Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Nasionale rugbyspan van Brasilië

Die Brasiliaanse nasionale rugbyspan (Portugees: Seleção Brasileira de Rugby Union) is die nasionale rugbyspan wat Brasilië in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig.

Hulle dra die bynaam Os Tupis (“die Tupi’s”) na die gelyknamige inheemse volk. Rugby word in Brasilië geadministreer deur die Brasiliaanse Rugbykonfederasie (Confederação Brasiliera de Rugby, CBRu) wat in 1963 gestig is. Brasilië word as die sesde beste rugbyspan in die Amerikas beskou (ná Argentinië, die Verenigde State, Kanada, Uruguay en Chili) en deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Brasiliaanse rugbyspan is tans (April 2024) 29ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.

Brasilië
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam
Unie Brasiliaanse Rugbykonfederasie (CBRu)
Bynaam(e) Os Tupis (“die Tupi’s”)
Embleem Tupí-hoofman
Stadion Pacaembu-stadion, São Paulo
Kapasiteit 40 199
Afrigter(s) Vlag van Uruguay Emiliano Caffera (sedert 2023)
Kaptein(s) Felipe Sancery
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam
Spankleure


Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam
Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Moisés Duque (60)
Meeste toetspunte Moisés Duque (293)
Meeste drieë Moisés Duque (15)
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Uruguay Uruguay 8–6 Brasilië Vlag van Brasilië
(Montevideo, Uruguay; 9 September 1950)
Grootste oorwinning
Vlag van Costa Rica Costa Rica 0–95 Brasilië Vlag van Brasilië
(Lima, Peru; 16 Oktober 2006)
Grootste nederlaag
Vlag van Argentinië Argentinië 114–3 Brasilië Vlag van Brasilië
(San Pablo, Brasilië; 2 Oktober 1993)
Vlag van Argentinië Argentinië 111–0 Brasilië Vlag van Brasilië
(Santiago de Chile, Chili; 23 Mei 2012)
Amptelike webwerf
ww2.brasilrugby.com.br

Rugby in Brasilië het ’n lang geskiedenis wat na die laat 19de eeu terugdateer toe Britse immigrante die spel na die stedelike hawens van Brasilië geneem het. Ten spyte van Brasilië se sukses met sokker was die land nog altyd een van die swakker spanne in die Amerikas met veel minder om op te roem as die spanne van Argentinië, Uruguay en Chili. Brasilië is een van die stigterslede van CONSUR, nou bekend as Suid-Amerika Rugby, en het aan die inougurele Suid-Amerikaanse toernooi in 1951 deelgeneem. Brasilië kon nog nie vir ’n rugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer nie, maar die sewesspan het in 2016 aan die sewestoernooi tydens die Olimpiese Spele deelgeneem.

In die 21ste eeu is pogings aangewend om die sport in Brasilië te laat opleef. Brasilië is met die toevoeging van sewesrugby tot die Olimpiese kalender genooi om aan die Wêreldrugby Sewesreeks deel te neem met goeie vordering in die mans- en damesreekse. In 2016 het ’n vergadering tussen die unies van Argentinië, Brasilië, Chili, Kanada, Uruguay en die Verenigde State die Amerikas Rugbykampioenskap begin as ’n toernooi soortgelyk aan die Sesnasies-toernooi en Die Rugbykampioenskap om sodoende gereelde toetsrugby aan die topspanne van die streek te bied. Ná drie taai wedstryde waarvan Brasilië twee byna gewen het, het hulle die Amerikaanse Arende met 24–23 gewen vir hulle eerste oorwinning in die toernooi, ’n eerste oorwinning oor die VSA én ’n eerste oorwinning oor ’n vlak twee-span. Daarna het Brasilië die spanne van België en Portugal geklop vir hulle eerste oorwinning oor Europese spanne; hulle het boonop ook ’n eerste historiese oorwinning oor ’n Argentynse XV behaal. Die oorwinning oor die Argentynse span, saam met oorwinnings teen Chili en Colombia het in 2018 aan Brasilië hulle eerste titel in die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap besorg.

Gedurende 2015–2017 het die beheerliggaam vir rugby in Brasilië (CBRu) ’n prys ontvang vir die beste bestuur van alle plaaslike sportbestuursliggame.

Beheerliggaam

Die beheerliggaam vir rugby in Brasilië is die Brasiliaanse Rugbykonfederasie (Portugees: Confederação Brasileira de Rugby, CBRu). Die Brasiliaanse Rugbykonfederasie is in 1963 onder die naam Brasiliaanse Rugbyunie (União de Rugby do Brasil, URB) gestig, in 1970 in Brasiliaanse Rugbyvereniging (Associação Brasileira de Rugby, ABR) hernoem en het in 1995 ’n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) geword. Daarbenewens was die Brasiliaanse beheerliggaam in 1988 ’n stigtingslid van CONSUR (nou Suid-Amerika Rugby).

