Blouwang-Sonvis

Die blouwang-sonvis (Lepomis macrochirus) is 'n varswatervis wat natuurlik voorkom in Noord-Amerika en is in 1938 in Suid-Afrika losgelaat.

In Suid-Afrika kom hulle voor in die kusriviere van die Wes-Kaap, Oos-Kaap, middel van KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Noord-Vrystaat. In Engels staan die vis bekend as die Bluegill sunfish.

Blouwang-sonvis
Blouwang-Sonvis
Blouwang-Sonvis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Familie:
Genus:
(Rafinesque, 1819)
Spesie:
L. macrochirus
Binomiale naam
Lepomis macrochirus
(Rafinesque, 1819)
Sinonieme
  • Lepomis macrochira (Rafinesque, 1819)

Voorkoms

Die vis se lyf is diep en rond, met 'n dorsale vin wat oor bykans die hele rug strek. Die sylyn strek oor die hele lyf. Die stertvin is gevurk, die mond klein en die groot. Daar is 'n swart vlek op die boonste punt van die kieudeksel. Die kleur van die vis word beïnvloed deur sy omgewing en habitat. Gewoonlik is die vis groen-blou met dowwe vertikale bane op die lyf. Die pektorale vinne het 'n geel voorkoms. Die mannetjie se bors word oranjekleurig gedurende broeityd. Die vis word tot 200 mm lank en die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 1.12 kg.

Habitat

Die vis leef in stil water vol plantegroei in damme en riviere. Hulle vreet ongewerweldes en klein vissies. Die spesie broei in die somer. Die mannetjie bou 'n pieringvormige nes waarop die wyfie die eiers lê. Die eiers is taai en klou aan die nes vas en word deur die mannetjie opgepas. Die spesie neig om neste bymekaar te bou in dieselfde area. Die vis kan ouer as 10 jaar word.

Bewaring

Die vis word as 'n plaag beskou aangesien hulle neig om onbeheersd aan te teel en op die inheemse spesies jag te maak. Die vis is ook nie 'n gewilde hengelvis nie.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

Tags:

Blouwang-Sonvis VoorkomsBlouwang-Sonvis HabitatBlouwang-Sonvis BewaringBlouwang-Sonvis Sien ookBlouwang-Sonvis BronBlouwang-Sonvis VerwysingsBlouwang-Sonvis Eksterne skakelBlouwang-Sonvis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Joodse feeste en herdenkingsBorskankerSkoenlapperLandbouDoopTransatlantiese slawehandelVlinderVolstruisViëtnamoorlogSebraRenosterMadison IvySimon PetrusAnale seksDuitse maselsAfrikaanse TaalmonumentKletsrymGesonde dieetAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeKwaZulu-NatalGautengTuisbladHindoeïsmeEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaLys van myne in Suid-AfrikaBevolkingReënspinnekopOligopolieKorrupsieLiesbreukLys van Kaapstad se voorstedeLuiperdNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyWaterstofKolonisasieKasteel die Goeie HoopAfkortingLandbou in Suid-AfrikaSpreeuIslamitiese StaatSoutsuurKlimaatVergelykings (taalkunde)GamelanKonflik (proses)RekenaarBruin menseWerkersdagBloukraanvoëlAardedagLettergreepLeeuLimpopo (rivier)Robert SobukweUitwerking van klimaatsveranderingErektiele disfunksieSharpeville-slagtingJakkalsXenofobieRassisme in AfrikaSeksVormSlag van Cuito CuanavalePlaattektoniekNederlandAarde se atmosfeerNuwe TestamentWiki CommonsAspoestertjieVratOnderhoudIndiëEngelsErfenisdag (Suid-Afrika)VoorsetselPinksterHoofkarakter🡆 More