Bounnhang Vorachit

Bounnhang Vorachit (Lao: ບຸນຍັງ ວໍລະຈິດ; gebore op 15 Augustus 1937) is 'n Laosiaanse politikus wat tussen 2016 en 2021 die sekretaris-generaal van die Volksrevolusionêre Party van Laos (de facto-leier) en president van Laos (de jure staatshoof) was.

Hy was tussen 2001 en 2006 die Eerste Minister van Laos en daarna het hy as die Adjunkpresident vanaf 2006 tot 2016 gedien.

Bounnhang Vorachit
Bounnhang Vorachit
Bounnhang Vorachit in 2016

Algemene Sekretaris van die Volksrevolusionêre Party van Laos
Ampstermyn
22 Januarie 2016 – 15 Januarie 2021
Vise Phankham Viphavan
Voorafgegaan deur Choummaly Sayasone
Opgevolg deur Thongloun Sisoulith

6de President van Laos
Ampstermyn
20 April 2016 – 22 Maart 2021
Vise Phankham Viphavan
Eerste minister Thongloun Sisoulith
Voorafgegaan deur Choummaly Sayasone
Opgevolg deur Thongloun Sisoulith

4de Adjunkpresident van Laos
Ampstermyn
8 Junie 2006 – 20 April 2016
President Choummaly Sayasone
Voorafgegaan deur Choummaly Sayasone
Opgevolg deur Phankham Viphavan

14de Eerste Minister van Laos
Ampstermyn
27 Maart 2001 – 8 Junie 2006
President Khamtai Siphandon
Voorafgegaan deur Sisavath Keobounphanh
Opgevolg deur Bouasone Bouphavanh

Minister van Finansies
Ampstermyn
6 Augustus 1999 – 27 Maart 2001
Eerste minister Sisavath Keobounphanh
Voorafgegaan deur Khamphoui Keoboualapha
Opgevolg deur Soukanh Mahalath

Persoonlike besonderhede
Gebore 15 Augustus 1937 (1937-08-15) (86 jaar oud)
Savannakhet, Franse protektoraat van Laos
Politieke party Volksrevolusionêre Party van Laos
Eggenoot/-note Khammeung Vorachit

Militêre Diens
Lojaliteit Laos
Diens/Tak Gewapende Magte
Rang Kolonel

Biografie

Bounnhang Vorachit het in 1951 by die Pathet Lao-weerstandsbeweging aangesluit en in die propaganda-afdeling van die gewapende magte in Savannakhet gewerk. Hy het vanaf 1958 tot 1961 in Viëtnam gestudeer, en daarna na Laos teruggekeer om te help voorberei vir die verowering van die Luang Namtha-provinsie. Ná die oorwinning in Luang Namtha in 1962 het hy na Viëtnam teruggekeer en aan 'n militêre kollege gestudeer.

In 1964 het Bounnhang na Laos teruggekeer. Hy het daarna in 1969 hoof van die reëlingskomitee in die Xieng Khuang-provinsie geword. In 1972 het hy Adjunk-bevelvoerder van die Noordelike Front in die Luang Prabang-provinsie geword. Hy het toe in 1974 by die koalisie aangesluit en partysekretaris van die weermag in Luang Prabang geword. In 1976 is hy as die politieke leier van die gewapende magte van die noordelike helfte van die land aangewys. In 1978 het hy na Viëtnam teruggekeer om politieke teorie te studeer. In 1981 het hy politieke leier van die gewapende magte geword. Bounnhang het vanaf 1981 tot sy aanstelling as adjunk-eerste minister in 1996 as die goewerneur van die Savannakhet-provinsie gedien.

Politieke loopbaan

Voordat hy in 2001 Eerste Minister geword het, was hy sedert 1996 Adjunk Eerste Minister. Daarbenewens was hy vanaf 1996 tot 1999 Voorsitter van die Lao-Viëtnamese Samewerkingskomitee en vanaf 1999 tot 2001 Minister van Finansies. Op 26 Maart 2001 is hy verkies tot Voorsitter van die Raad van Ministers (Eerste Minister) van Laos. Op 8 Junie 2006 het hy visepresident van die Demokratiese Volksrepubliek Laos geword.

Bounnhang se bande met Viëtnam loop diep. Hy het daar militêre opleiding ondergaan en, nadat hy in 1975 deel was van die stigting van die Laos Demokratiese Volksrepubliek, het hy sosialistiese denke daar studeer.

Hy het op 8 Junie 2006 visepresident geword toe Bouasone Bouphavanh as Eerste Minister aangestel is. By die 10de kongres van die Volksrevolusionêre Party van Laos op 22 Januarie 2016 is hy verkies tot algemene sekretaris van die party, wat hom die de facto leier van Laos gemaak het. Bounnhang Vorachit is met Khammeung Vorachit getroud en is die pa van drie seuns en twee dogters. Sy een dogter, Bounkham Vorachit, is 'n lid van die 11de LPRP Sentrale Komitee.

By die 11de kongres van die Volksrevolusionêre Party van Laos (2021) het hy as algemene sekretaris uitgetree ten gunste van Thongloun Sisoulith.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Bounnhang Vorachit BiografieBounnhang Vorachit Politieke loopbaanBounnhang Vorachit VerwysingsBounnhang Vorachit Eksterne skakelsBounnhang Vorachit15 Augustus1937De factoDe jureLao (taal)Laos

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Arabies-Israeliese konflikBybelHeks van HexrivierInstagramSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureOmgewingsbeheerCarles PuigdemontGipsEmfiseemJeuksiekteKlimaatsverandering in Suid-AfrikaSprokieKaapstadKrampD.J. OppermanFilistyneSwartkwasmuishondOnomatopeeWaarheid-en-versoeningskommissieMetaalJan van RiebeeckMasturbasieChristendomAborsieEienaamFamilie (verwantskap)Nag van die lang messeDesmond TutuEkologieNederlandEkonomiese sektorBeaufortskaalVervoerGrondwetSeevlakInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandWaatlemoenMalariaAfleiding (taalkunde)HoenderEngelandDiarreeVars waterElandréIngenieursweseAngolese BurgeroorlogSwangerskapCorioliskragKoperKlimaatveranderingTsoenamiSeevlakstygingMassaKewerNierversakingSeekoeiRacheltjie de BeerWillie JoubertMuishondGalblaasMigrasie van diereKongo-krisisKonsonantPersoonlike voornaamwoordOos-KaapDermpoliepBeurtkragLys van Afrikaanse skrywersProteïenGlobaliseringMikro-ekonomieWoordeboek🡆 More