Boekenhoutfontein

Boekenhoutfontein was die plaas van pres.

Paul Kruger. Die plaas lê aan die voet van die Magaliesberg, 'n 20 km noordwes van Rustenburg op die Boshoek-pad (R565) na Sun City en Pilanesberg.

Boekenhoutfontein
Boekenhoutfontein

Geskiedenis

Op 19 Januarie 1862 het Kruger die plaas van J. Bronkhorst gekoop, maar eers op sy plaas Waterkloof (wes van Rustenburg) bly woon. Daarna woon hy en sy gesin slegs in die wintermaande op Boekenhoutfontein, maar van 1873 vestig hy en sy tweede vrou, Gezina, hulle permanent daar omdat dit 'n gesonder klimaat het. Hulle woon daar tot 1883, die jaar waarin hy president word, maar dit bly sy eiendom tot sy dood. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die opstal nie die verskroeideaardebeleid van die Britte ten prooi geval nie, maar wel ernstige skade opgeloop.

Geboue

Boekenhoutfontein 
Die verdiepinghuis wat Paul Kruger in 1873/'74 op Boekenhoutfontein gebou het.

Teen 1873/'74 het Kruger 'n verdiepinghuis op die plaas gebou in die styl wat tipies is van die 19de eeu in die Noord- en Noordoos-Kaap (die streek waarvandaan Kruger gekom het, die bakermat van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die Kaapkolonie). Dit is opgerig met eenvoudige boumetodes en met materiaal uit die omgewing. Die mure was dik, ru afgewerk, die vloere was uitgelê met perskepitte of gesmeer met mis en bloed. So 'n tradisionele huis het bestaan uit 'n portaal, woonkamer. Kombuis, drie slaapkamers, 'n kelder en 'n solder. Verder was daar 'n waenhuis, buitegeboue, 'n varkhok en tuin met lemoenbome.

Restourasie

In 1968 is die plaas deur die Kruger-afstammelinge aan 'n groep sakemanne verkoop wat die eiendomsreg aan die Stigting Simon van der Stel oorgedra het. Johan de Ridder was die argitek verantwoordelik vir die restourasie. Toe dit in 1971 voltooi is, is die huis tot monument verklaar. Die restant van die plaas word omring deur die platinummyne van die Bafokeng en wildplase vir toerisme.

Museum

Die huis is gemeubileer met meubels uit die tyd van Kruger. Verder is daar Bybels, 'n huisorreltjie, Kruger se geweer en verskeie items wat aan hom as president deur besoekende hoogwaardigheidsbekleërs geskenk is.

Monument

Kruger het dikwels agter die huis op sy plaas teen 'n randjie onder 'n boom in krisistye gaan bid. Die boom en die groot klippe is met ystertralies omhein. Op die gedenksteen staan:

Boekenhoutfontein  "Die klippe binne hierdie terrein

is vir die Afrikanervolk
kosbare besittings
en die aarde gewyde grond,
want hier het die groot volksheld
Paul Kruger
gekniel en hom verootmoedig
voor sy Skepper in smeekgebed.

Opgerig deur die Lenteskool
van Rustenburg 1957
onthul deur
Dr. S.H. Pellissier 10-10-1957"

Boekenhoutfontein 

Bibliografie

  • es.org.za
  • Oberholster, J.J.: Die Historiese Monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Kultuurstigting Rembrandt van Rijn vir die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede, 1972. ISBN 0-620-00191-7
  • Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 6. Kaapstad: Nasou, 1972. OCLC 123703131
  • van Tonder, J.J.: Historiese bome. Radiopraatjies en 50 foto's. Krugersdorp, 1976.
  • www.afrikanergeskiedenis.co.za
  • www.kedar.co.za

Sien ook

27°07′19″O / 25.55694°S 27.12194°O / -25.55694; 27.12194

Tags:

Boekenhoutfontein GeskiedenisBoekenhoutfontein GeboueBoekenhoutfontein RestourasieBoekenhoutfontein MuseumBoekenhoutfontein MonumentBoekenhoutfontein BibliografieBoekenhoutfontein Sien ookBoekenhoutfonteinMagaliesbergPaul KrugerPilanesbergR565 (Suid-Afrika)RustenburgSun City

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TekstielSuid-AfrikaProteaBoer (landbou)Vaste stofArmoedeHipertensieBeurtkragFotosinteseMiltEsias BoschPlae van EgipteLeeudoringstadPornografiese akteurSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024NatriumsuperoksiedVerenigde State van AmerikaTrekarbeidHoërskool Sentraal, BloemfonteinPizzaBruin huisslangDoc ImmelmanWeer (meteorologie)BrugAborsieCheslin KolbeWiskundeMotreënDonderstormKoue OorlogKunsmatige intelligensieAustraliëMeervoudBesoedelingStikstofAarde se atmosfeerEkonomieKlimaatsverandering in AfrikaOranjerivierRefentse MorakeRymHartseerVakbondSeksuele penetrasieSkaapGeografie van Suid-AfrikaTussenwerpselSoweto-opstandWatersuiweringGeweldGeskiedenis van die BoererepubliekeJeugdagBlonde stereotipeYstertydperkRenosterMisdaadOplossing (chemie)CorioliskragMuskeljaatkatRookgewoonteBeroerteGroot GatFiela se kind (rolprent)SinoniemCovid-19-pandemieVersoeningsdagPuberteitAnglisismeNag van die lang messeTandbederfBoereGeskiedenis van AfrikaansMidde-OosteSeksEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaSink🡆 More