Bob Hewitt

Robert Anthony John Bob Hewitt (gebore 12 Januarie 1940 in Dubbo (NSW), Australië) is 'n voormalige professionele tennisspeler van Australië.

Hy het in 1967 Suid-Afrikaanse burgerskap verkry nadat hy met 'n Suid-Afrikaner getroud is.

Bob Hewitt
Bob Hewitt
Bob Hewitt in 1967
Volle naam Robert Anthony John Hewitt
Land Vlag van Australië Australië
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Woonplek Oos-Kaap, Suid-Afrika
Geboortedatum 12 Januarie 1940 (1940-01-12) (84 jaar oud)
Geboorteplek Dubbo, Nieu-Suid-Wallis, Australië
Lengte 1,91 m
Begin professioneel 1970 (amateur-toer vanaf 1958)
Afgetree 1983
Spelstyl Regshandig (eenhandig handrughou)
Loopbaan-wengeld $613 837
Int. Tennisheldesaal 1992 (opgeskort in 2012)
Enkelspel
Loopbaanrekord 243–170 (Ope-tydperk)
Loopbaantitels 7
Hoogste rang No. 6 (1967, Lance Tingay)
Grand Slam-uitslae
Australiese Ope HE (1960, 1962, 1963)
Franse Ope 4R (1961, 1963, 1964, 1965, 1967)
Wimbledon KE (1962, 1964, 1966)
VSA-Ope KE (1967)
Groot toernooie
Toereindronde RR (1972)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord 481–124
Loopbaantitels 65
Australiese Ope W (1963, 1964)
Franse Ope W (1972)
Wimbledon W (1962, 1964, 1967, 1972, 1978)
VSA-Ope W (1977)
Groot dubbelspeltoernooie
Gemengde dubbelspel
Loopbaan-rekord
Loopbaantitels 6
Grand Slam-gemengdedubbelspeluitslae
Australiese Ope W (1961)
Franse Ope W (1970, 1979)
Wimbledon W (1977, 1979)
VSA-Ope W (1979)

Hewitt se grootste prestasie is die titels wat hy tydens die Grand Slam-toernooie inpalm het, beide in die mans- en gemengde-dubbelspel (Amerikaanse Ope, Wimbledon, Australiese Ope en Franse Ope). Hy het ook 'n groot aandeel in die Davisbekertitel wat Suid-Afrika in 1974 gewen het gehad (die enigste tot dusver). Die oorwinning was omstrede, omdat Indië die eindstryd geboikot het.

Oor sy loopbaan het hy 7 titels in enkelspel en 65 in die dubbelspel gewen. In 1967 is hy as die 6de beste speler deur Lance Tingay van The Daily Telegraph geag. Hy is in 1992 in die Internasionale Tennisheldesaal vereer, maar hy word in November 2012 daaruit geskors na bewerings en ondersoeke rakende seksuele wangedrag teenoor die studente wat hy afgerig het.

Hewitt is op 18 Mei 2015 (op 75-jarige ouderdom) in Pretoria tot 6 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy aan verkragting en onsedelike aanranding in sy jonger lewe skuldig bevind is.

Hewitt is in April 2020 op parool vrygelaat. Hewitt het drie jaar, ses maande en 22 dae van sy ses jaar vonnis uitgedien.

Vroeë lewe

Hewitt is in Dubbo, 400 kilometer wes van Sydney, Australië gebore. In die 1970's verhuis hy en sy Suid-Afrikaanse vrou Dalaille (née Nicholas) na Johannesburg, Suid-Afrika. Hy is tans 'n Suid-Afrikaanse burger.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

12 Januarie1940AustraliëNSWSuid-AfrikaTennis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wêreld- Ekonomiese ForumTegnologieLys van Afrikaanse digtersAnale kanker3D-rolprentWitrenosterLuiperdAfrikaansSharpeville-slagtingPseudowetenskapKlein vyf diereJacques LootsAardbewingNedersettingHomoniemReënOorstromingLongontstekingInfeksieDuitslandHeks van HexrivierKimberleyPornografiese akteurLenteKriekPapegaaieWikiDaggaNazi-DuitslandTaalfossielPenisVerantwoordelikheidKlinkerMIVGesondheidBoer Soek 'n VrouBlourokkeOraniaSkarlakenkoorsDuitsAkroniemBywoordFrankrykTrigeminale neuralgieConsolidated B-24 LiberatorGautengPriemgetalMusieksimboleWeer (meteorologie)FacebookKlereMadison IvyVars waterSteenkool in Suid-AfrikaLys van Kaapstad se voorstedeVaginale kankerPubliekLys van bekende Suid-AfrikanersNaaldekokerMensKatKappie (skryfteken)BosluisMaagsweerLys van Afrikaanse skrywersLys van nedersettings in Suid-AfrikaAsemhalingStrykysterWoordeboek van die Afrikaanse TaalSelfoonKostuumsGreen PornoOu Apostoliese KerkNag van die lang messeMisdaadroman🡆 More