Bo-Zambezi-Moddervis

Die Bo-Zambezi-moddervis (Labeo lunatus) is 'n varswatervis wat voorkom in die boonste gedeelte van die Zambezi- en die Okavangorivier.

In Engels staan hy bekend as die Upper Zambezi labeo.

Bo-Zambezi-moddervis
Bo-Zambezi-Moddervis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
L. lunatus
Binomiale naam
Labeo lunatus
Jubb, 1963

In die Caprivi staan die vis bekend as die langvin-onderbek asook mudsucker.

Voorkoms

Die Bo-Zambezi-moddervis se kop is klein, met 'n skurwe neus. Daar is klein tuberkels op die neus. Die bek is onder geplaas en kort baarde kan aanwesig wees. Tande is afwesig, maar smaakknoppies kom op die bo- en onderkaak voor.

Die vis se lyf is platterig en die dorsale vin (rugvin) staan hoog uit, meer as twee keer die lengte van die kop. Die rugvinwimpel is die vis se vernaamste kenmerk. Die stertvin is vlak gevurk en die anale vin driehoekig. Dié vinne, asook die buik- en borsvinne, is goed ontwikkel.

Die Bo-Zambezi-moddervis is groenerig of donker silwergrys van kleur, silwer tot grys onder en die vinne het 'n pienk/pers skynsel.

Die skubbe se basis is donker, wat die voorkoms van horisontale strepe oor die lyf gee. Hulle is grof en die telling is 37-40 op die systreep en 16-20 op die stertstam.

Die vis word 400 mm lank en weeg sowat 2,5 kg.

Habitat

Die vis leef in diep water en in hoofstrome, met rotserige sowel as sanderige bodems, en ook in sagtebodem-vloedvlaktemere.

Hulle leef in skole en broei in die somer, vermoedelik in areas wat vol water is tydens die vloedtye. Hulle vreet alge, detritus en waterinsekte. Hulle word gevang met klein hoekies en deeg, gemaak van koekmeel en eier. Alge in 'n bolletjie gerol, en erdwurms sal ook werk, veral as op die bodem gehengel word.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

Verwysings

Tags:

Bo-Zambezi-Moddervis VoorkomsBo-Zambezi-Moddervis HabitatBo-Zambezi-Moddervis Sien ookBo-Zambezi-Moddervis BronBo-Zambezi-Moddervis Eksterne skakelBo-Zambezi-Moddervis VerwysingsBo-Zambezi-Moddervis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Jaco JacobsPaulus van TarsusBernice WestNeerslagBurgerregteEnkelvoudige sinBiologieInsekKonsentrasiekampDiepaartromboseSwart menseBloedsomloopstelselErns GrundlingMuskeljaatkatWatersuiweringDigvorm1200Menslike skeletJacques LootsHorlosieNatuurwetenskapMetafoorAntoniemEskomKorrupsieRobert SobukweKaliumYstertydperkKoolhidraatJansenvilleByvoeglike naamwoordVratLys van Suider-Afrikaanse soogdiereZoeloesPolisieKindermishandelingDarwinismeOnderhoudRumatiekJeuksiekteBewaringstatusBreinNelson MandelaMusiekSkoolChristiaan BarnardHibernasieKeramiekLys van Suid-Afrikaanse skrywersKaartHipoteseGroot TrekKasterolieDeelteken en umlautRuslandKoue OorlogLiesbreukWeer (meteorologie)Mobutu Sese SekoLidwoordNatuurbewaringHamburgerNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaWaterbesparing in Suid-AfrikaSlawernySwartbewussynsbewegingPseudowetenskapErfenisdag (Suid-Afrika)BloukraanvoëlSebraMynbouWolkVryheidsdagVaste stofMetaal🡆 More