Die hoogste rugbyliga in die land is die Campeonato Brasileiro de Rugby wat in 1964 gestig is en tans tussen 16 spanne beslis word, waarvan die meeste uit die deelstaat São Paulo. In die verlede was die meeste spelers van die Brasiliaanse nasionale span uit dié amateurliga afkomstig. Sedert 2020 draf die meeste Brasiliaanse spelers egter uit vir die keurspan Cobras wat aan die professionele Superrugby Amerikas deelneem. Hieraan neem ook spanne uit Argentinië, Chili, Paraguay, Uruguay en die Verenigde State deel. Van die ander spelers is veral op professionele vlak in Europa aktief.

Naas die amptelike nasionale span roep die Brasiliaanse Rugbykonfederasie ook ander keurspanne byeen. Net soos ander rugbylande beskik Brasilië oor ’n o/20-nasionale span wat aan die Wêreldrugby o/20-kampioenskap deelneem. Die Brazil Sevens is die Brasiliaanse sewesrugbyspan en hulle neem aan internasionale toernooie soos Wêreldrugby se Sewesreeks, Sewesrugbywêreldbeker en Olimpiese Somerspele deel. Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting.

Geskiedenis

Invoering en vestiging van rugby

Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam 
Charles William Miller word as stigter van Brasiliaanse sokker en rugby beskou

Net soos in ander Suid-Amerikaanse lande is rugby aan die einde van die laat 19de eeu deur Britse immigrante na Brasiliaanse hawestede gebring. Hierdie immigrante het verskeie atletiekklubs opgerig wat ook as sokkerklubs gedien het. Die eerste rugbywedstryd in Brasilië is in die laat-19de eeu gespeel. Die eerste gedokumenteerde rugbywedstryd in Brasilië is in 1891 onder toesig van Charles William Miller deur die São Paulo Atletiekklub (SPAC) gespeel. Hierna het Augusto Shaw pogings aangewend om die sport verder uit te brei nadat Miller hom eksklusief op sokker toegespits het.

Gedurende die 1920’s en ’30’s het rugby in Brasilië begin floreer, maar dit het nie dieselfde blootstelling as sokker geniet nie. Rugby was grotendeels beperk tot diegene wat van Britse afkoms was of wat een of ander ander verbintenis met Brittanje gehad het. In 1926 is ’n plaaslike toernooi begin. Teen 1932 is ’n nasionale span gekies en Brasilië het sy eerste internasionale wedstryd gespeel teen ’n Suid-Afrikaanse XV, maar hulle is verslaan. Die sport het ’n terugslag ervaar toe in ’n poging om dit as ’n nasionale sport erken te kry geweier is omdat rugby tot vier deelstate beperk was, waar die vereiste deelname in vyf deelstate was. Die Tweede Wêreldoorlog het tussen 1941 en 1946, soos in talle ander lande, die sport bedwing.

1950’s tot 1990’s

In Februarie 1951 sou die Brasiliane aan die eerste Pan-Amerikaanse Spele in Buenos Aires deelneem, maar die rugbytoernooi is om organisatoriese redes nie beslis nie. Dit moes tot in September uitgestel word en is onder die naam ABCU-toernooi aangebied (genoem na die vier deelnemende lande). Tydens die eerste Suid-Amerikaanse vastelandse rugbytoernooi het Brasilië al drie sy wedstryde verloor met onderskeidelik 0–68 teen Chili, 0–72 teen Argentinië en ’n 10–17-verlies teen Uruguay. Sewe jaar later is dié toernooi terugwerkend erken as eerste Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap. Rugby is gedurende die 1950’s sporadies in Brasilië georganiseer; daar was geen amptelike bestuursliggaam nie en die nasionale span is slegs deur Jimme Macintyre, wat die SPAC bestuur het, saamgeroep. Brasilië sou eers weer tydens die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap 1961 toetswedstryde speel, maar hulle is deur Uruguay, Argentinië en Chili geklop. Die hedendaagse Brasiliaanse Rugbykonfederasie (Confederação Brasiliera de Rugby, CBRu) is in 1963 onder die naam Brasiliaanse Rugbyunie (União de Rugby do Brasil, URB) gestig om die spel in Brasilië meer effektief te bestuur. Die eerste president van die CBRu was Harry Donovan. Die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap 1964 het heelwat beter verloop, waar Brasilië tweede geëindig het ná ’n gelykopuitslag teen Chili (met 16–16) en ’n sege oor Uruguay (met 15–8). Daarna het die Brasiliane eers weer aan die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap 1971 deelgeneem, waar hulle slegs die Paraguane kon klop, maar swak verloor het teen die Argentyne, Uruguane en Chilene.

