Boompie-Verplant: 'n Kinderspel

Boompie verplant is 'n speletjie, soortgelyk aan derdemannetjie, wat deur kinders gespeel word.

Die kinders tree in twee kringe aan, een binne die ander, sodat daar voor elkeen in die buitekring iemand in die binnekring staan. As daar ewe veel seuns as meisies is, kan die buitenste kring die "Adams" wees en die binnekring die "Evas". Indien nie, kies 'n oorspronklike naam vir die buitenste en die binneste kring.

'n Spelleier gee dan aan die twee kringe aparte opdragte. Hy kan byvoorbeeld uitroep, "binnekring, vier plekke links", waarna die binnekring verby vier maats na links skuif. As die spelleier skree, "binnekring, boompie verplant", moet die binnekring so gou moontlik na hulle oorspronklike maats terughardloop. As hy skree: "buitekring, boompie verplant", moet die buitekring weer hulle maats soek. Die leier kan ook net skree, "boompie verplant", waarna almal moet rondskarrel om by hulle oorspronklike maats te kom.

Die een wat die laaste is om by sy maat te kom, word die nuwe spelleier. As 'n variasie kan 'n permanente leier (moontlik 'n onderwyser of toesighouer) aangestel word, wat diegene wat laaste is speel-speel met 'n lat raps.

Verdere naleeswerk

Sien ook

Tags:

DerdemannetjieKind

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Waarheid-en-versoeningskommissieKonsentrasiekampHartversakingPerdLionel MessiSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureRina HugoBeurtkragKlinkerAlliterasieKlem-in-die-kaakGroot TrekAarverkalkingNierApostoliese GeloofsbelydenisNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaKarakteriseringPretoriaKlereNicole StraussKasteel die Goeie HoopGeelhoutTsoenamiLongSeevlakstygingAfrikaanse taalleerSan Andreas-breukFiksieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994KrugerwildtuinBernice WestLys van Afrikaanse televisiereekseCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaVrystaatUitwerking van klimaatsveranderingVoedingGlobaliseringBek-en-klouseerWoestynMeningsverskil oor aardverwarmingSokkerWiki CommonsNoord-KaapMobutu Sese SekoZack du PlessisWoordeboek van die Afrikaanse TaalBurgerregteDikdermOrgasmeVermenigvuldigingPoësieHemelvaartsdagGestremdheidAngina pectorisHokkieLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)HamburgerKommunismeCorioliskragBlaarLewerVervoerKewerInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandKapitalismeTradisionele literatuurTrekarbeidPankreasOos-KaapRobbeneilandLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHigiëneBTW🡆 More