Bongani Baloyi

Bongani Michael Baloyi (gebore 28 Februarie 1987) is 'n Suid-Afrikaanse politikus.

Hy het as burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit tussen 2013 en 2021 gedien. Hy was op daardie stadium slegs 26 jaar oud en het gevolglik die jongste burgemeester in Suid-Afrikaanse geskiedenis geword. Baloyi is 'n lid van die Demokratiese Alliansie.

Bongani Baloyi
Bongani Baloyi
Baloyi in 2019

Ampstermyn
29 Augustus 2013 – 1 November 2021
Voorafgegaan deur Timothy Nast
Opgevolg deur Peter Teixeira

Persoonlike besonderhede
Gebore Bongani Michael Baloyi
28 Februarie 1987 (1987-02-28) (37 jaar oud)
Thokoza, Suid-Afrika
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Politieke party Demokratiese Alliansie

Vroeë lewe

Baloyi is op 28 Februarie 1987 in Thokoza, suidwes van Alberton aan die Oos-Rand, gebore. Hy het op 'n jong ouderdom in politiek begin belangstel.

Politieke loopbaan

Baloyi het in 2005 'n lid van die Demokratiese Alliansie geword. Hy was sedertdien lid van die party se Uitvoerende Komitee van die Vaalstreek, die Provinsiale Uitvoerende Komitee en die Federale Raad. Hy was ook 'n deelnemer aan die DA se Jong Leiers-program.

Hy is in Mei 2011 as 'n proporsioneel-verteenwoordigende raadslid van die Midvaal-munisipaliteit verkies. Burgemeester Timothy Nast het hom as die lid van die burgemeesterskomitee vir ontwikkeling en beplanning aangestel. Nast het in Julie 2013 bedank nádat hy tot die Gautengse Beplanningskommissie aangewys is. Baloyi is as sy opvolger verkies en op 29 Augustus 2013 ingehuldig. Hy is hierna in Augustus 2016 vir 'n volle termyn as burgemeester verkies.

Onder Baloyi se leiding het Midvaal ses opeenvolgende ongekwalifiseerde ouditverslae ontvang. In Maart 2020 kondig hy aan dat hy nie beskikbaar is vir herverkiesing in 2021 nie. Daar word in politieke kringe bespiegel dat Baloyi 'n moontlike kandidaat vir die DA-leierskap kan wees.

Insidente

Baloyi en 'n ANC-lid is op 29 September 2018 in hegtenis geneem nadat hulle aanrandingsklagtes teen mekaar ingedien het, na 'n voorval tydens 'n boomplantgeleentheid in Savannah City. Hy is op borgtog vrygelaat en die aanrandingsaak is later teruggetrek.

Verwysings

Eksterne skakels

  • Bongani Baloyi  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Bongani Baloyi Vroeë leweBongani Baloyi Politieke loopbaanBongani Baloyi InsidenteBongani Baloyi VerwysingsBongani Baloyi Eksterne skakelsBongani Baloyi198728 FebruarieBurgemeesterDemokratiese AlliansieMidvaal Plaaslike Munisipaliteit

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Jacques LootsMasturbasieDiarreeNagapieAardeKarpaletonnelsindroomGeelslangSiembambaNarkoseAngina pectorisSwartbewussynsbewegingAkira ToriyamaTonnels van Củ ChiWikipediaGeslagsorgaanSeksualiteitSteve BikoSerafín DengraSterJesus van NasaretBatmanPG du PlessisLys van Suid-Afrikaanse atletiekrekordsGalblaasBywoordNuwe Testament1991Sean CombsLys van woestyneProvinsies van Suid-AfrikaNasiebouAnrich HerbstAngssteuringWortelkanaalSeksposisieDemensieByvoeglike naamwoordMisdaadEuropaWes-AfrikaSlaapapneeBelgiëTolla van der MerweEuropese Suidelike SterrewagStrandbeestJaco du PlessisWikiPlantHoërskool NoordheuwelPampoentjiesDikdermFilosofieVaginale kankerKlein-KarooRob HersovOopbroninhoudMartin BesterDoopAnilingusLikkewaanPaddaWayde van NiekerkPinksterKomeetApostoliese GeloofsbelydenisFiksieDanie du ToitKolitisNieuwoudtvilleTrappe van vergelykingChristendomAbstraksie (rekenaarwetenskap)Ptolemeus🡆 More