In 1970 is die Brasiliaanse beheerliggaam in Brasiliaanse Rugbyvereniging (Associação Brasileira de Rugby, ABR) hernoem en in die 1970’s het die verbeterde struktuur die spel aan Brasiliane buite die Brits-afgestamde gemeenskap begin bekendstel. Brasilië het ’n effense oplewing in rugby beleef; die spel is by universiteite regdeur die land begin speel en Brasilië het ’n bestemming vir rugbytoere geword. In 1974 het Brasilië vir die eerste keer Frankryk gehuisves en met 7–99 verloor. Tydens die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskappe in 1973, 1975 en 1979 is die span deur Argentinië, Chili en Uruguay elke keer geklop, terwyl hulle dikwels teen Paraguay kon wen, terwyl hulle in 1977 ná vier nederlae in die laaste plek geëindig het.

Nadat die buurland Argentinië ’n verbod op alle sportiewe ontmoetings met Suid-Afrika geplaas het, is in 1980 die “skaduspan” Sudamérica XV (ook Jaguares Sudamericanos genoem) gestig. Hoewel die meeste van die spelers Argentyne was, het ook ’n aantal Brasiliane vir die span uitgedraf. Die altesaam vyf betrokke beheerliggame het die span nie amptelik erken nie, maar in die geheim geduld. Gedurende die volgende vier jaar het die Sudamérica XV agt keer teen die Springbokke gespeel, maar hulle kon slegs een wedstryd wen (op 3 April 1982 in Bloemfontein). Argentinië, die onoorwonne wenner van al die vorige vastelandse rugbykampioenskappe, het in 1981 nie aan die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap deelgeneem nie. Dit het aan die ander deelnemers die kans gebied om dié toernooi vir die eerste keer nog te wen. Die Brasiliane het egter swak nederlae gely teen Chili, Uruguay en Paraguay, waarmee hulle in die laaste plek geëindig het.

In 1985 het Frankryk weer deur Brasilië getoer maar teen ’n meer gedugte Brasiliaanse span te staan gekom. Die wedstryd het met ’n telling van 6–41 in die guns van Frankryk geëindig. Ook in 1985 het die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR, nou Wêreldrugby), wat destyds baie eksklusief was en slegs agt lede gehad het, op die invoering van die rugbywêreldbekertoernooi besluit. Vir die eerste Rugbywêreldbeker 1987 het die IRR nege spanne vir deelname genooi, maar Brasilië het geen uitnodiging ontvang nie.

In 1989 het Brasilië ná ’n puse van agt jaar weer aan die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskappe deelgeneem, maar hulle kon slegs Paraguay klop. In dieselfde jaar was die Brasiliaanse beheerliggaam een van die stigtingslede van die vastelandse beheerliggaam CONSUR (nou Suid-Amerika Rugby) wat in 1989 ’n IRVR-lid geword het. Tydens die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskappe in 1991 en 1993 het die span ná vier nederlae elk slegs in die laaste plek geëindig. Brasilië het eers in 1995 amptelik by die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangesluit en gevolglik tot op daardie punt aan geen kwalifiserende toernooie deelgeneem nie. Een jaar later het hulle eerste kragmeting in ’n kwalifiserende wedstryd egter rampspoedig afgeloop deurdat die span met 41–0 teen Trinidad en Tobago verloor het. Dit het hulle veldtog vir die Rugbywêreldbeker 1999 tot ’n abrupte einde gebring.

In die nuwe millennium

Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam 
Die Brasiliaanse en Peruaanse nasionale rugbyspanne in 2005

Van 2000 af is die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap jaarliks beslis, maar die magsbalans op die vasteland het vir eers nie verander nie. Buitendien is Brasilië in Afdeling B gerangskik en was die sterk opponente Argentinië, Chili en Uruguay kwyt. nie meer die het die 2000’s met meer sukses afgeskop. In 2000 het Brasilië hulle die Afdeling B teen Colombia en Venezuela gewen, en die sukses sowel in 2001 as in 2002 herhaal in die afdeling teen Colombia, Peru en Venezuela. Hiervan is die 2001-toernooi as die eerste Suid-Amerikaanse kwalifiseringsrondte vir Rugbywêreldbeker 2003 geag, waarvolgens Brasilië na die volgende kwalifiseringsrondte deurgedring en Trinidad en Tobago maklik afgeskud het; hoewel Brasilië sy laaste wedstryde teen Chili en Paraguay verloor en daarmee die hooftoernooi misgeloop het, het hulle eindelik die gaping begin verklein.

