Bridge House School

Bridge House Skool, algemeen na verwys as Bridge House, is 'n Engelstalige privaatskool in die Kaapse Wynland aan die

Bridge House School Die neutraliteit van hierdie artikel (of dele daarvan) word tans betwis.
Wiki se beleid is dat alle artikels vanuit ’n neutrale standpunt geskryf moet wees. Sien die besprekingsbladsy vir besonderhede of ons riglyne wat kan help om die artikel meer onpartydig te maak.

Bridge House School
Leuse Learning for Life
Gestig 1995
Leerlinge 800 seuns en meisies
Grade 000 – 12
Adres Franschhoek
Provinsie Wes-Kaap
Land Suid-Afrika
Kleure Blou en wit
Webblad www.bridgehouse.org.za
Bridge House School
Bridge House School
Bridge House School
Bridge House School
Bergrivier en tussen Franschhoek, Stellenbosch en Paarl. Dit dien meer as 800 meisies en seuns van pre-primêr tot gr. 12 met 'n satelliet-speelskool op die Paarl Valley-gholflandgoed (2015). Bridge House is lid van die Onafhanklike Skolevereniging van Suider-Afrika (OSVSA) en die internasionale “Round Square”-organisasie. Die skool se leuse is “Leer Lewenslank” (“Learning for Life” in Engels). 

Geskiedenis

Bridge House is gestig deur 'n groep plaaslike families, naamlik die Huxter-, Friedman- en Rand-gesinne, as 'n nie-winsgewende maatskappy en het op 19 Januarie 1995 met 54 leerlinge geopen. Die skool was oorspronklik in 'n staatskoolgebou in Simondium gehuisves tot in 1997, waarna hersoneringsaansoeke gelewer en goedgekeur is vir die skool om 'n nuwe terrein in die Bergriviervallei op die plaas Waterval te betrek. In Julie 1998 het die skool verskuif na die nuwe en groter kampus wat op 'n 10 ha stuk grond geleë is, 10 km buite Franschhoek; 'n onontwikkelde hoek van die plaas naby die Bergrivierbrug geskenk deur wyle Graham Beck in 1994. Bridge House besit tans 28 ha grond nadat 'n skenking van 'n addisionele 18 ha ontvang is.

Kampus en geboue

In 1999 is die swembad en tennisbane bygevoeg, gevolg deur die binnenshuise sportsentrum. Die Barnyardteater met 450 sitplekke is in 2002 gebou en in gebruik geneem gedurende 2003. 'n Nuwe skoolgebou met sewe klaskamers, administratiewe kantore en 'n personeelkamer is bygevoeg. Die skoolgebou is uitgebrei in 2009 met verdere klaskamers. Die eerste koshuis, Huis Bellegam, geopen in die derde kwartaal van 2004 en met die byvoeging van Waterval Huis in 2008, het die koshuiskapasiteit verdubbel. Die Renaissance Sentrum wat ses nuwe klaskamers huisves, is in November 2013 voltooi tesame met die leersentrum. Hugenote Huis, die derde koshuis, is aan die einde van 2013 voltooi om die totale kapasiteit tot 140 koshuisgangers te vermeeder. In die derde kwartaal van 2015, is die preprimêre gebou en fasiliteite deur 'n speelskoolklas en al die preprimêre kinders ingeneem. Konstruksie van 'n vierde koshuis word beplan vir gebruik in 2017.

Missie en waardes

Bridge House posisioneer homself as 'n globaalrelevante en volhoubare leergemeenskap, gerig op ontwikkeling van elke individu se potensiaal om te lei, innoveer en te dien met selfvertroue in 'n veranderende wêreld. Bridge House se missie is gegrond op die volgende waardes:

  • Integriteit
  • Liefde en deernis
  • Gesondheid en lewenskrag
  • Positiewe ingesteldheid
  • Leer lewenslank
  • Eerlikheid
  • Demonstreer van vergifnis
  • Selfkennis
  • Bevryding van ander
  • Oopheid vir nuwe idees

Kurrikulum

Bridge House bied 'n breë, innoverende en moderne kurrikulum gemik op die ontwikkeling van hoogsgemotiveerde, gebalanseerde en bekwame mense, goed voorbereid om die uitdagings wat hul in die gesig staar wanneer hulle die skool verlaat, aan te pak.

Tale:

Bridge House is 'n Engelsmediumskool. Alle leerders word in Engels (huistaal) onderrig. Afrikaans word as addisionele taal onderrig. Frans en Duits (tweede addisionele taalvlak) word as keusevakke in graad 10, 11 en 12 aangebied.


Speelskool:

Bridge House voorsien in die behoeftes van 3- tot 4-jariges by die speelskool. Twee klasse vir 2– en 3-jarige kinders is by 'n satellietspeelskool geleë by Pearl Valley-gholflandgoed. Die skooltjie word besit deur Bridge House, maar die geboue en fasiliteite behoort aan Pearl Valley.

