Bongani Mayosi

Bongani Mawethu Mayosi (28 Januarie 1967 – 27 Julie 2018) was'n Suid-Afrikaanse professor in kardiologie aan wie sy land se hoogste eerbewys, die Orde van Mapungubwe (silwer), in 2009 toegeken is.

Hy was die dekaan van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit van Kaapstad en 'n A-gegradeerde Nasionale Navorsingstigtingnavorser. Hy was voorheen hoof van die Departement Geneeskunde aan die Universiteit van Kaapstad en die Groote Schuur-Hospitaal. Sy vader was 'n dokter en so ook sy vrou; sy navorsing het rumatiekkoors, tuberkuleuse perikarditis en kardiomiopatie ingesluit. Hy was 'n lid van die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika en 'n voormalige president van die Kollege van Geneeskunde van Suid-Afrika.

Bongani Mayosi
Gebore (1967-01-28)28 Januarie 1967
Mthatha, Suid-Afrika
Oorlede 27 Julie 2018(2018-07-27) (ouderdom 51)
Kaapstad, Suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrikaner
Alma mater Nelson R Mandela Skool vir Geneeskunde, Universiteit van KwaZulu-Natal
Universiteit Kaapstad
Universiteit Oxford
Bekend vir Professor in Geneeskunde
Dekaan van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe

Loopbaan

In 2017 is hy verkies tot die Amerikaanse Nasionale Akademie vir Geneeskunde. Professor Mayosi het meer as 300 eweknie-geëvalueerde akademiese artikels individueel en gesamentlik gepubliseer. Hy was deel van die span wat een van die gene ontdek het wat  die lewensbedreigende hartsiekte, aritmiogeniese regterventrikulêre displasie, veroorsaak. Hierdie ontdekking word beskou as een van die belangrikste mediese deurbrake in Suid-Afrika sedert die eerste mensehartoorplanting.

Mayosi was voorsitter van die span wat deur die Suid-Afrikaanse Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, aangewys is om onreëlmatighede en wanadministrasie te ondersoek in die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA), die organisasie wat gesondheidswerkers registreer, reguleer en van riglyne voorsien.

Dood

Mayosi is op 27 Julie 2018 weens selfdood oorlede nadat hy vir twee jaar aan kliniese depressie gely het. Agt maande voor sy dood het hy sy bedanking ingedien, maar dit is oënskynlik van die hand gewys. Hy was geoormerk vir 'n alternatiewe pos, naamlik die hoof van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad, sodat hy sy "baie stresvolle" huidige werk kon verlaat. Die president van Suid-Afrika, Cyril Ramaphosa, het sy meegevoel met Mayosi se afsterwe betuig.

Verwysings

Tags:

1967201827 Julie28 JanuarieGroote Schuur-hospitaalOrde van MapungubweRumatiekkoorsUniversiteit van Kaapstad

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Adolf HitlerBaarmoederArmand AucampPersentasieDie Stem van Suid-AfrikaNamibiëRoekelose DadeSwartbewussynsbewegingProvinsies van Suid-AfrikaAuschwitz-konsentrasiekampBlourokkeOraniaRynhesseSerafín DengraLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameSlag van BloedrivierKoppeltekenGoeie VrydagNatuurbewaringFritz WepperHondsdolheidNasiebouMamelukWynsteenTweede WêreldoorlogOrkaan GustavTropiese huisgeitjieXhosaGebande muishondNederlandKomeetKarlien van JaarsveldGesinsdagNieuwoudtvilleAfrikaanse taalleerInligtingMartin BesterGemengde ekonomieBrasiliëDrie SusterskerkeIerse nasionale rugbyspanNoord-KaapWaldimar PelserBreinvliesontstekingWaarheid-en-versoeningskommissieKoorsblaarDulcie van den BerghVolumeDikdermNazi-saluutFamilie (verwantskap)Klein-KarooNamakwalandSean CombsBeesLys van politieke partye in Suid-AfrikaOntbinding van die SowjetunieLys van Afrikaanse skrywersRykie van ReenenGriekelandEkologieAppendiksKoos du PlessisDissipel vir wie Jesus baie lief wasBTWPoësiePaarl GimnasiumAlvin BruindersMorfologie (taalkunde)IndonesiëAndré Schwartz🡆 More