Bosveldvisvanger

Die bosveldvisvanger is 'n lid van die genus Halcyon wat in Afrika voorkom.

Bosveldvisvangers is uiters aggressiewe verdedigers van hul gebied en sal selfs mense aanval wat as 'n bedreiging voorkom.

Bosveldvisvanger
Bosveldvisvanger
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Halcyon
Spesie:
H. senegalensis
Binomiale naam
Halcyon senegalensis
(Linnaeus, 1766)

Taksonomie

Die Sweedse natuurkundige Carl Linnaeus het die bosveldvisvanger onder die binomiale naam Alcedo senegalensis in die twaalfde uitgawe van sy Systema Naturae van 1766 ingesluit. Linnaeus het sy formele beskrywing op "Le Grand Martin-Pescher du Sénégal" gebaseer, wat in 1760 deur die Franse natuurkundige Mathurin Jacques Brisson beskryf en geïllustreer is. Die huidige genus Halcyon is in 1821 deur die Engelse natuurkundige en kunstenaar William John Swainson ingevoer, en wel met die bosveldvisvanger as tipespesie.

Subspesies

Drie subspesies word erken:

  • H. s. fuscopileus Reichenow, 1906 — Sierra Leone tot suidelike Nigerië en suidwaarts tot die DR Kongo en noordelike Angola
  • H. s. senegalensis (Linnaeus, 1766) — Senegal en Gambië tot Etiopië en noordelike Tanzanië
  • H. s. cyanoleuca (Vieillot, 1818) — suidelike Angola en westelike Tanzanië, suidwaarts tot in Eswatini en Suid-Afrika.

Identifikasie

In vergelyking met die ander visvangervoëls is die bosveldvisvangers van medium grootte en 20–23 cm in lengte. Die volwassenes het 'n helderblou rug, vlerkpaneel en stert. Aan die gesig, keel en onderlangs is hulle wit, maar die vlerkskouers is swart. Die vlug van die bosveldvisvangers is vinnig en direk. Die groot snawel het 'n rooi bo- en 'n swart ondermandibel en die bene is helderrooi. Sommige individue het 'n gryserige kop, wat verwarring met die manglietvisvanger veroorsaak.

Die gedeelte tussen die snawel en die oog is egter donker en skep 'n donker streek deur die oog (die streep stop by die oog in die geval van die manglietvisvanger). Die wit bors van die bosveldvisvanger is ook anders as die gryser bors van die manglietvisvanger.

Daar is nie 'n verskil tussen die voorkoms van die mannetjies en wyfies nie, maar die jonger voëls se kleure is nie so helder nie en hulle het 'n bruin snawel.

Habitat

Die bosveldvisvanger, soos sy naam aandui, is 'n algemende spesie in die bosveld of ander bebosde en boomagtige gebiede, veral waar Akasiabome voorkom. Alhoewel die voël 'n "visvanger" is, kom hy in droër habitatte voor en kan soms ver van water woon. Bosveldvisvangers is alleenlopers, maar kan ook in klein groepe aangetref word.

Verspreiding

Bosveldvisvangers kom voor in die tropiese dele van Afrika suid van die Sahara en noord van Pretoria. Die voëls woon hoofsaaklik binne 8° van die ewenaar, maar Noordelike en Suidelike bevolkings migreer wel na die ewenaar tydens droë seisoene.

Voortplanting

Daar word tipies drie ronde, wit eiers gelê. Die nes word egter nie self gebou nie, maar gate in bome (soos dié wat deur 'n houtkapper gemaak word) word gebruik.

Voedsel

Die bosveldvisvanger jag van 'n oop tak af, of sal stil sit in gedeeltelike skaduwee en na kos soek. Die prooi is meestal 'n wye verskeidenheid insekte, maar ook spinnekoppe en ander geleedpotiges, slange, visse en paddas.

Geluid

Die geluid van hierdie luidrugtige voël is 'n harde tril.

Ander name

Ander name sluit in Angolavisvanger in Afrikaans, woodland kingfisher, red-and-black-billed kingfisher, Angola kingfisher of Senegal kingfisher in Engels, Senegalliest in Duits, Muningi in Kwangali, en uNongozolo in Zoeloe.

Sien ook

Bronne

Verwysings

Tags:

Bosveldvisvanger TaksonomieBosveldvisvanger IdentifikasieBosveldvisvanger HabitatBosveldvisvanger VerspreidingBosveldvisvanger VoortplantingBosveldvisvanger VoedselBosveldvisvanger GeluidBosveldvisvanger Ander nameBosveldvisvanger Sien ookBosveldvisvanger BronneBosveldvisvanger VerwysingsBosveldvisvanger

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Labia (geslagsdele)Drie SusterskerkePankreasAgter Elke ManHemelvaartsdagHeilige SaterdagWiskundeAngssteuringWortelRenier van RooyenWeer (meteorologie)PersentasieOlimpiese godeSuikersiektePG du PlessisOpgestopte speelgoedMiddeloorontstekingSteve HofmeyrGedigAlfabetSowjetunieGianna MichaelsEuropaRussiesEuropese RugbykampioenskapMuskeljaatkatBloedvergiftigingAllergieSmaakAsmaVyfsterAfkappingstekenDroomWaarheid-en-versoeningskommissieBateBoet TroskieKompasLys van elemente volgens simboolSolidariteitSuid-AfrikaPornhubVulkaanAfrikaanse naguilOntsteking (geneeskunde)GalblaasBoeberAswoensdagWiki CommonsProvinsies van Suid-AfrikaTropiese sikloonOssewaIranRooikatAbstraksie (rekenaarwetenskap)BreinvliesontstekingSkaakBynierAtriale fibrillasieLys van slangeMarsVolumeHartversakingHannes van WykHernubare energieSpookvoëlAardeJohannes VermeerJada FireWashington, D.C.VerkleurmannetjieWikiquoteNarsismeKrampGeslagsorgaan🡆 More