Een speelskoolklas vir 3– tot 4-jariges is by Bridge House op kampus in die speelskoolgebou. Dit het goed toegeruste klaskamers en buitemuurse fasiliteite.

Die program is gestruktureerd volgens die beste praktyke en daar is 'n gunstige volwassene / kind verhouding, met 'n onderwyser en assistent per groep.

Pre - primêr:

Hierdie fase by Bridge House het drie klasse vir 5-6 jariges in graad 0 en twee klasse van 4-5 jariges in graad 00 .


Junior Primêr:

Die leerplan is uitkomsgebaseerd en volgens die Nasionale kurrikulumverklaring van Suid-Afrika. Onder die leerareas van Tale, Wiskunde en Lewensvaardighede, is die volgende onderwerpe bekendgestel:

  • Engels Geletterdheid
  • Gespreks-Afrikaans
  • Gespreks-Xhosa
  • Wiskunde
  • Sosiale en natuurwetenskappe temas in 'n geïntegreerde studiebenadering
  • Handskrif
  • Liggaamlike Opvoeding
  • Skeppende Kunste waarin Klasmusiek, Drama en Kuns geinkorporeer word
  • Inligtingstegnologie.

Juniorprimêre klasgroottes is tot 'n maksimum van 24 per klas gehou en is ko-ed asook gemengdevermoë.

Senior Primêr:

Die kurrikulum is in lyn met die Suid-Afrikaanse nasionale riglyne.

  • Slegs op graad 7-vlak skryf die kinders formele eksamens.
  • Klasse bevat nie meer as 24 leerlinge nie.
  • Akademiese ondersteuning word gegee deur onderwysers as deel van die weeklikse program.

Engels word as Eerste (Huis) taal onderrig. Afrikaans word gedoseer as Eerste Addisionele Taal, maar word as gevorderde, standaard of intensiewe klasse aangebied.

Vakgebiede gedek:

  • Wiskunde
  • Wetenskap
  • Geskiedenis
  • Aardrykskunde
  • Tegnologie
  • Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
  • Rekenaarvaardighede
  • Gespreks-Xhosa word aangebied tot Graad 7.

Opvoedkundige Ondersteuning Eenheid:

Die Prep OOE sluit in 'n spraakterapeut, 2 spesialisremediërende / ondersteuningsonderwysers en 'n arbeidsterapeut.

Die Opvoedkundige Ondersteuning Eenheid (OOE) gebaseer in die hoërskool bied akademiese, sosiale, emosionele en gedragsprobleme ondersteuning aan alle Hoërskool leerlinge. 'n Opvoedkundige sielkundige en 'n NiLD Opvoedkundige terapeut is beskikbaar om te konsulteer met leerlinge op 'n een-tot-een basis, sowel as in 'n klein groep formate waar eweknie-ondersteuning en leer aangemoedig word.

Hoërskool:

Van Graad 8- en 9-leerders word verwag om al die leerareas wat deur die Algemene Onderwys en Opleiding-vlak (AOO) geassesseer word, te bestudeer wat al die leerders in Suid-Afrikaanse skole voltooi aan die einde van graad 9.

  • Tale en Geletterdheid (Afrikaans en Engels; en Frans of Duits)
  • Wiskundige Geletterdheid / Wiskunde
  • Menslike en Sosiale Wetenskappe (Aardrykskunde en Geskiedenis)
  • Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (Ekonomie en Rekeningkunde)
  • Natuurwetenskappe (Biologie en Natuur- en Skeikunde)
  • Kulturele Studies (kuns, drama, musiek en fotografie)
  • Lewensoriëntering
  • Tegnologie.

Bridge House-matriekleerlinge skryf die Onafhanklike Eksamenraad se matriekeksamen. In graad 10, 11 en 12 bied die skool die volgende vakke:

  • Gevorderde Program Engels
  • Engels Huistaal
  • Afrikaans - Eerste Addisionele Taal
  • Frans
  • Duits
  • Gevorderde Program Wiskunde
  • Wiskunde
  • Wiskundige Geletterdheid
  • Lewensoriëntering
  • Aardrykskunde
  • Natuur- en Skeikunde
  • Ekonomie
  • Lewenswetenskappe
  • Dramatiese Kunste
  • Visuele kunste
  • Rekeningkunde
  • Rekenaartoepassingstegnologie
  • Inligtingstegnologie
  • Geskiedenis
  • Musiek

Moderne tegnologie

Bridge House se Inligtingstegnologiesentrum bied aan leerders die mees gevorderde fasiliteite om op alle skoolvlakke hul rekenaarvaardighede te help ontwikkel.