Voor die afskop van die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap 2003 is ’n kwalifiserende wedstryd tussen Brasilië en Paraguay beslis, wat die Brasiliane verloor het en vervolgens in Afdeling B moes bly. Die span het dié afdeling weens die verlore wedstryd teen Venezuela tweede afgesluit. Een jaar later moes die Brasiliane met die tweede plek agter die afgeskaalde Paraguay tevrede wees. Die 2004-Rugbykampioenskap was deels gelyktydig die eerste Rugbywêreldbeker 2007-kwalifiseringsrondte, waaraan Peru pleks van Paraguay deelgeneem het, waardeur Brasilië met sy eerste plek die tweede rondte behaal het, maar hulle is ná swak nederlae teen Chili en Paraguay uitgeskakel.

Tydens die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap 2005 moes die Brasiliane vir die laaste keer met die tweede plek agter die Paraguane tevrede wees, waarna hulle hul afdeling in 2006, 2007 en 2008 onoorwonne afgesluit het, waarmee die span eindelik deurgebreek het en vir die eerste maal sedert 1989 na die boonste vlak van die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap gevorder het. Die 2008-Rugbykampioenskap het ook gedien as die eerste Rugbywêreldbeker 2011-kwalifiseringsrondte, waarna Brasilië ná twee oorwinnings oor Trinidad en Tobago die 3a-rondte behaal het, maar swak nederlae teen sowel Chili as Uruguay gely het.

Die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskappe in 2009, 2010 en 2011 elk het Brasilië in die derde plek agter Chili en Uruguay afgesluit. Tydens die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap 2012 kon die Brasiliane slegs die vierde plek behaal. In dieselfde jaar het The New York Times berig dat rugby die tweede vinnigste groeiende sportsoort in Brasilië was, na gemengde vegkuns. Dit is deels te danke aan Wêreldrugby wat weer in Brasilië belê het as gevolg van die herinstelling van (sewes)rugby by die Olimpiese Spele in 2016. Sedertdien is Brasilië genooi om aan die Wêreldrugby Sewesreeks deel te neem, waar die span teen sterker opponente kon meeding. Die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskappe 2013 het vir Brasilië ’n oorwinning oor Paraguay in die uitspeelwedstryd begin, maar daarna kon hulle in die Afdeling A slegs die vierde plek behaal. Omdat dit gelyktydig deel was van die Rugbywêreldbeker 2015-kwalifisering, het die Brasiliane dié toernooi misgeloop.

In 2014 het Brasilië sy heel eerste oorwinning oor Chili behaal en die Condores met 24–16 geklop. Sedert inisiatiewe in 2009 verskerp is, het die aard van rugby in Brasilië verander; heelwat meer spelers het begin registreer en die sport het suksesvolle borgskappe met maatskappye soos Bradesco, wat meen dat Brasiliaanse rugby in die toekoms winsgewend kan wees, aangegaan. In 2015 kon Brasilië slegs die vierde plek agter Chili, Uruguay en Paraguay behaal. In dieselfde jaar het die Brasiliane in twee toetse teen Duitsland gespeel, waarvan een wedstryd op die Pacaembu-stadion. 10 000 toeskouers het hierdie wedstryde gekyk wat van die hoogste gehoor vir rugby in Brasilië is.

Die in 2009 ingestelde Amerikaanse Rugbykampioenskap, waaraan voorheen sekere nasionale reserwespanne deelgeneem het, het in 2016 ’n fundamentele verandering ondergaan. Sedertdien het die Amerikas se vyf leidende spanne na die voorbeeld van die Europese Sesnasies in ’n jaarlikse rondomtalie ontmoet. Slegs Argentinië het ten einde van ’n meer gebalanseerde toernooi slegs sy reserwespan (die Jaguares) laat deelneem. Tydens die eerste toernooi in Februarie en Maart 2016 het Brasilië se verbetering getoon en hulle het op die randjie van historiese oorwinnings teen Chili en Uruguay gekom, maar dit nie kon deurvoer nie. Nadat Brasilië 25 punte in hul eerste ontmoeting teen Kanada aangeteken het, het die span met 24–23 teen die Verenigde State in Pacaembu gewen; Brasilië het egter in die eindstryd met 7–42 teen Argentinië verloor maar in die proses hul eerste drie in dekades teen Argentinië gedruk.

