Boolse Algebra

Boolse Algebra, vernoem na George Boole (1815-1864), is 'n wiskundige model vir die bewerking van kombinasies van digitale eenhede.

'n Digitale eenheid het een van twee toestande: HOOG of LAAG. Dit word dikwels aangedui met 'n 1 of 0.

Hierdie boolse algebra kom baie handig te pas by die ontwikkeling van rekenaar en ander digitale elektroniese sisteme soos kombinasielogika en sekwensiële logika. Boolse algebra word ook soms skakelalgebra genoem wanneer dit gebruik word in die analise van digitale stroombane.

Bewerkings

Die verskillende boolse algebra bewerkings, 'n voorbeeldvergelyking vir elk en die betekenis van elke bewerking word hieronder in Tabel 1 gegee. In elke voorbeeldvergelyking is F die uitset en A en B die twee insette.

Tabel 1. Boolse algebra bewerkings
Bewerking Voorbeeld Betekenis
NIE Boolse Algebra 

Boolse Algebra 

Die uitset is die teenoorgestelde van die inset. As A 1 is, is F 0 en andersom.
EN Boolse Algebra 

Boolse Algebra 

Die uitset is slegs 1 wanneer beide die insette 1 is. F is 1 indien A EN B albei 1 is.
NEN

(NIE EN)

Boolse Algebra  Die uitset is slegs 1 wanneer beide die insette 0 is. F is 1 indien A EN B albei NIE 1 is.
OF Boolse Algebra  Die uiset is 1 wanneer enige van die insette 1 is. F is 1 wanneer A OF B 1 is.
NOF

(NIE OF)

Boolse Algebra  Die uiset is 1 wanneer enige van die insette 0 is. F is 1 wanneer A OF B NIE 1 is.
XOR Boolse Algebra  Die bewerking is 'n eksklusiewe-of (Exclusive-or in engels). Die uitset is 1 slegs wanneer die twee insette verskillend is. Die bewerking wat uitgevoer word is Boolse Algebra 
XNOR

(NIE XOR)

Boolse Algebra  Dit is die omgekeerde van XOR. Die uitset is slegs 1 wanneer die twee insette verskillend is. Die bewerking is dus Boolse Algebra 

Enige boolse funksie kan in terme van die bogenoemde bewerkings uitgedruk word, vir enige hoeveelheid insette en bewerkings.

Waarheidstabel

'n Waarheidstabel is 'n voorstelling van 'n boolse funksie waar die uitset gegee word vir alle kombinasies van die insette. 'n Waarheidstabel vir twee insette A en B word hieronder gegee vir al die bogenoemde funksies.

Tabel 2. Waarheidstabel
Boolse Algebra  Boolse Algebra  Boolse Algebra  Boolse Algebra  Boolse Algebra  Boolse Algebra  Boolse Algebra  Boolse Algebra  Boolse Algebra 
0 0 1 0 1 0 1 0 1
0 1 1 0 1 1 0 1 0
1 0 0 0 1 1 0 1 0
1 1 0 1 0 1 0 0 1

Aksiomas

Die aksiomas (of postulate) van 'n wiskundige stelsel is die minimum stel van basiese definisies wat as waar beskou word vanwaar alle ander inligting oor die stelsel afgelei kan word. Die aksiomas van Boolse algebra (skakelalgebra) word in Tabel 3 gegee.

Tabel 3. Aksiomas
Boolse Algebra  Boolse Algebra 
Boolse Algebra  Boolse Algebra 
Boolse Algebra  Boolse Algebra 
Boolse Algebra  Boolse Algebra 
Boolse Algebra  Boolse Algebra 

Teoremas

Boolse algebra teoremas is stellings wat altyd waar is, wat gebruik kan word om uitdrukkings te manipuleer of om dit te vereenvoudig. Teoremas vir een- en twee veranderlikes en hul name word in Tabel 4 hieronder gegee.

Tabel 4. Teoremas
Een veranderlike
Boolse Algebra  Boolse Algebra  Identiteite
Boolse Algebra  Boolse Algebra  Nul elemente
Boolse Algebra  Boolse Algebra  Idempotensie
Boolse Algebra  Involusie
Boolse Algebra  Boolse Algebra  Komplemente
Twee of drie veranderlikes
Boolse Algebra  Boolse Algebra  Kommutatiwiteit
Boolse Algebra  Boolse Algebra  Assosiatiwiteit
Boolse Algebra  Boolse Algebra  Distributiwiteit
Boolse Algebra  Boolse Algebra  Dekking
Boolse Algebra  Boolse Algebra  Kombinering
Boolse Algebra  Boolse Algebra  Konsensus

Nog 'n belangrike teorema is DeMorgan se teorema. Vir twee veranderlikes, X en Y, kan dit soos volg beskryf word:

Boolse Algebra , of

Boolse Algebra 

Hierdie reël kan uitgebrei word vir uitdrukkings met baie veranderlikes.

Tags:

Boolse Algebra BewerkingsBoolse Algebra WaarheidstabelBoolse Algebra AksiomasBoolse Algebra TeoremasBoolse Algebra18151864BisGeorge BooleWiskunde

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Verlede tydHeupJakkalsSoutsuurStadTydsoneSeekatFeminismeCholeraMenseregtedagHondKoolhidraatSoweto-opstandMusiekAtletiekKaapstadSelakantSuid-Afrikaanse randLys van Afrikaanse rolprenteKlereMorfologie (taalkunde)Plae van EgipteCovid-19-pandemieEskomGrondsoorteGoudkus (streek)Ekonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaVormSkilpadToestand van materieJuraSteve BikoLys van chemiese elemente volgens atoomgetalFinansiële staatWetenskapMigrasie van voëlsKaapstadse waterkrisis 2015-2018SelGoudGroot TrekAfrikaAntisemitismeMenstruasieLabia (geslagsdele)GautengOopbroninhoudGawes van die Heilige GeesLeierAbstraksie (rekenaarwetenskap)GeldRenosterErosietipesGenadedoodStilleweMalariaPretoriaTydGevolge van aardverwarming op oseaneWaterSan Andreas-breukGeweldBeesIndustriële RevolusieTrekarbeidPeriodieke tabelKrampLangste woordTsoenamiKaapse florarykSuid-Afrikaanse GrensoorlogFacebookNetbalVergelykings (taalkunde)Menslike seksuele gedragTweede WêreldoorlogSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994🡆 More