Die Bo-Zambezi-skreeubaber (Synodontis woosnami) is 'n varswater vis wat voorkom in die boonste gedeelte van die Zambezirivier, die Kunenerivier en die Okavangorivier.
In Engels staan die vis bekend as die Upper Zambezi squeaker.
Bo-Zambezi-skreeubaber | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. woosnami |
Binomiale naam | |
Synodontis woosnami Boulenger, 1911 |
Die vis se kop is hard met pantserplate; die aan die kant is ovaal sonder ‘n skerp punt.
Hy het drie paar baarde. Die buitenste paar gaan by die vin-basis verby en beide die ander twee pare (wat fyn vertakkings het) raak die vin-basis.
Daar is 30-48 tande in die onderkaak.
Die rugvin se stekel is net so lank as die kop, baie skerp en geboë met weerhakkies. Die vetvin is goed ontwikkel. Die stertvin is gevurk en goed ontwikkel. Die anale vin is goed ontwikkel en die buikvin is gepaard en goed ontwikkel. Die borsvin is goed ontwikkel met ‘n skerp stekel en weerhakkies wat teenoorgesteld geboë is.
Hy is soos ‘n haai gebou en word tot 205 mm lank. Sy lyf is olyfbruin tot vaalgrys, ligter na onder. Hy het merke (kolle) wat veral na agter in mekaar loop, en dan strepe en bande vorm.
Die vis kom orals voor; diep of vlak, vinnig of stadigvloeiende of stilstaande water maar verkies stilstaande water en veral diep vleie met plant bedekte bodems.
Hy is ‘n omnivoor en vreet alles maar behoort aangekeer te word met ‘n klein hoekie en ‘n stukkie vleis, vis of erdwurm as aas.
Die vis maak ‘n knorgeluid en hy kan maklik met die Luiperdkol-skreeubaber verwar word. Let dan op sy langer baarde, pantserplaat sonder ‘n skerp punt, sy merke en sy rugvin is korter as die Luiperdkol-skreeubaber.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Bo-Zambezi-skreeubaber, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.