Vir die 2016-seisoen van die Suid-Amerikaanse Rugbykamipoenskap “A” het RedeTV!, een van Brasilië se groot televisienetwerke Brasilië se wedstryde regstreeks uitgesaai. Dié toernooi het ook gedien as die eerste Rugbywêreldbeker 2019-kwalifiseringsrondte. Brasilië het op Allianz Parque in São Paulo, een van die grootste stadions om ’n rugbywedstryd in Brasilië aan te bied, teen Uruguay gespeel. Brasilië het ook met 20–20 teen Chili gelykop gespeel wat op hul verbetering in Suid-Amerikaanse rugby gedui het. Om die toernooi af te sluit het hulle met 32–21 teen Paraguay gewen en in die derde plek agter Chili geëindig op ’n punteverskil. In 2017 het die span ’n naelskraapse nederlaag teen Chili gely, voordat hulle deur Uruguay geklop is en oor Paraguay kon seëvier. Tydens die Amerikas Rugbykampioenskap in dieselfde jaar het Brasilië nogmaals verbeter deur Chili oortuigend met 17–3 te klop, voor hulle hul eerste oorwinning oor Kanada in Pacaembu behaal het met ’n telling van 24–23. Na hierdie oorwinnings het Brasilië die 30ste plek op die Wêreldrugbyranglys behaal; die eerste maal sedert 2003 toe die lys ingestel is. Tydens die kwalifiseringsrondte 3a is hulle weer deur beide Chili en Uruguay geklop, hoewel albei uitslae dié keer minder swak was as vroeër. Op 18 November 2017 het Brasilië vir die eerste maal oorwinning op Europese grondgebied gesmaak toe hulle België en Portugal geklop het, wat duit op die span se vordering in die 2010’s. Tydens die Amerikas Rugbykampioenskap 2018 het Brasilië ook vir die eerste maal teen Chili in Chili gewen, en in dieselfde jaar se omskepte Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap het hulle teen Argentinië XV geseëvier, wat hulle eerste oorwinning oor ’n Argentynse span was. Brasilië het daarna ook teen Colombia gewen en het vir die eerste maal die titel van Suid-Amerikaanse kampioen gedra. Hierdie prestasie kon die Brasiliane tydens die Amerikas Rugbykampioenskap 2019 met oorwinnings oor Kanada en Chili en ’n naelskraapse nederlaag teen die Verenigde State voortsit, gelyk aan hul beste toernooiverloop ooit. In die daaropvolgende Suid-Amerikaanse Rugbykamipoenskap kon Brasilië sy groepwedstryd teen Paraguay wen, terwyl hulle deur die reserwespanne van Argentinië en Uruguay geklop is.

Ná die uitbreek van die wêreldwye Covid-19-pandemie aan die begin van 2020 kon vir anderhalf jaar geen toetswedstryd gespeel word nie, en nóg die Suid-Amerikaanse nóg die Amerikaanse Rugbykampioenskap kon beslis word. Eers in Julie 2021, met die afskop van die Rugbywêreldbeker 2023-kwalifisering, kon die Tupi’s weer aan die internasionale speelprogram deelgeneem. Tydens die rondte 2a kon die Brasiliane weer naelskraapse nederlae teen die Chilene en Uruguane aanteken.

Kleure, embleem en bynaam

Brasilië speel tradisioneel in ’n geel trui met groen kleuraksente, groen broeke en groen sokkies. Hul alternatiewe trui is groen met wit kleuraksente, wit broeke en groen sokkies.

Die huidige truiverskaffer is die Argentynse sportuitruster Topper. en die truiborg is die Brasiliaanse Banco Bradesco. In 2015 is die span se broekkleur na blou verander om ooreen te stem met die land se sokkerspan. Dit het ’n aanbieding waarby die Tupistam betrek is, ingesluit (waar die span se bynaam vandaan kom). Die beheerliggaam se kenteken verskyn op die regterbors, die truiverskaffer se kenteken links en die borgkenteken in die middel.

Die Brasiliaanse nasionale rugbyspan is vir ’n geruime tyd lank nieamptelik verbind met Walt Disney se karakter José Carioca. Die CBRu, toe dit nog as Associação Brasileira de Rugby oftewel ABR bekend was, het later die Amasonereusewaterlelie as amptelike embleem en bynaam aanvaar. Hierdie bynaam het egter nie aanklank by ondersteuners gevind nie.

Die beheerliggaam Brasiliaanse Rugbykonfederasie se kenteken, wat ook op die trui verskyn, toon ’n rugbybal tussen twee doelpale op ’n geel agtergrond met die afkorting CBRu daarbo.

