Die Bosrooiessenhout (Trichilia dregeana) is 'n middelmatige tot groot woudboom wat ook bekend staan as die Basteressenhout.
Bosrooiessenhout Basteressenhout | |
---|---|
Bosrooiessenhout in kuskranswoud | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Sapindales |
Familie: | Meliaceae |
Genus: | Trichilia |
Spesie: | T. dregeana |
Binomiale naam | |
Trichilia dregeana Sond., (1860) | |
Sinonieme | |
|
Die boom se FSA-nommer is 300.
Die sewe tot elf blaartjies van die groot saamgestelde blaar het sewe tot twaalf sywaartse are, tipies minder as by die eenderse Rooiessenhout. Die vrug is rooierig bruin en sferies, en sowat 3 cm in deursnee. Soos by die Rooiessenhout word die swart sade byna omhul deur 'n rooi aril.
Dit is inheems aan woude van die KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap. In die res van Afrika is die boom inheems in Angola, Demokratiese Republiek die Kongo, Ethiopië, Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Liberië, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Wiki Commons bevat media in verband met Bosrooiessenhout. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Bosrooiessenhout, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.