Leerlinge leer om hierdie moderne tegnologie en die wye veld oor alle aspekte te gebruik vanaf preprimêr tot in matriek. Dit word dwarsdeur die kurrikulum gebruik, om beide die inhoud en programme te leer ken. Die skool het sedert Januarie 2016 'n verpligte iPad-program in werking gestel.

Wyer-klaskamer aktiwiteite

Kampe en uitstappies

Alle klasse neem deel aan uitstappies na plekke van belang. Hierdie uitstappies vorm deel van die verpligte kurrikulum. Elke leerder vanaf graad 1 tot matriek is verplig om jaarliks een kamp by te woon.

Noodhulp

In graad 7 en graad 10 vorm 'n basiese noodhulp- en lewensreddingkursus deel van die kurrikulum.

Gemeenskapsdeelname

Die skool is betrokke by verskeie gemeenskapsvennootskappe. Een so ʼn projek is die Philippolis Community Partnership waar graad 10- en 11-leerders kan deelneem in 'n diensprojek in Philippolis.

Internasionale Uitwisseling

'n Aantal graad 10-leerders neem deel aan internasionale uitruile na lande soos bv. Thailand, Indië, Australië,Nieu-Seeland, Kanada, die VSA, Duitsland, Denemarke, die Verenigde Koningryk en Peru.

Round Square

Bridge House is as 'n volle lid van die “Round Square” aanvaar by die Internasionale Konferensie wat in 2006 in Gordonstoun plaasgevind het. “Round Square” is 'n wêreldwye assosiasie van meer as 80 skole op 5 vastelande.

Skole wat aan die “Round Square” behoort word gelei deur die volgende ideale: • Internasionale begrip • Demokrasie • Omgewing • Avontuur • Leierskap • Diens

Leerlingleierskap

    Senior primêr

Graad 7 leerlinge word aangemoedig om in te skryf vir die “Learning for Life Leadership Programme” wat deur Chris Storey, 'n vorige Hoof van die voorbereidingskool, ontwikkel is.

Die program bevorder hoë vlakke van inisiatief, selfmotivering en aanspreeklikheid.

    Kollege

Elke kwartaal kies studente verteenwoordigers van elke klas om op die studenteraad te dien. Hierdie raad word deur die Studenteleierskapraad se uitvoerende beampte gekoördineer en gelei.

Die Studenteleierskapraad word jaarliks deur die leerlinge gekies, en bestaan uit agt graad 12-leerlinge, ses huiskapteins, 'n seunskoshuishoof, 'n dogterskoshuishoof asook 'n hoof van die “Round Square”. Die uitvoerende raad word deur die studenteliggaam verkies nadat hulle hul veldtogte gepubliseer het, plakkate by die skool opgerig het en hul veldtogtoespraak voor die skool gelewer het. Die personeel tree slegs as die verkiesingskomitee op, maar is nie stemgeregtig nie.

Kulturele aktiwiteite

Musiek, kuns en drama vorm die basis van die kulturele program. Bridge House bied individuele onderrig vir musiekstudente in die volgende dissiplines, óf as 'n buitemuurse aktiwiteit, óf as 'n kurrikulumonderwerp:

  • klavier
  • elektroniese klawerbord
  • blokfluit
  • fluit
  • klarinet
  • saksofoon
  • kitaar (elektriese en akoestiese)
  • trompet
  • tromboon
  • Franse horing
  • viool
  • viola
  • dromme
  • sang

Alle studente word blootgestel aan verskillende style van Kuns en Drama. Hierdie vorm deel van die kurrikulum van graad 8 en is beskikbaar as keusevakke van graad 10 tot 12. Daar is 'n aansienlike klem op kulturele opvoeding en kollegestudente kry ook die geleentheid om aan internasionale kulturele toere deel te neem.

Interhuisspanne

Daar is drie sporthuise by Bridge House: Helios, Olympia en Alexandrië. Elke nuwe student word ingedeel in 'n huis waarin hulle bly tot in Graad 12. Die drie huise ding mee in die interhuistoernooie soos swem, atletiek, rugby, waterpolo, hokkie en netbal. Die huiskapteins neem verantwoordelikheid vir die bestuur van die huise onder die toesig van 'n onderwyser wat as die hoof van die huis dien.

Sport en sportbyeenkomste

Deelname aan sport op hoërskoolvlak is verpligtend. 'n Aantal nasionale toere word onderneem deur die loop van die jaar. Oorsese toere word elke tweede jaar beplan. Die volgende sportsoorte word aangebied op laer- en hoërskoolvlak:

  • veldhokkie
  • binnenshuise hokkie
  • netbal
  • krieket
  • swem
  • sokker
  • rugby
  • tennis
  • kanovaart
  • waterpolo

Verskeie sportfeeste word jaarliks by Bridge House aangebied. Die Bridge House Myl is 'n oopwaterswemdag wat jaarliks deur die skool gereël en by die Bergrivierdam gehou word.