In Maart 2012 het CBRu Os Tupis as Brasilië se nasionale rugbyspan se amptelike bynaam aangekondig. Dit is ’n verwysing na die Tupistam, die grootste etniese groep van inheemse Brasiliane. Die keuse vir die embleem het in 2010 begin toe die CBRu e-posse met voorstelle begin ontvang het. Die drie finaliste was Tupi’s, Sucuri’s (anakondas) en Araras (aras). Ondersteuners het op die internet gestem met 47% van die stemme (4 387 stemme) wat aan Tupi’s gegaan het. Volgens Sami Arap, president van die CBRu tussen 2012 en 2016 het “die keuse die wortels van die Brasiliaanse nasie bekragtig. Tupi verteenwoordig die wese van ons land en verwys na ons krag, deursettingsvermoë, lojaliteit en spangees.”

Tuisstadion

Brasilië se tuisstadion is die Pacaembu-stadion in São Paulo met ’n kapasiteit van 26 000.

Toernooirekords

Rugbywêreldbeker

Wêreldbekerrekord Wêreldbekerkwalifiseringrekord
Jaar Ronde S W G V Pte V Pte T S W G V PV PT
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  1987 Nie genooi nie
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  1991 Nie ingeskryf nie Nie ingeskryf nie
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  1995
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  1999 Nie gekwalifiseer nie 1 0 0 1 0 41
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  2003 6 4 0 2 140 84
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  2007 5 3 0 2 179 108
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  2011 8 6 0 2 230 190
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  2015 5 1 0 4 85 164
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  2019 6 2 1 3 160 139
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  2023 2 0 0 2 26 59
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  2027 n.v.t. n.v.t.
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  2031
Totaal 0/10 33 16 1 16 820 785

Amerikas Rugbykampioenskap

Die Amerikas Rugbykampioenskap is in vyf van die sewe jaar tussen 2009 en 2015 gehou maar Brasilië het nie hieraan deelgeneem nie. Saam met Chili het Brasilië sedert 2016 aan ’n uitgebreide toernooi tussen ses lande deelgeneem. In Brasilië se eerste jaar van deelname het hulle, as 42ste gekeur die 16de gekeurde Amerika met 24–23 geklop in hulle eerste oorwinning oor dié land.

Toernooi Rekord Pte Versk Posisie Seges
2016 1–4 −68 5de Amerika (24–23)
2017 2–3 −116 4de Chili (17–3); Kanada (24–23)
2018 1–4 −96 5de Chili (16–14)
2019 2–3 −65 4de Chili (15–10); Kanada (18–10)

Suid-Amerikaanse Kampioenskap

Toernooi Gasheer Rekord Pte Versk Posisie Seges Gelykop Verliese
2009 Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Uruguay 1–2 −129 4de Paraguay (36–21) Uruguay (3–71), Chili (3–79)
2010 Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Chili 1–2 −34 4de Paraguay (23–18) Uruguay (10–26), Chili (8–31)
2011 Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Argentinië 1–2 −3 4de Paraguay (51–14) Uruguay (18–39), Chili (6–25)
2012 Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Chili 0–3 −136 4de Uruguay (15–27), Chili (6–19), Argentinië (0–111)
2013 Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Uruguay 0–3 −150 4de Chili (22–38), Uruguay (7–58), Argentinië (0–83)
2014 (vier lande) 1–2 −24 3de Chili (24–16) Paraguay (24–31), Uruguay (9–34)
2015 (vier lande) 0–3 −77 4de Uruguay (9–48), Chili (3–32), Paraguay (11–17)
2016 (vier lande) 1–1–1 −11 3de Paraguay (32–21) Chili (20–20) Uruguay (14–36)
2017 (vier lande) 1–2 +32 3rd Paraguay (57–6) Uruguay (27–41), Chili (10–15)
2018 (Sesnasies) 3–0 +81 1ste Chili (28–12), Argentynse XV (36-33), Colombia (67-5)

Ander toetswedstryde

In teenstelling met ander tradisionele rugbylande het die Brasiliaanse nasionale rugbyspan tydens die amateurtydperk nie oorsese toere onderneem nie en tot in die middel-1990’s slegs wedstryde in Suid-Amerika gespeel. Daarteenoor het hulle deur Suid-Amerika toerende nasionale spanne gehuisves. Deesdae is toetswedstryde teen die spanne van die Noordelike Halfrond tweekeer per jaar moontlik. Gedurende Juniemaand se midjaarrugbytoetsreeks tree Brasilië as gasheer op en gedurende Novembermaand se eindjaarrugbytoetsreeks reis Brasilië na Europa. In teenstelling met die meeste ander rugbylande speel Brasilië nie vir enige trofee teen sy teenstanders nie.

