Broadway-Toring

Broadway-toring is 'n siergebou of folly (in Engels letterlik gekheid of dwaasheid) geleë op Broadway-heuwel, langs die A44-pad tussen Evesham en Moreton-in-Marsh, net meer as 1,6 km suidoos van die dorpie Broadway, in Worcestershire, Engeland, op die tweede hoogste punt in die Cotswolds.

Die toring se basis is 312 meter bo seespieël en die toring self is 17 meter hoog. Op 'n mooiweersdag kan dertien graafskappe van Engeland van die bokant van die toring gesien word. Die uitsig sluit in die Severn-Vallei tot by die Walliese berge. Vandag is dit 'n toeriste aantrekking met verskeie tentoonstellings wat oop is vir die publiek.

Broadway-Toring
'n Uitsig oor die Broadway-toring wat in die Cotswolds geleë is
Broadway-Toring
'n Aansig van die kant met die ingang.

Die "Saksiese" toring is deur James Wyatt in 1794 ontwerp om soos 'n skynkasteel te lyk, en is gebou vir Lady Coventry in 1797. Die toring is op 'n "baken"-heuwel, waar bakens op spesiale geleenthede aangesteek is, gebou. Lady Coventry het gewonder of 'n baken op die heuwel van haar huis in Worcester (~35,4 km ver) gesien sou kon word en het die bou van die toring geborg om die antwoord te bepaal. Die baken kon duidelik gesien word.

Oor die jare het die toring as drukpers vir Sir Thomas Phillipps gedien en as landelike toevlugsoord vir kunstenaars insluitend William Morris.

Die toring is geleë op die Cotswold Way.

Verwysings

Eksterne Skakels

Tags:

EngelandEngelsMeterWorcestershire

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Rasionale getalAntoniemLangste woordPornhubGeweldAnilingusSpelerposisies in rugbyVulkaanKolorektale kankerHamburgerSeekoeiVerkleinwoordGeskiedenis van Suid-AfrikaResensieEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaWaatlemoenSeisoenSoweto-opstandDistillasieAarverkalkingMaagsweerGrondsoorteJeugdagPornografiese akteurGenitale vratNasionalismeAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVolhoubaarheidFacebookSuid-Afrikaanse randJohannesburgMalariaBipolêre gemoedsteuringNederlandOnomatopeeKlereNasionale PartySosiale mediaEerste WêreldoorlogTelwoordWaterkringloop1990Carike KeuzenkampKonsonantPad na jou hartGenadedoodSlag van BloedrivierSkisofrenieByFamilie (verwantskap)DigvormNiemetaalGrondNoag se arkSpinnekopSwartkwasmuishondIntensiewe vormSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureMigrasie van diereVoornaamwoordLys van kinderspeletjiesDiskriminasieJaarMierSinoniemToekoms van die AardeFrankrykSleutel (musiek)WikiquoteAngina pectorisWillie JoubertStikstofLabia (geslagsdele)InkomsteAnti-inflammatoriese middelDuitse masels🡆 More