Rolprent Bohemian Rhapsody

Bohemian Rhapsody is 'n biografiese film oor die Britse rockgroep Queen.

Dit volg die sanger Freddie Mercury se lewe, tot met Queen se Live Aid-vertoning in 1985 in die Wembley-stadion. Die rolprent is 'n gesamentlike Brits-Amerikaanse onderneming wat deur 20th Century Fox, New Regency, GK Films, en Queen Films verfilm is, met Fox as verspreider.

Bohemian Rhapsody
Regisseur Bryan Singer, Dexter Fletcher
Produksieleier
  • Graham King
  • Jim Beach
Draaiboek Anthony McCarten
Verteller
  • Anthony McCarten
  • Peter Morgan
Met
Kinematografie Newton Thomas Sigel
Redigeerder John Ottman
Ateljee
  • 20th Century Fox
  • New Regency
  • GK Films
  • Queen Films
Verspreider 20th Century Fox
Uitgereik 23 Oktober 2018
Speeltyd 134 minutes
Land
Taal Engels
Begroting $50–55 million
Bruto wins $596.9 million
[Bohemian Rhapsody Amptelike webtuiste]
IMDb-profiel

Die regisseur is Bryan Singer en die draaiboek is geskryf deur Anthony McCarten. Dit is vervaardig deur Graham King en die voormalige bestuurder van Queen Jim Beach. Rami Malek is Mercury, met Lucy Boynton, Gwilym Lee, Ben Hardy, Joseph Mazzello, Aidan Gillen, Allen Leech, Tom Hollander en Mike Myers in byrolle. Queen se Brian May en Roger Taylor het gedien as kreatiewe en musikale konsultante.

Die vervaardiging van Bohemian Rhapsody is in 2010 aangekondig, met Sacha Baron Cohen as Mercury. Nadat Baron Cohen in 2013 die projek verlaat het ná verskille met die vervaardigers, het die projek 'n paar jaar lank stilgestaan voordat Malek in November 2016 gekies is. Die hoofverfilming het in September 2017 in Londen begin met Singer as regisseur. In Desember 2017 is Singer ontslaan vir afwesigheid en botsing met die res van die span, en Dexter Fletcher is gehuur om die film te voltooi. Singer het erkenning as regisseur behou, terwyl Fletcher erkenning as uitvoerende vervaardiging gekry het. Verfilming het geduur tot in Januarie 2018.

Bohemian Rhapsody het verskeie pryse ontvang, onder andere vier toekennings by die 91ste Oscar-toekenningsaand: vir beste akteur (Malek), beste filmredaksie, beste klankbewerking en beste klankmengsel; Dit is ook benoem vir beste rolprent. Die rolprent het 'n Golden Globe ontvang vir beste dramarolprent by die 76ste Golden Globe-toekenningsaand, en Malek het 'n Oscar, Golden Globe, Screen Actors Guild Award en Bafta vir beste akteur gewen.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Freddie MercuryQueenWembley-stadion

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VryheidsdagNasionalismeTaalfossielTuisbladVulkaanAntjie SomersMiltGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondGautengIndustriële RevolusieWetenskaplike klassifikasieMetafoorKlimaatveranderingGrondwet van Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse digtersKoringThys die BosveldklongSeksBraaiByAardePubliekMetaalSendelingposisieKultuurSosiale ordeAntoniemGeslagsgelykheidOrgasmeKasterolie2001HandbalDie ontstaan van die dramaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024LenteOogproblemeMenstruasieWoordeboek van die Afrikaanse TaalWes-KaapTradisionele Afrika-medisyneVergelykings (taalkunde)Juan Antonio VillacañasItaliëMierPussy RiotMuskeljaatkatVerkleurmannetjiePenisDuitsSowjetunieTsoenamiTropiese sikloonNatuurbewaringPretoriaAsemhalingHartversakingIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieCarike KeuzenkampSirkusIndiëSeekoeiLeonardo da VinciSpinnekop1200ChloorVoortrekkersTaalAarverkalkingAfkortingVoortrekkermonumentRuslandRob HersovAfvalbestuurSuid-Afrikaanse Grensoorlog🡆 More