Britse Oorsese Gebiede

Die Britse oorsese gebiede (Engels: British Overseas Territories) is 14 gebiede, wat geen deel van die kerngebied van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland uitmaak nie, maar wel deur die Verenigde Koninkryk beheer word.

Die gebiede lê oorwegend buite Europa.

Britse Oorsese Gebiede
Ligging van die Britse oorsese gebiede

Die Britse oorsese gebiede was tot die British Overseas Territories Act 2002 Britse afhanklike gebiede genoem, wat met die British Nationality Act 1981 van 1981 ingevoer is. Tot 1981 het die gebiede as Britse kolonies of Britse kroonkolonies bekend gestaan.

Die eilande Guernsey, Jersey en Man word deur die Britse kroon beheer en het 'n ander status as die Verenigde Koninkryk self, en staan bekend as Britse Kroongebiede.

In die historiese konteks bestaan daar verskille tussen kolonies en protektorate wat onder Britse beheer, maar amptelik onafhanklike lande was.

Gebiede

Vlag Wapen Naam Ligging Leuse Oppervlakte Bevolking Hoofstad
Britse Oorsese Gebiede  Britse Oorsese Gebiede  Anguilla Karibiese See en Atlantiese Oseaan Unity, Strength and Endurance
(Engels vir: "Eenheid, krag en uithouvermoë")
146 km² 13 500 The Valley
Britse Oorsese Gebiede  Britse Oorsese Gebiede  Bermuda Karibiese See en Atlantiese Oseaan Quo Fata Ferunt
(Latyn vir: "Waarheen ons die lot dra")
54 km² 64 000 (2007-skatting) Hamilton
Britse Oorsese Gebiede  Britse Oorsese Gebiede  Brits-Antarktiese Gebied Antarktika Research and discovery
(Engels vir: "Navorsing en ontdekking")
1 709 400 km² 50 winters; meer as 400 somers Rothera (hoofbasis)
Britse Oorsese Gebiede  Britse Oorsese Gebiede  Britse Indiese Oseaangebied Indiese Oseaan In tutela nostra Limuria
(Latyn vir: "Limuria is in ons beheer")
46 km² Ongeveer 3000 Britse en Amerikaanse militêre en personeel. Diego Garcia (basis)
Britse Oorsese Gebiede  Britse Oorsese Gebiede  Britse Maagde-eilande Karibiese See en Atlantiese Oseaan Vigilate
(Latyn vir: "Wees waaksaam")
153 km² 27 000 (2005-skatting) Road Town
Britse Oorsese Gebiede  Britse Oorsese Gebiede  Falkland-eilande Suid-Amerika en Atlantiese Oseaan Desire the Right
(Engels vir: "Begeer die regte ding")
12 173 km² 2 955 (2006-sensus) Stanley
Britse Oorsese Gebiede  Britse Oorsese Gebiede  Gibraltar Iberiese Skiereiland Montis Insignia Calpe
(Latyn vir: "Kenteken van die Rots van Gibraltar")
6,5 km² 28 800 (2005) Gibraltar
Britse Oorsese Gebiede  Britse Oorsese Gebiede  Kaaimanseilande Karibiese See en Atlantiese Oseaan He hath founded it upon the seas
(Engels vir: "Hy het dit gegrond op die seë")
264 km² 51 384 Georgetown
Britse Oorsese Gebiede  Britse Oorsese Gebiede  Montserrat Karibiese See en Atlantiese Oseaan A people of excellence, moulded by nature, nurtured by God
(Engels vir: "'n Volk van uitnemendheid, gevorm deur die natuur, gevoed deur God")
101 km² 4 655 (2006-skatting) Plymouth (sedert 'n vulkaniese uitbarsting in 1997 'n spookdorp – de facto hoofstad is Brades)
Britse Oorsese Gebiede  Britse Oorsese Gebiede  Pitcairneilande Oseanië en Stille Oseaan 45 km²
(al die eilande)
51 (2008) Adamstown
Britse Oorsese Gebiede  Britse Oorsese Gebiede  Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha   Afrika en Atlantiese Oseaan Loyal and Unshakeable (Sint Helena)
(Engels vir: "Lojaal en Onwankelbaar")
Our faith is our strength (Tristan da Cunha)
(Engels vir: "Ons geloof is ons sterkpunt")
420 km² 4 255 (slegs Saint Helena; 2008-sensus)
1 275 (Ascension and Tristan da Cunha; skatting)
Jamestown
Britse Oorsese Gebiede  Britse Oorsese Gebiede  Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande Suid-Amerika en Atlantiese Oseaan Leo Terram Propriam Protegat
(Latyn vir: "Laat [of mag] die Leeu sy eie land beskerm")
4 066 km² 99 King Edward Point/Grytviken
Britse Oorsese Gebiede  Britse Oorsese Gebiede  Sowereine Militêre basisse van Akrotiri en Dhekelië Middellandse See (Siprus) 255 km² 14 000 (ongeveer die helfte is van die Britse militêre en personeel) Episkopi
Britse Oorsese Gebiede  Britse Oorsese Gebiede  Turks- en Caicoseilande Karibiese See en Atlantiese Oseaan Beautiful By Nature
(Engels vir: "Natuurlik mooi")
430 km² 32 000 (2006-skatting) Cockburn Town

