Boulevard Saint-Germain

Boulevard Saint-Germain is die langste van Parys se boulevards of breë lane, geleë langs die Seine se linkeroewer (Rive Gauche) in die Quartier Latin-buurt en genoem na biskop Germain van Parys (496−576) en die kerk Saint-Germain-des-Prés wat aan hom gewy is.

Die boogvormige laan is in 1855 gebou, 30 meter wyd en 3 150 meter lank, as deel van Baron Haussmann se grootskaalse herstrukturering van Parys. Dit loop deur drie Paryse stadsdistrikte - die 5de, 6de en 7de arrondissements, vanaf die Seinebrug Pont de Sully in die ooste (naby die eiland Île Saint-Louis) tot die rivierbrug Pont de la Concorde in die weste. Die middelpunt van Boulevard Saint-Germain word gekruis deur een van Parys se ander groot lane, Boulevard Saint-Michel, wat in noord-suidelike rigting loop.

Boulevard Saint-Germain
Boulevard Saint-Germain
Boulevard Saint-Germain
Café de Flore

As een van die projekte wat uit Haussmann se stadsbeplanning voortgespruit het, word die Boulevard Saint-Germain deur homogene boukuns gekenmerk. Nogtans word hier 'n verskeidenheid leefstyle aangetref, van koffiehuiskultuur tot luukse modewinkels. Die Duitse mode-ontwerper Karl Lagerfeld se Paryse vlagskip-boetiek is in 2013 in 194, Boulevard Saint-Germain geopen - nie ver van die wyle modetsaar se Paryse woonstel en sy gunsteling-koffiehuis Café de Flore nie.

Terwyl in 1855 enersyds historiese geboue gesloop is om plek te maak vir die nuwe boulevard, het die argeoloog Théodore Vacquer (1824−1899) met sy span andersyds die geleentheid te kry om opgrawings in die buurt te doen. Die grootste en belangrikste versameling vondse uit die Merowingiese tydperk kan tans in die Carnavalet-museum besigtig word.

Verwysings

Tags:

ArrondissementParysQuartier LatinSaint-Germain-des-PrésSeine

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VolstruisOmtrek, oppervlakte en volumeSonnestelselVoegwoordSuurstofBosluisNatuurbewaringDialoog in fiksieGalblaasToerismeKonsentrasiekampArmoedeverligtingHartaanvalPoësieGasHolocaustCarike KeuzenkampIndustriële RevolusieMantisLys van Afrikaanse skrywersVloeistofLeeudoringstadLeeuPolisieCleopatra VIIOnomatopeeRefentse MorakeISimangaliso-vleilandparkKraaiMondGeelsugRivierVerenigde KoninkrykSebraWerkwoordAkroniemLeenwoordNederlandsArmoedeFiksieAfrikaanse woordelys en spelreëlsKrieketLuiperdLys van Afrikaanse televisiereekseWeer (meteorologie)Gevolge van aardverwarming op oseaneMusiekHoofpynTandbederfBoer (landbou)SneeuNasionale VrouedagToestand van materieParysWolkGroepsgebiedewetPornografiese akteurSamestellende afleidingAfrikaVingerseksTuisbladXenofobieKindermishandelingGetalHondTegnologieSelfmoordTafelsoutEreksieLenteSkildklierKoekie (rekenaarwetenskap)GemeenskapVigsLeonardo da VinciRugbySteenkool in Suid-Afrika🡆 More