Brighton

Brighton (uitgespreek /ˈbraɪtən/) is 'n kusdorp aan die suidkus van Engeland in die graafskap Oos-Sussex wat veral vir sy strande bekend is.

Die nedersetting behels die grootste deel van die stad en die unitary authority van Brighton and Hove wat uit die vroeëre nedersettings Brighton, Hove, Portslade en 'n aantal ander dorpe gevorm is.

Brighton
dorp
Uitsig oor die stad
Uitsig oor die stad
Brighton is in Engeland
Brighton
Brighton
Koördinate: 50°49′00″N 0°8′00″W / 50.81667°N 0.13333°W / 50.81667; -0.13333
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land (VK)Vlag van Engeland Engeland
GraafskapOos-Sussex
Bevolking
 • Totaal155 919
TydsoneUTC+00:00 (MGT)
 • SomertydUTC+01:00 (BST)

Brighton het oorspronklik deel uitgemaak van die nie-metropolitaanse graafskap Oos-Sussex. Dit maak steeds deel uit van die seremoniële graafskap Oos-Sussex in die historiese graafskap Sussex.

Die historiese nedersetting Brighthelmstone dateer uit die tyd voor die Domesday Book (1086), maar het in die 18de eeu tot 'n gewilde strand- en gesondheidsoord ontwikkel waar onder meer die Prinsregent (die latere koning George IV) ontspan het. Ná die bou van 'n spoorlyn in 1841 het steeds meer Londenaars uitstappies na Brighton onderneem. Die nedersetting se bevolking het vinnig gegroei tot meer as 160 000 in 1961.

Vandag maak Brighton saam met Worthing en Littlehampton deel uit van 'n verstedelikte gebied langs die kus met 'n totale bevolking van sowat 480 000.

Die Universiteit van Brighton is hier geleë.

Brighton se Falmer-stadion was een van die gasheerstadions tydens die Rugbywêreldbeker 2015.

Verwysings

Tags:

EngelandOos-SussexStrand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VersamelnaamLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaByAkkedisSuurreënMineraalWinterMensEngelandAfleiding (taalkunde)NatuurrampBoereLys van bekende Suid-AfrikanersIronieEkonomieSeksueel oordraagbare infeksieOrganiese landbouOm-te-infinitiefkonstruksieGeldTegnologieOutismeMenseregtedagMeervoudKarakteriseringKaaps-Hollandse stylGeslagLys van argaïsmesPlaattektoniekHindoeïsmeDonderstormOnderwerp (taalkunde)BloedsomloopstelselBosluisLatynSeilvaartSneeuWet op Bantoe-onderwysArmoedeverligtingJodeMuskeljaatkatSelfoonUitwerking van klimaatsveranderingNicole StraussInternetLettergreepMaatskappyNierversakingKolitisEjakulasieTandbederfIslamWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaNasionale VrouedagSteenkoolCarles PuigdemontVerstedelikingMetaalFossielbrandstofBoer (landbou)EmosieBaarmoederPaddaLys van Suid-Afrikaanse musikanteDiamantbedryfWiskundige terminologiePrimêre sektor van die ekonomieWatersuiweringOseaanbesoedeling7de LaanKaapstadMynbouVerkragtingJan Christian SmutsBrug🡆 More