groen van kleur, in 'n boomagtige struktuur gerangskik op takke wat uit 'n stewige, eetbare stam spruit. Die volle massa van blomhofies word deur rubberagtige blare beskut.

Broccoli-plante lyk soos blomkool, maar is 'n verskillende kultivargroep van dieselfde spesie.

Broccoli word meestal saggekook of gestoom, maar kan ook rou genuttig word.

Broccoli Broccoli

Etimologie

Die woord broccoli kom van die meervoud van die Italiaanse woord broccolo, wat 'die blomkop van kool' beteken, en is die verkleiningsvorm van brocco, wat 'klein spyker' of 'spruit' beteken.

Geskiedenis

Broccoli het ontstaan ​​uit die teel van Brassicagewasse in die noordelike Middellandse See, ongeveer in die sesde eeu vC. Dit het sy oorsprong in primitiewe kultivars wat in die Romeinse Ryk verbou is, en is waarskynlik verbeter deur kunsmatige seleksie in die suidelike Italiaanse skiereiland of op Sisilië. Broccoli is teen die 18de eeu na Noord-Europa versprei en in die 19de eeu deur Italiaanse immigrante na Noord-Amerika gebring.

Verbouing

Die meerderheid broccolikultivars is gewasse bedoel vir koel weer wat swak vaar in warm somerweer. Broccoli groei die beste wanneer dit blootgestel word aan gemiddelde daaglikse temperature tussen 18 en 23° C. As die groep blomme, ook na verwys as 'n 'kop' van broccoli, in die middel van die plant verskyn, is die tros oor die algemeen ryp. Tuinsnoeiskêre word gebruik om die kop ongeveer 25 mm van die punt af te sny. Broccoli moet geoes word voordat die blomme op die kop heldergeel blom.

Voedingswaarde

Broccoli, rou
Voedingswaarde per 100 g
Energie 30 kcal   140 kJ
Koolhidrate     6.64 g
- Suikers  1.7 g
- Dieetvesel  2.6 g  
Vette0.37 g
Proteien 2.82 g
Water89.3 g
Vitamien A gelyk.  31 μg 3%
- β-karoteen  361 μg 3%
Tiamien (Vit. B1)  0.071 mg  5%
Riboflavien (Vit. B2)  0.117 mg  8%
Niasien (Vit. B3)  0.639 mg  4%
Pantoteensuur (B5)  0.573 mg  11%
Vitamien B6  0.175 mg13%
Folate (Vit. B9)  63 μg 16%
Vitamien C  89.2 mg149%
Vitamien E  0.78 mg5%
Vitamien K  101.6 μg97%
Kalsium  47 mg5%
Yster  0.73 mg6%
Magnesium  21 mg6% 
Fosfor  66 mg9%
Kalium  316 mg  7%
Sink  0.41 mg4%
skakel na die USDA-databasis-inskrywing
Persentasies is relatief tot VSA
aanbevelings vir volwassenes.
Bron: USDA Voedingstof-databasis

Verwysings

Tags:

Broccoli EtimologieBroccoli GeskiedenisBroccoli VerbouingBroccoli VoedingswaardeBroccoli VerwysingsBroccoli

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Uitwerking van klimaatsveranderingSkaakTobie CronjéDeelstate van die Verenigde State van AmerikaTranspirasieDiepaartromboseYstervarkAdolessensieVerstedelikingSelfmoordBosvarkWynand StrydomMIVJakobWindkragAssonansieAppel (sanger)Nelson MandelaElandréGeldJazzVreesLys van bekende Suid-AfrikanersReënvalbepalingLys van slangeKameelperdWhatsAppMartin Luther King jr.VulvaStres in hoërskoolAprilBloedingLeon KrugerBevolkingVoëlBaälKoppeltekenGordelroosLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandHamburgerVryheidsdagDemokrasieLys van Kaapstad se voorstedeHemelBesemKrokodilEkonomiese sektorHamerkopLianie MayKliniese depressieBosluisbytkoorsSelfiePubiese hareYstertydperkRoossenekalDuitse maselsYouTubeKookpuntAlice MunroSeksposisieHipoteseKonsentrasiekampWet op NaturellengrondAardverwarmingCutt GlasEwenaarMaanTasché BurgerLeeuVerkleurmannetjieSuikersiekteBreingewasWielewaalGrondwet van Suid-Afrika🡆 More