Bonsmara: Soorte bees ras

Die bonsmara is 'n inheemse Suid-Afrikaanse bees wat in die dertigerjare (van die vorige eeu) by die navorsingstasie Mara spesiaal vir die subtropiese Suid-Afrikaanse klimaatstoestande geteel is.

Bonsmara: Soorte bees ras
'n Bonsmarabul in Namibië

Die Afrikanerbees van Suid-Afrika en die Korthoring en die Hereford van Brittanje is die drie beesrasse wat vir die ontwikkeling van die Bonsmara gebruik is. Die projek vir die teel van die Bonsmara het onder leiding van prof. J.C. Bonsma gestaan, en die ras se naam is uiteindelik aan sy familienaam ontleen.

Afrikanerbeeste is gebruik weens hul goeie vleiseienskappe, uierontwikkeling en gladde vel, en omdat hulle meer as enige ander ras teen die plaaslike siektes bestand is.

Na die aanvanklike kruising tussen bulle van die twee Britse rasse en uitsoek-Afrikanerkoeie is die halfbloed-bulkalwers uitgesoek en is hulle met Afrikanerkoeie gepaar, terwyl die beste halfbloedverse met opreggeteelde Afrikanerbulle gekruis is. Op die manier is daar 'n bees ontwikkel wat driekwart Afrikaner en 'n kwart uitheems was. Die beste bulkalwers uit hierdie kruisings is uitgesoek en die kruising van halfbloed- en driekwartbloeddiere is as die ideale dier beskou. Hierdie bees was drie agstes Korthoring/ Hereford en vyf agstes Afrikaner. Bonsmaras het 'n kenmerkende rooibruin kleur en is sterk in aanvraag weens hul goeie vleiseienskappe.

Bronnelys

Tags:

BeesMara

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DoelwitMetafoorMuskietSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureVlagterminologieKaapse florarykKaliumZack du PlessisYsterVloeistofEerste WêreldoorlogVarkgriepVerlede tydFrederik Willem de KlerkSoweto-opstandCarles PuigdemontLys van chemiese elemente volgens atoomgetalMigrasie van voëlsOntbossingInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidReg tot ‘n gesonde omgewingSkuinsstreepPaasfeesLys van musiekinstrumenteRussiese inval in Oekraïne sedert 2022MenseregteNeurenberg-verhoreBrandmondsindroomWerkloosheidRosa ParksKaapstadGeweldSekondêre sektor van die ekonomieLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaRomanMiddeloorontstekingLetterkundeMaagPlae van EgipteDriehoekBreinvliesontstekingByBestuiwingSeksuele opwekkingBoomslangSikloonMonumentPaddaToringEjakulasieBipolêre gemoedsteuringSkaakTamatieGemeenskapSwart menseKoorsHemelvaartsdagSpysverteringstelselWhatsAppHannes van WykMona LisaKarakteriseringSpringbokGroot vyfGeskiedenis van Suid-AfrikaToekoms van die AardeErfenisdag (Suid-Afrika)WaterkringloopKewerJagluiperdNoag se arkPeach van Pletzen🡆 More