Brian Dunning

Brian Andrew Dunning (gebore in 1965) is 'n Amerikaanse skrywer en vervaardiger wat hom toespits op wetenskap en skeptisisme.

Sedert 2006 bied hy 'n weeklikse podsending aan genoemd Skeptoid en hy is skrywer van 'n reeks boeke oor wetenskaplike skeptisisme, waarvan sommige op die podsending gebaseer is. Skeptoid het al verskeie podsendingtoekennings ontvang soos die Parsec-toekenning. Dunning het ook die videoreeks, InFact, wat gebaseer is op sy webwerf Skeptoid.org, en The Feeding Tube geskep wat albei op YouTube beskikbaar is.

Brian Dunning
Brian Dunning
Skeptoid se 250ste episodepartytjie aan die Universiteit van Kalifornië, Irvine, 2011
Gebore1965 (58–59 jaar oud)
NasionaliteitAmerikaans
BeroepSkrywer, vervaardiger
Webwerfskeptoid.com

Dunning het twee opvoedkundige films vervaardig oor die onderwerp van kritiese denke: Here Be Dragons (2008), en Principles of Curiosity (2017).

Dunning is in 1996 mede-stigter van Buylink, 'n "besigheid tot besigheid"-diensverskaffer en dien tot 2002 by die maatskappy. Dunning is later skuldig bevind aan bedrog weens affiliasie bemarkingsbedrog. In Augustus 2014 is hy tot 15 maande tronkstraf gevonnis, gevolg deur sy vrylating en die jaar se owerheidstoesig vir die bedrog van tussen $200 000 en $400 000.

Beroep

In 1996 was Dunning mede-stigter en tegnologiese hoof van Buylink Corporation. Buylink het kapitaalfinansiering ontvang van Hummer Winblad Venture Partners, 'n belegger in sagteware- en internetondernemings.. In 2000 het hy deel geneem aan 'n aanbieding oor Buylink aan Die Berkeley-ondernemersforum met die naam "Bricks to Clicks in the New Internet Reality". Hy het ook die maatskappy bespreek op CNNfn se Market Call. In 2002 het Dunning sy pos as HTO van BuyLink verlaat.

Tussen 1997 en 2005 was hy tegniese redakteur van die tydskif FileMaker Advisor, en bydraende redakteur van die tydskrif ISO FileMaker, 1996-2002, en het een van die toekennings vir uitnemendheid gewen tydens FileMaker se Ontwikkelaarskonferensie van 2001.

Skeptiese aktivisme

Brian Dunning 
Brian Dunning in die reuse-hamsterwiel by die College of Curiosity in 2012, Stadsmuseum, St. Louis, Missouri

Begin 2006 het Dunning die podsending Skeptoid begin aanbied en vervaardig. Dit is 'n weeklikse podsending wat toegewy is aan die bevordering van kennis deur "die wydverspreide pseudowetenskappe wat die populêre kultuur besmet, weg te blaas en te vervang deur 'n koeler werklikheid." Hy is ook die skrywer van 'n boek met dieselfde titel en 'n vervolg daarop.

Vanaf 2007 het Dunning gereeld video-aflewerings van sy InFact-reeks uitgereik. Elke episode is minder as vier minute lank en dek kwessies soortgelyk aan dié wat in die Skeptoid-podsending in meer diepte ondersoek word, maar is bedoel om 'n breër gehoor te bereik vanweë die kortheid en beskikbaarheid daarvan op YouTube..

In 2008 het Dunning Here Be Dragons vervaardig, 'n gratis 40 minuutlang video-inleiding tot kritiese denke bedoel vir 'n algemene gehoor, en in November 2011 het hy 'n toekenning van die Portland se Humanistiese filmfees ontvang.

In 2010 word Dunning bekroon met die Parsec-toekenning vir die "Beste feit agter die fiksie"-podsending. In Augustus 2010 het hy 'n toekenning wat sy bydraes op skeptiese gebied erken ontvang van die Onafhanklike Ondersoekgroep tydens hul 10-jarige gala.

In Junie 2017 word Dunning se tweede film, Principles of Curiosity, vrygestel. Volgens Dunning bied dit "'n algemene inleiding tot die grondslae van wetenskaplike skeptisisme en kritiese denke ... Dit is nie-winsgewend, nie-kommersieel en gelisensieer vir gratis openbare en private vertonings. Dit word voorsien van gratis opvoedkundige materiaal vir onderwysers, wat ontwerp is vir hoë skool tot op universiteit. Dit is geskik vir alle gehore. Die looptyd van 40 minute behoort in die meeste klasse te pas."

In Oktober 2019 is 'n spesiale voorskou van die Skeptoid Media-dokumentêr, Science Friction, na die jaarlikse skeptiese konferensie CSICon in Las Vegas vertoon. Deur middel van 'n reeks onderhoude behandel die film die kwessie van wetenskaplikes en skeptici wat deur die media verkeerd voorgestel word. Geproduseer deur Dunning en geregisseer deur die filmmaker en komediant Emery Emery, is die vrylating van die film was geskeduleer vir 2020. Op 8 Maart 2021 is die IMDb-bladsy vir die film nog steeds in naproduksie gelys en die vrystellingsdatum is verskuif na 2021.

