Bonné De Bod: Suid-Afrikaanse televisie-aanbieder

Bonné de Bod is 'n bekroonde televisie-aanbieder en -vervaardiger wat al vir meer as tien jaar in Afrikaans en Engels intensief verslag doen oor omgewingskwessies en bewaringsake wat haar na aan die hart lê.

Sy is bekend as 'n gewese aanbieder van 50/50, sowel as die aanbieder en vervaardiger van haar dokumentêre films - STROOP: Journey into the Rhino Horn War en Kingdoms of Fire, Ice & Fairy Tales. Sy is ook die aanbieder en vervaardiger van die televisieprogram, Rhino Blog, en is 'n gereelde gas op nuuskanale en radiostasies.

Bonné de Bod
Bonné de Bod tydens die verfilming van STROOP
Bonné de Bod in 2015
Gebore
Bonné de Bod

11 Junie 1981
Kempton Park, Transvaal
NasionaliteitSuid-Afrika
Alma materUniversiteit van Pretoria
BeroepTV- en rolprentaanbieder
Bekend virDokumentêre programme

Biografie

Na skool het sy B. Com Bedryfsielkunde aan die Universiteit van Pretoria studeer. 'n Groot deel van die koshuislewe het bestaan uit verhoogproduksies en terwyl sy in 'n produksie opgetree het, het 'n modelagentskap haar genader vir 'n kontrak in Kaapstad. Na haar studies het sy haar modelloopbaan begin, terwyl sy ook drama gestudeer het. Na drie jaar het sy haar dramakursus voltooi en begin verskyn in sepies soos Villa Rosa, Egoli en 7de Laan. Hoewel sy dit geniet het om karakters se rolle te vertolk, het sy begin besef dat as sy op televisie gaan wees, sy haarself wil wees en nie 'n karakter wil vertolk nie. Sy is 'n modeleringskontrak in Londen aangebied en terselftertyd ook die pos van veldaanbieder op SABC se omgewingsprogram, 50/50, aangebied. Dit was nie vir haar moeilik om op laasgenoemde te besluit nie, aangesien haar liefde vir die natuur van jongs af deur haar grootouers, wat haar en haar susters twee keer per jaar tydens skoolvakansies na die Krugerwildtuin geneem het, gekweek is.

50/50

Sy was vir sewe seisoene, vanaf 2010 tot 2016, as veldaanbieder by 50/50 betrokke, waar sy 'n wye verskeidenheid onderwerpe en temas gedek het.

STROOP

Terwyl sy en die filmmaker, Susan Scott, in die Krugerwildtuin by twee gestroopte renosterkarkasse met verfilming vir 50/50 besig was, het sy besef sy wil aan almal wys wat op grondvlak met renosters gebeur in 'n dokumentêre rolprent sonder sensors, sodat niemand kan sê hulle het nie van die renosterstroopkrisis geweet nie. Sy het besluit om al haar aandag en tyd net aan STROOP: journey into the rhino horn war ('n onafhanklike film wat onder andere met behulp van gemeenskapsfinansiering vervaardig is) te wy, met die hulp van Susan Scott. Sy en Susan het hul lewens gewaag en gevare getrotseer om agter die ware feite van die renosterstroopkrisis te kom. Die rolprent is amptelik vir 40 internasionale filmfeeste gekies en het 30 internasionale toekennings ontvang. De Bod is in 2019 saam met onder andere Dame Judi Dench genomineer vir 'n Jackson Wild-media toekenning vir die beste aanbieder by die Jackson Wild filmfees ook bekend as die "Oscars" van natuurlewe filmfeeste.

Rhino Blog

Terwyl sy en Susan Scott besig was met verfilming van STROOP het hulle besef dat daar baie aspekte van die renosterstroopskrisis is wat nie in die rolprent verskyn nie en het toe besluit om 'n bygaande televisiereeks, Rhino Blog, vir die DSTV-kanaal, People's Weather, te vervaardig wat die positiewe werk wat gedoen word in die renosteroorlog, uit te lig.

Kingdoms of fire, ice and fairytales

Ná hulle lang reis met die Stroop-dokumentêr het De Bod en Scott besluit om drie magiese wildernisse: Yellowstone Nasionale Park in die VSA, die Swartwoud in Duitsland en die Noordpoolsirkel in Swede se Lapland, te verfilm. Aanvanklik wou hulle dit in 'n televisiereeks van dertien episodes ontwikkel, maar as gevolg van die Covid-19 pandemie het hulle dit in 'n dokumentêre rolprent, Kingdoms of Fire, Ice & Fairy Tales verwerk. Die film is gekies om by sewe internasionale filmfeeste vertoon te word en het al talle toekennings ingepalm. Die bekende filmkritikus, Leon van Nierop, noem dat Kingdoms asembenewend is, maar dat dit die entoesiasme en respek waarmee De Bod die natuur waarneem is wat die rolprent so merkwaardig maak. Verder sê hy ook dat die manier waarop sy altyd een word met die landskappe, die dryfkrag agter die rolprent is.