Algehele rekord

Brasilië het 59 van sy 156 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 37,82%. Brasilië se statistieke in toetswedstryde teen alle lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek in Januarie 2023):

Opponent Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen Punte vir Punte teen Punteverskil
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Argentinië 14 0 14 0 0 54 1096 –1042
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Argentynse XV 3 1 2 0 33,33 51 140 –89
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  België 1 1 0 0 100 23 19 +4
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Chili 27 4 21 2 14,81 324 870 –546
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Colombia 9 9 0 9 100 439 34 +405
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Costa Rica 1 1 0 0 100 95 0 +95
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Duitsland 5 0 5 0 0 51 157 –106
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Frankryk A 2 0 2 0 0 13 140 –127
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Georgiese XV 1 1 0 0 100 20 18 +2
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Hongkong 1 0 1 0 0 3 37 –34
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Kanada 4 2 2 0 50 72 130 –58
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Kenia 2 0 2 0 0 42 45 –3
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Māori All Blacks 1 0 1 0 0 3 35 –32
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Meksiko 2 2 0 0 100 126 19 +107
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Oxford en Cambridge 2 0 2 0 0 13 102 –89
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Paraguay 24 13 11 0 54,17 509 467 +42
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Peru 9 9 0 0 100 404 58 +346
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Portugal 3 1 2 0 33,33 42 110 –68
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Roemenië 2 0 2 0 0 26 78 –52
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Spanje 2 0 2 0 0 24 89 –65
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Trinidad en Tobago 5 4 1 0 80 75 71 +4
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Uruguay 27 3 24 0 11,11 276 933 –657
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Verenigde Arabiese Emirate 1 1 0 0 100 66 3 +63
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Verenigde State 4 1 3 0 25 71 150 –79
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Venezuela 9 8 1 0 88,89 258 95 +163
Totaal 156 59 95 2 37,82 2997 4791 -1794

Spelers

Huidige span

Die volgende spelers het die Brasiliaanse span gevorm tydens die 2021 eindjaarrugbytoetsreeks:

Agterspelers (zagueros)

Speler Posisie Klub Toetswedstryde
Felipe Cunha Skrumskakel Cobras 8
Douglas Rauth Skrumskakel Cobras 8
Lucas Spago Losskakel Cobras 6
Gabriel Quirino Senter Cobras 1
De Wet van Niekerk Senter Poli 21
Daniel Lima Vleuel Cobras 12
Robert Tenório Vleuel Cobras 22
Robson Morais Heelagter Pasteur 0
Lucas Tranquez Heelagter Cobras 41

Voorspelers (atacantes)

Speler Posisie Klub Toetswedstryde
Leonardo de Souza Haker Cobras 4
Endy Willian Haker Cobras 8
Lucas Abud Stut Cobras 45
Alexandre Alves Stut Cobras 7
Henrique Ferreira Stut Pasteur 1
Joel Ramírez Stut Cobras 0
Matheus Rocha Stut CDUL 17
Caíque Silva Stut Saint-Denis 29
Cléber Dias Slot Técnico 37
Kauã Guimarães Slot Pasteur 1
Gabriel Paganini Slot Cobras 28
Pedro Aparecido Losvoorspeler Villefranche 1
André Arruda Losvoorspeler Cobras 36
Arthur Bergo Losvoorspeler Cobras 29
Matheus Cláudio Losvoorspeler Cobras 9
Adrio de Melo Losvoorspeler Cobras 7
Devon Müller Losvoorspeler Pasteur 1

Bekende spelers

Tot dusver is nog geen Brasiliaanse speler in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem nie.

Spelerstatistieke

Vervolgens die belangrikste statistieke van Brasilië se spelers. Die spelers wat met * gekenmerk is, is nog aktief en kan hul statistieke verbeter.

(Korrek teen Mei 2020)

Meeste toetswedstryde
Rang Naam Tydperk Toetswedstryde
01 Moisés Duque 2008–2021 60
02 Bruxinho Piero de Moraes 2012–2019 43
03 Yan Rosetti 2015–2021 42
04 Ze Tranquez 2013–2021 41
05 Lucas Abud de Andrade 2012–2021 43
06 Daniel Sancery 2016–2021 40
07 Felipe Sancery 2015–2021 40
08 Ige da Ros 2002–2018 50
09 Gelado Dias da Silva Junior 2016–2021 37
10 Buda Arruda 2016–2021 38
Meeste punte aangeteken
Rang Naam Tydperk Punte
01 Moisés Duque 2008–2021 293
02 Joshua Reeves 2017–2021 179
03 Tanque Duque 2005–2019 116
04 Ze Tranquez 2013–2021 070
05 Daniel Sancery 2016–2021 065
06 Felipe Sancery 2015–2021 073
07 Dave Harvey 2015–2016 040
08 De Wet van Niekerk 2017–2019 035
09 Maranhao Lima da Silva 2011–2021 035
10 Buda Arruda 2016–2021 030
Meeste drieë gedruk
Rang Naam Tydperk Drieë
01 Moisés Duque 2008–2021 15
02 Felipe Sancery 2015–2021 14
03 Daniel Sancery 2016–2021 13
04 Tanque Duque 2005–2019 11
05 Ze Tranquez 2013–2021 08
06 Ige da Ros 2002–2018 08
07 De Wet van Niekerk 2017–2019 07
08 Maranhao Lima da Silva 2011–2021 07
09 Buda Arruda 2016–2021 06
10 Matias Daniel 2011–2018 04