Sien ook

Verwysings

Bronne

  • (en) Harry Ritchie, The Last Pink Bits: Travels Through the Remnants of the British Empire (Londen: Hodder & Stoughton, 1997)
  • (en) Simon Winchester, Outposts: Journeys to the Surviving Relics of the British Empire (Londen & New York, 1985)
  • (en) George Drower, Britain's Dependent Territories (Dartmouth, 1992)
  • (en) George Drower, Overseas Territories Handbook (Londen: TSO, 1998)
  • (en) Ben Fogle, The Teatime Islands: Adventures in Britain's Faraway Outposts (Londen: Michael Joseph, 2003)
  • (en) Joseph Boromé, 'How Crown Colony Government Came to Dominica by 1898', in Aspects of Dominican History (Roseau, Dominica, 1972), 120-50
  • (en) Bonham C. Richardson, The Caribbean in the Wider World, 1492–1992

Eksterne skakels


Britse Oorsese Gebiede  Verenigde Koninkryk Britse Oorsese Gebiede 
LandeEngelandSkotlandWallisNoord-Ierland
Oorsese gebiedeAnguillaBermudaBrits-Antarktiese GebiedBritse Indiese OseaangebiedBritse Maagde-eilandeFalkland-eilandeGibraltarKaaimanseilandeMontserratPitcairneilandeSint Helena, Ascension en Tristan da CunhaSuid-Georgië en die Suidelike SandwicheilandeTurks- en Caicoseilande
KroongebiedeEiland ManGuernseyJersey
Sowereine militêre basisseAkrotiri en Dhekelië

Tags:

Britse Oorsese Gebiede GebiedeBritse Oorsese Gebiede Sien ookBritse Oorsese Gebiede VerwysingsBritse Oorsese Gebiede BronneBritse Oorsese Gebiede Eksterne skakelsBritse Oorsese GebiedeEngelsEuropaVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AnilingusBorsSlag van Cuito CuanavaleHamburgerPubliekGeskiedenis van Suid-AfrikaBevolkingsafnameDiepaartromboseFacebookJode in Suid-AfrikaNag van die lang messeAsemhalingHartversakingStereotipeWebjoernaalWaterstofPersOssewaJuan Antonio VillacañasKwaZulu-NatalAardedagLugbesoedelingWaterVraag en aanbodBeesvleisEreksieErns GrundlingBiologieSuurstofReg tot ‘n gesonde omgewingAkademiaSkaakSaartjie BaartmanWortelSkooluniformFiela se kindParkinson se siekteMassaGianna MichaelsMandalaSomerBysteekSikloonLys van Kaapstad se voorstedeVulkaanEtniese groepAngssteuringChloorLys van Afrikaanse skrywersLidwoordKoos du PlessisHondTweede WêreldoorlogKarlien van JaarsveldCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaJeugdagDaggaDansBewussynToekoms van die AardeSkuinsstreepZoeloesAarverkalkingHandbalDierHeuningbyOnderwerp (taalkunde)MaatskappyMiskruierSinkMIV/vigs in Suid-AfrikaOmgewingsbeheerRooikatNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaVormHeup🡆 More