'n Bobaasvlieënier is 'n vlieënier wat 5 of meer oorwinnings behaal het in luggevegte teen ander vegvliegtuie.
In Engels staan dit bekend as 'n Ace. Dié term is geskep tydens die Eerste Wêreldoorlog waar die beeld geskep is van die vlieëniers as ridders wat dapper is in 'n poging om die publiek se aandag weg te lei van die massaslagtings wat plaasgevind het op die front..
Vir 'n kort vroeë tydperk toe lug-tot-lug-gevegte pas uitgevind is, kon die besonder bekwame vlieënier die stryd in die lug bepaal. Vir die grootste deel van die oorlog het die beeld van die bobaasvlieënier egter min te doen gehad met die realiteit van lugoorlogvoering, waarin vegters in formasie geveg het en lugoormag baie afhanklik was van die relatiewe beskikbaarheid van hulpbronne.
Die paar bobaasvlieëniers onder vegsvlieëniers het histories verantwoordelik vir die meerderheid lug-tot-lug-oorwinnings in die militêre geskiedenis.
Die gebruik van die term Ace om hierdie vlieëniers te beskryf, het in die Eerste Wêreldoorlog begin, toe Franse koerante Adolphe Pégoud beskryf het as l'As (die Ace) nadat hy die eerste vlieënier geword het wat vyf Duitse vliegtuie afgeskiet het. Die Britte het aanvanklik die term "star-turns" ('n vermaaklikheidsindustrie term) gebruik.
Een van die bekendste bobaasvlieëniers uit die oorlog is Manfred von Richthofen, beter bekend as die Rooi Baron. Die suksesse van sulke Duitse vlieëniers soos Max Immelmann en Oswald Boelcke het baie bekend geword, ten bate van die burgerlike moraal, en die Pour le Mérite, Pruise se hoogste toekenning vir dapperheid, het deel geword van die uniform van 'n vooraanstaande Duitse bobaasvlieënier. In die Luftstreitkräfte het die Pour le Mérite die bynaam Der blaue Max (Die Blou Max) gekry, na Max Immelmann, wat die eerste vlieënier was wat hierdie toekenning ontvang het. Aanvanklik moes Duitse vlieëniers agt geallieerde vliegtuie afskiet om hierdie medalje te ontvang. Soos die oorlog gevorder het, is die kwalifikasies vir Pour le Mérite verhoog, maar suksesvolle Duitse vegvlieëniers is steeds vir die res van die oorlog as nasionale helde beskou.
Die eerste Britse bobaasvlieënier is Albert Ball. Aan Amerikaanse kant was dit Edward Rickenbacker en vir die Franse is dit Charles Nungesser. Andrew Beauchamp-Proctor is in Suid-Afrika gebore en het as 'n Britse vlieënier Bobaasvlieënier status verwerf.
Erich Hartmann is die suksesvolste bobaasvlieënier ooit met 352 oorwinnings. Gerhard Barkhorn word gekrediteer met 301 oorwinnings.
Daar was 107 Duitse vlieëniers met meer as 100 vyandelike vliegtuie afgeskiet. Die meeste hiervan was teen die Sowjetlugmag behaal. Die vegterbobaasvlieënier met die hoogste telling teen Westerse geallieerde magte was Hans-Joachim Marseille (158 oorwinings) en Heinrich Bär (208 oorwinnings, waarvan 124 in die weste). Opmerklik is ook Heinz-Wolfgang Schnaufer, met 121 oorwinnings die hoogste telling vir ‘n nagvegterbobaasvlieënier, en Werner Mölders, die eerste vlieënier wat meer as 100 oorwinnings geëis het in die geskiedenis van lugoorlogvoering. Vlieëniers van ander lede van die Spilmoondhede het ook hoë tellings behaal, soos Ilmari Juutilainen (Finse Lugmag, 94 oorwinnings), Constantin Cantacuzino (Roemeense Lugmag, 69 oorwinnings ) en Mato Dukovac (Kroatiese Lugmag, 44 oorwinnings). Die Japannese vegvlieënier met die hoogste telling was Tetsuzō Iwamoto, wat 216 oorwinnings behaal het.
Sailor Malan is Suid-Afrika se bekendste bobaasvlieënier uit die oorlog met 35 oorwinnings.
Die Koreaanse Oorlog van 1950–53 het die oorgang van suier-skroefaangedrewe vliegtuie na meer moderne straalvliegtuie gemerk. As sodanig het dit die wêreld se eerste spuitvliegtuig bobaasvlieënier opgelewer. Die hoogste telling van die oorlog word beskou as die Sowjet-vlieënier Nikolai Sutyagin wat 22 oorwinnings behaal het. Giora Epstein, Israeli vlieënier het 17 oorwinnings behaal.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Bobaasvlieënier, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.