Afrigters

Die volgende persone het al as hoofafrigters van die Brasiliaanse nasionale rugbyspan gedien:

Naam Tydperk
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Rodolfo Ambrosio 2014–2019
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Fernando Portugal 2019–2023
Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan: Beheerliggaam, Geskiedenis, Kleure, embleem en bynaam  Emiliano Caffera sedert 2023

Mediadekking

Voor 2016 is die meeste van Brasilië se wedstryde op SporTV, ’n betaalnetwerk, uitgesaai. In 2016 is veranderinge aan Brasilië se uitsaaiwese aangebring wat daartoe gelei het dat RedeTV wedstryde van die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap uitsaai terwyl ESPN Brazil die regte het om die Amerikas Rugbykampioenskap uit te saai.

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (fr) Henri Garcia (2011). La fabuleuse histoire du rugby. Parys: Éditions de La Martinière. ISBN 978-2-7324-4528-1.
  • (en) Huw Richards (2007). A Game for Hooligans: The History of Rugby Union. Edinburg: Mainstream Publishing. ISBN 978-1-84596-255-5.
  • (en) Richard Bath (1997). The Complete Book of Rugby. Seven Oaks. ISBN 1-86200-013-1.

Eksterne skakels

Tags:

Brasiliaanse Nasionale Rugbyspan BeheerliggaamBrasiliaanse Nasionale Rugbyspan GeskiedenisBrasiliaanse Nasionale Rugbyspan Kleure, embleem en bynaamBrasiliaanse Nasionale Rugbyspan TuisstadionBrasiliaanse Nasionale Rugbyspan ToernooirekordsBrasiliaanse Nasionale Rugbyspan Algehele rekordBrasiliaanse Nasionale Rugbyspan SpelersBrasiliaanse Nasionale Rugbyspan AfrigtersBrasiliaanse Nasionale Rugbyspan MediadekkingBrasiliaanse Nasionale Rugbyspan Sien ookBrasiliaanse Nasionale Rugbyspan VerwysingsBrasiliaanse Nasionale Rugbyspan Verdere leesstofBrasiliaanse Nasionale Rugbyspan Eksterne skakelsBrasiliaanse Nasionale RugbyspanAmerikasArgentynse nasionale rugbyspanBrasiliaanse RugbykonfederasieBrasiliëChileense nasionale rugbyspanInheemse volkeKanadese nasionale rugbyspanPortugeesRugbyTupí (volk)Uruguaanse nasionale rugbyspanVerenigde State se nasionale rugbyspanWêreldrugby

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Nasionale VrouemonumentRassisme in AfrikaParkinson se siekteBlaarSkaapJodeCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaArabiesPeriodieke tabelKoolhidraatSophie SchollDemokratiese Republiek die KongoGriepOlimpiese Somerspele 2024VryheidsdagLongontstekingKinderregteSikloonJansenvilleElizabeth II van die Verenigde KoninkrykSelVoorvoegselHidroëlektrisiteitDrinkwatervoorsieningNetbalLys van konings van IsraelApartheidWayde van NiekerkStaalGeelsugWerkersdagAKomplementêre kleureInflasieErfenisDataverwerkingFinale OplossingSwartbewussynsbewegingAbstraksie (rekenaarwetenskap)HartaanvalJesus van NasaretSinoniemLikkewaanGeslagsregister vanaf Adam tot JesusCorioliskragGasBTWDaggaCutt GlasAfrikaanse taalleerPlaasjapieSatellietfotoSwangerskapKweekhuiseffekDolfynGemeenskapsorganisasieRugbyGeslagBreinHeupvervangingGraatjiemeerkatRandall WicombKletsrymAfrikaanse Protestantse KerkEmfiseemHorlosieVeeartsHelga UysBosluisbytkoorsGeweldMenslike seksuele gedragWaterpokkiesPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaTafelberg🡆 More