Erkenning

Bridge House School plaas groot waarde en klem op akademiese uitnemendheid en prestasie. Tot op hede het die skool 'n 100% slaagsyfer, met 'n hoë persentasie van sy leerders wat 'n BA-graad slaagsyfer behaal het. Bridge House School behou sy plek onder die beste skole in die land met studente wat gereeld die IEB lys van top presterende leerders haal.

In Maart 2016 het Bridge House School 'n sertifikaat van erkenning ontvang by 'n geleentheid wat deur die Universiteit van Stellenbosch aangebied is, wat skole erken wat in die afgelope vyf jaar deurlopend uitsonderlike akademiese resultate gelewer het.

Tot op datum het 40 leerlinge van Bridge House School al 'n “Gold President Award” ontvang. Die toekenningsgeleentheid word geëer deur die bywoning van die koninklike graaf en gravin van Wessex.

Voormalige hoofde

  • Lloyd Smuts (Skoolhoof): 1994 - 1997
  • Allan Graham (Skoolhoof): 1997 - 2002
  • Chris Storey (Voorbereidingskoolhoof): 1998 - 2007
  • Anne van Zyl (Skool- en Kollegehoof): 2002 - 2010
  • Melvin King (Voorbereidingskoolhoof): 2007 – 2014
  • Mike Russel (Skool- en Kollegehoof): 2010 – 2016
  • Marc Barrow (Voorbereidingskoolhoof): 2014 – 2016

Noemenswaardige personeel

Anne van Zyl, skoolhoof vanaf 2002 tot 2010, is aangestel as die hoof van die “Oprah Winfrey Leadership Academy for Girls” in 2010. Melvin King, Voorbereidingskoolhoof vanaf 2007 tot 2014, is aangestel as die hoof van die “Oprah Winfrey Leadership Academy for Girls” in 2014.

Alumni

Bridge House se Oudleerdersvereniging (BHPPA) vir Alumni skep 'n netwerk van kontakte, en om in die toekoms te dien op die "Bridge House Educational Foundation Trust". Studente wat matrikuleer by Bridge House ontvang 'n das (vir seuns) en 'n serp (vir meisies) as 'n simbool van hul alumnistatus.

Bestuurstrukture

Die skool word deur 'n Raad van Direkteure met vyftien lede beheer. Die “Bridge House Education Foundation” is 'n trust wat die skoolterrein en sy geboue besit. Die Trust bestaan uit 'n Stigtingstrustee, onafhanklike trustees en vier Ouertrustees.

Verwysings

19°01′49.87″O / 33.8790083°S 19.0305194°O / -33.8790083; 19.0305194

Tags:

Bridge House School GeskiedenisBridge House School Kampus en geboueBridge House School Missie en waardesBridge House School KurrikulumBridge House School Moderne tegnologieBridge House School Wyer-klaskamer aktiwiteiteBridge House School Round SquareBridge House School LeerlingleierskapBridge House School Kulturele aktiwiteiteBridge House School InterhuisspanneBridge House School Sport en sportbyeenkomsteBridge House School ErkenningBridge House School Voormalige hoofdeBridge House School Noemenswaardige personeelBridge House School AlumniBridge House School BestuurstruktureBridge House School VerwysingsBridge House SchoolEngelsKaapse Wynland-distriksmunisipaliteit

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AkkedisGianna MichaelsTweede WêreldoorlogSoogdierWiskundeMisdaadLys van chemiese elemente volgens atoomgetalNemunasBurgerregteNederduitsch Hervormde KerkNaboomAluminiumKookpuntKolorektale kankerHemelvaartErfenisdag (Suid-Afrika)Landbou in Suid-AfrikaGoudGroot DepressieAnette EngelbrechtKlimaatsverandering in AfrikaSeksismeCristiano RonaldoCSSErosietipesNuwe TestamentMangelontstekingAfrikaanse woordelys en spelreëlsProvinsies van Suid-AfrikaEnkelvoudige sinBokmakierieHomofoonKobus LombardGeskiedenis van AfrikaansPornografiese subgenresGeweldAlliterasieMieliestronkMonopolieWaarheid-en-versoeningskommissieMalariaErfenisKoekie (rekenaarwetenskap)Jaco JacobsInflasieDokterSokkerBoelieryHamerkopMis (weerkunde)Nag van die lang messeTaylor SwiftSeksuele stimulasieGodWinterKoue OorlogFrankrykNiersteenLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandMielieErektiele disfunksiePornografiese akteurDiarreeShakaPinksterWoordsoortLys van Afrikaanse rolprenteVaste stofMaatskappyLikkewaanKunsmatige intelligensieViëtnamoorlogAgtervoegselProteïenLys van Griekse mitologiese figureBeesvleis🡆 More