Bewonder & Bewaar

Vir die eerste seisoen van hierdie kykNET-televisiereeks van dertien episodes, Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod het De Bod en regisseur, Susan Scott, natuurlewe-navorsers in bekende wildernisgebiede van Suid-Afrika, Namibië en Argentinië besoek. Die reeks is daarop gemik om kykers meer te leer oor die navorsers se baanbrekers-navorsingsprojekte en ook om meer uit te vind oor hulle as mense wat hul drome in die natuur uitleef. Die reeks toon onder andere navorsing op wildehonde in die Kruger Nasionale Park, poemas in Patagonië, Argentinië, woestynleeus in Namibië en pikkewyne op Dasseneiland.

Nuuskanale

Sy verskyn gereeld op eNCA en SABC om oor verskeie renoster- en omgewingskwessies te gesels.

Grootplaas: Sy verskyn gereeld op die kykNET-program, Grootplaas, om oor die omgewing en veral renosters te gesels.

Verder skryf De Bod artikels en daar word baie radio-onderhoude met haar gevoer oor omgewingskwessies, en spesifiek renosterstropery.

Toekennings

  • 2015: SANPARKE Kudu-toekenning vir 'Beste Joernalis', wat sy ontvang het vir haar passievolle, gebalanseerde verslaggewing oor wildlewebewaringskwessies asook omdat sy die publiek op hoogte hou en inlig oor omgewingskwessies in Suid-Afrika.
  • 2016: ATKV- Mediaveertjie vir 'Beste Insetsel In 'n Opvoedkundige Program'.
  • 2019: SANPARKE Kudu-toekenning vir 'Beste Joernalis', wat sy saam met Susan Scott deel vir hul ondersoekende en in-diepte verslaggewing in Stroop (rolprent).
  • 2020: Impact DOCS toekenning vir 'Beste Aanbieder' in Kingdoms of Fire, Ice and Fairy Tales.
  • Impact DOCS toekenning vir 'Beste Stemwerk-beskrywing' vir Kingdoms of Fire, Ice and Fairy Tales.

Bronne

  • Bonné de Bod - Biografie op IMDb
  • Lydia van der Merwe: Bewakers van die ou grotes. Sarie-tydskrif, Februarie 2016
  • Era Baloyi: An award-winning television presenter and filmmaker, Bonné de Bod. Quick Read Magazine, 2 Julie 2017
  • Esté Meyer Jansen: Bekroonde rolprentmakers terug met nuwe natuurlewefliek. Maroela Media, 4 September 2020

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Bonné De Bod BiografieBonné De Bod ToekenningsBonné De Bod BronneBonné De Bod VerwysingsBonné De Bod Eksterne skakelsBonné De Bod50/50AfrikaansEngelsKingdoms of Fire, Ice & Fairy TalesStroop (rolprent)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DiarreeSpringbokKaapse florarykGeslagArabies-Israeliese konflikMIVRymDiamantInnes en Franna BenadéGrondbesoedelingMensLetterlike en figuurlike taalgebruikEjakulasieGeskiedenis van die BoererepubliekeInvloed van vigs op die ekonomieMieliestronkLys van chemiese elemente volgens atoomgetalEkonomie van Suid-AfrikaGenitale vratYstertydperkMosambiekkanaalGroepsgebiedewetRooibokHartKinderregteBruin menseHomoniemAtoomEkotoerismeCalviniaDesimale breukeUitwerking van klimaatsveranderingAnneli van RooyenLys van nedersettings in Suid-AfrikaMantis1990VersamelnaamTropiese sikloonSeksualiteitBank (finansiële instelling)AfrikanersDiatomiese molekuulSelfstandige naamwoordGeweldLewerPuberteitMaatskappyVennootskapLettergreepKoppeltekenWaterpokkiesNamakwalandMenslike seksuele gedragVars waterRomanOnse VaderPseudowetenskapBlomMassaAkuutWoordeboekWeerfrontErfenisNapoleon BonaparteJudaïsmeMetaalKindermishandelingNederlandsHartversaking1913OrgasmeAfrikaSkuinsstreepKankerSinoniemWaterSpreeu🡆 More