Bosumtwimeer

Die Bosumtwimeer (Bosomtwe, Bosomtwi) is Ghana se enigste natuurlike meer.

Bosumtwimeer
Bosumtwimeer
Nasa-Satellietbeeld van die Bosumtwimeer
Koördinate:6°30.3′N 1°24.5′W / 6.5050°N 1.4083°W / 6.5050; -1.4083 1°24.5′W / 6.5050°N 1.4083°W / 6.5050; -1.4083
Ligging:Asjanti-streek, Ghana
Soort:Natuurlike meer, Impakkratermeer
Oppervlakte:400 km² (150 myl²)
Gemiddelde diepte:45 meter (148 voet)
Maksimum diepte:81 meter (266 voet)
Lengte:8,6 km (5,3 myl)
Breedte:8,1 km (5,0 myl)
Invloei:Reënval
Uitvloei:geen
Nedersettings:Kumasi

Ligging

Die kratermeer lê in die Asjanti-streek van die land, op 'n afstand van 27 km suidoos van Kumasi. Dit is by die koördinate 6° 30′ 8.7″ noord en 1° 24′ 53.6″ wes. Rondom die meer is daar 'n dertig nedersettings met 'n 70 000 inwoners.

Meer

Die krater met 'n deursnee van 10½ km is 'n miljoen jaar gelede gevorm weens 'n meteoorietinslag. Die meer het 'n opvanggebied van 400 km² en word gevoed deur stroompies vanaf die kraterwand. Op die aardoppervlakte is daar geen uitlaat vir die water met 'n rivier wat na die see toe vloei nie. Die krater skep amper 'n ronde meer met 'n lengte van 8,6 km van noord na suid en 8,1 km van wes na oos. Dus het dit 'n oppervlakte van nagenoeg 50 km² en dit is 80 m op sy diepste. Soms raak die water onrustig, raak donker van kleur, ruik na swawel en dooie visse dryf dan op die oppervlakte. Hierdie meer is al vergelyk met die Guinasmeer en die Otjikotomeer.

Folklore

Die Ashanti beskou die meer as heilig. Volgens hul tradisionele geloof neem siele van afgestorwenes hier afskeid van die god Twi. Daarom is dit slegs toelaatbaar om vanaf houtstellasies in die meer vis te vang.

Ekonomie

Die bewoners van die oewers is vissers en kleinboere. In die 1970’s het toeriste die meer met sy stilte, groen omgewing en besondere uitsigte begin besoek. Daarom is dit daar teenswoordig in vakansietye druk. Besoedeling het 'n groot probleem geword.

Verwysings

Bibliografie

  • icdp-online.org
  • pubs.er.usgs.gov
  • tripadvisor.co.za
  • univie.ac.at

Tags:

Bosumtwimeer LiggingBosumtwimeer MeerBosumtwimeer FolkloreBosumtwimeer EkonomieBosumtwimeer VerwysingsBosumtwimeer BibliografieBosumtwimeerGhanaMeer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KletsrymOorkruipersCristiano RonaldoBrongitisMobutu Sese SekoVakbondGalileo GalileiLongontstekingGlasHemelBesemGesonde dieetGrondwet van Suid-AfrikaDarwinismeVryheid van spraakKaapstadPrimêre sektor van die ekonomieKonflik (proses)Nasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaGamelanHoenderNaaldekokerRoofvoëlHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalHulpwerkwoordLys van Joodse feeste en herdenkingsGroepsgebiedewetLandbouMartin Luther King jr.KunsMuskietVoorsetselInentingN.P. van Wyk LouwVierkantswortel7de LaanEnkelvoudige sinEnsiklopedieSuiwelprodukBeeldspraakAspoestertjieLys van Kaapstad se voorstedeSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994VratMeervoudVergelykings (taalkunde)WoordsoortKarakteriseringEjakulasieInternetVlinderBeroerteSomerVerkoueKoringDialoog in fiksieOnderwysBloeddrukLionel MessiBernice WestTransatlantiese slawehandelWikimedia-stigtingAntjie SomersPlastiekSosiale mediaLuiperdKameelperdLabia (geslagsdele)BysteekAardedagSout (chemiese stof)Gregoriaanse kalenderNederlandsParkinson se siekteIdioomKolitisLandbou in Suid-AfrikaJazz🡆 More