Dunning het artikels vir Skepticblog.org geskryf, gepubliseer deur The Skeptics Society, 'n internasionale skeptiese organisasie wat deur Michael Shermer in 1992 in Los Angeles begin is, en was 'n uitvoerende vervaardiger vir die televisiereeks The Skeptologists wat nie vrygestel is nie. Hy is 'n lid van die Nasionale Vereniging van Wetenskapskrywers, en is die "Kanselier" van die nie-geakkrediteerde "Thunderwood College", 'n parodie op nie-geakkrediteerde hoëronderwysinstellings wat "grade" in verskillende vakke aanbied.

Skeptoid-podsendings

Brian Dunning 
Skeptoid se 300ste episode partytjie - Brian Dunning, Ryan Johnson, Jesse Horn, Lee Sanders en Bill Simpkins

Skeptoid is Dunning se weeklikse podsending. Saam met ander podsendings met soortgelyke temas Point of Enquiry, Skepticality: The Official Podcast of Skeptic Magazine, en The Skeptics' Guide to the Universe, word dit gelys op die Amerikaanse iTunes-webwerf onder die lys van populêre wetenskap- en medisyne-podsednings. In Mei 2014 het Skeptoid se webwerf berig dat die podcast 'n weeklikse gemiddelde van 161 000 aflaai gehad het.

Elke Skeptoid-episode van ongeveer tien minute fokus op 'n enkele kwessie wat oor die algemeen pseudowetenskaplik van aard is. Transkripsies van die episodes is aanlyn beskikbaar, en val gewoonlik in een van die vier kategorieë:

Vanaf 2007 het Dunning 'n reeks boeke geskryf wat gebaseer is op die Skeptoid-episodes.

Publikasies

  • Strapping Young Lads (1 uitg.). Xlibris Corp. 2001. p. 272. ISBN 978-1401011680.
  • Strapping Young Lads (2 uitg.). Thunderwood Press. 2014. p. 322. ISBN 978-1500854072.
  • Dunning, Brian; Knox, Allyson; Becker, Lori (2003). Special Edition: Using Adobe GoLive 6. Que. p. 650. ISBN 978-0789727275. OCLC 48678473.
  • Skeptoid: Critical Analysis of Pop Phenomena. Thunderwood Press. 2007. p. 213. ISBN 978-1434821669. OCLC 287154998.
  • Skeptoid 2: More Critical Analysis of Pop Phenomena. Skeptoid Media. 2008. p. 265. ISBN 978-1440422850. OCLC 589083050.
  • Skeptoid 3: Pirates, Pyramids, and Papyrus. Skeptoid Media. 2011. p. 314. ISBN 978-1453881187.
  • Skeptoid 4: Astronauts, Aliens, and Ape-Men. Skeptoid Media. 2012. p. 349. ISBN 978-1475205657.
  • Skeptoid 5: Massacres, Monsters, and Miracles. Skeptoid Media. 2013. p. 359. ISBN 978-1492709060.
  • The Secret of the Gypsy Queen (illustrated by Jesse Horn). Skeptoid Media. 2013. p. 32. ISBN 978-1477626238.
  • Here Be Dragons: an Introduction to Critical Thinking [Video]. Skeptoid Media.
  • Principles of Curiosity [Video]. Skeptoid Media.
  • Conspiracies Declassified: The Skeptoid Guide to the Truth Behind the Theories. Adams Media. 2018. p. 256. ISBN 978-1507206997.

Filmografie

Dunning was medeskrywer (saam met Emery Emery) van Science Friction, 'n dokumentêr oor hoe wetenskaplikes in die media verkeerd voorgestel word. Dit is in 2022 op Amazon Prime Video vrygestel en het onder andere Matt Kirshen, Janine Kippner, Simon Singh, Banachek, Steven Novella, Michael Shermer, Richard Dawkins, Ben Radford, Zubin Damania en Ken Feder in die hoofrolle vertolk.

Verwysings

Tags:

Brian Dunning BeroepBrian Dunning Skeptoid-podsendingsBrian Dunning PublikasiesBrian Dunning FilmografieBrian Dunning VerwysingsBrian DunningPodsendingSkeptiese bewegingWetenskapYouTube

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AsiëSuid-Afrikaanse InkomstediensWes-AfrikaBreinvliesontstekingOntsteking (geneeskunde)MeervoudDie BylMieliestronkSteve BikoJeuksiekteGoogle TranslateDeelstate van die Verenigde State van AmerikaLys van Joodse feeste en herdenkingsPenisGrysstofBywoordApostoliese GeloofsendingJagluiperdTongaanse nasionale rugbyspanKasterolieSpookvoëlDrie SusterskerkePofadder (slang)FinlandDepressie (gemoedstoestand)HondeklipbaaiSamestellende afleidingHeliosfeerVleesbaaiKappie (skryfteken)PolisieEBarionPoesSteenkoolGemengde ekonomieDissipel vir wie Jesus baie lief wasNazi-saluutBloeddrukBoet TroskieTydMediaWikiEnsiklopedieLiesbreukKoekie (rekenaarwetenskap)Onderwys (geskiedenis)TongOlifantLiturgiese jaarAfkortingHartaanvalAmalia UysFamilie (verwantskap)EikelTaalLys van lande volgens bevolkingHartversakingDroogteOutismeSpysverteringstelselKoolhidraatOos-KaapAfrikaTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinKoninkryk van die NederlandeWortelKoorsKrokus Stadsaal-aanvalJapanMondWaldimar PelserNoord-Kaap🡆 More