Blouvalk

Die Blouvalk (Elanus caeruleus) is 'n klein daglewende roofvoël in die familie Accipitridae.

Dit is veral bekend vir sy gewoonte om oor oop grasvelde te sweef. Die spesie van Eurasië en Afrika (Engels: "Black-winged kite") word soms met die Australiese (Elanus axillaris) en Amerikaanse blouvalk (Elanus leucurus van Noord-, Sentraal- en Suid-Amerika) gekombineer, om saam 'n superspesie te vorm. Alhoewel dit hoofsaaklik op vlaktes voorkom word dit soms op grasryke hange van heuwels in die hoër geleë gebiede van Asië gesien. Blouvalke is nie migrerend nie, maar beweeg oor kort afstande in reaksie op die weer.

Blouvalk
Blouvalk
Blouvalk
Volwassene (bo) en juveniele voël (onder)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Elanus
Spesie:
E. caeruleus
Binomiale naam
Elanus caeruleus
Desfontaines, 1789
Blouvalk
Verspreiding van die drie subspesies
Blouvalk
Twee eiers van dieselde legsel

Beskrywing

Hierdie roofvoël het lang vlerke met 'n wit, grys en swart verekleed en, soos 'n uil, oë wat vorentoe wys met rooi irisse. Die lang valkagtige vlerke strek verby die stert wanneer die blouvalk sit. Die kort en vierkantige stert is sigbaar wanneer dit vlieg. Wanneer die blouvalk sit, dikwels op drade langs die pad, is dit meestal besig om sy vlerke te beweeg en wip sy stert op en af om homself te balanseer. Die geslagte lyk eenders.

Verspreiding en habitat

Die blouvalk kom hoofsaaklik voor op vlaktes en in semi-woestyne in sub-Sahara Afrika en tropiese Asië, maar dit kom ook in Europa in Spanje en Portugal voor.

Gedrag en ekologie

Die nes is 'n los platform van takkies waarin 3 of 4 eiers gelê word. Die wyfie doen die meeste moeite met die bou van die nes. Die eiers is lig en roomkleurig met dieprooi kolle. Albei ouers broei, maar wanneer die kuikens uitbroei, spandeer die mannetjie meer tyd om kos te soek. Die wyfies voer aanvanklik die kuikens en jag naby die nes en sal ook voedsel van die mannetjie ontvang. Nadat die kuikens hulle vere gekry het is hulle vir 'n verdere 80 dae steeds afhanklik van hulle ouers vir kos. Aanvanklik vind die oordrag van kos by die broeiplek en later in die lug plaas.

Die blouvalk se prooi sluit sprinkane, krieke en ander groot insekte, akkedisse en knaagdiere in. Beseerde voëls, klein slange en paddas het is ook al aangeteken. Dit is op seldsame geleenthede waargeneem terwyl dit prooi in die vlug jag.

Hierdie voëls slaap kommunaal in groepe van 15 tot 35 (groter getalle in Europa) op 'n groot blaarryke boom.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakel

Tags:

Blouvalk BeskrywingBlouvalk Verspreiding en habitatBlouvalk Gedrag en ekologieBlouvalk Sien ookBlouvalk VerwysingsBlouvalk Eksterne skakelBlouvalk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Sias ReineckeRassismeIranMaanHoërskool OuteniquaBlaaskankerSpringbokkeRobert SobukweFisioterapieWoordeboek van die Afrikaanse TaalAt BothaHeks van HexrivierAndré JacobsAarverkalkingTsoenamiHibernasiePlae van EgipteDierKunsmatige algemene intelligensieBelastingBraaiJaarSonja HerholdtSiya KolisiViëtnamRamsar-vleilande in Suid-AfrikaPlaasjapieJannie du ToitNkosi Sikelel' iAfrikaHomoniemPapierBysteekVoortrekkermonumentAarde se atmosfeerHerpes simplexPoësieDokterDikdermTranspirasieKoolstofdioksiedAnale kankerKnieBestuiwingWaarheid-en-versoeningskommissieGoogleMis (weerkunde)JavaScriptDolfynCarles PuigdemontGianna MichaelsNederduitse Gereformeerde KerkWaterOlifantMunhwa Broadcasting CorporationNG gemeente JansenvilleMelaatsheidMagnesiumGroot DepressieDiarreeSirkusHokkieRutenium(III)chloriedRolprentWielewaalTurksvyDeelstate van die Verenigde State van AmerikaGoogle TranslateAustraliëSendelingposisieStikstofWayback MachineLiefdeLeon KrugerSonnestelselSamestellingMuskeljaatkatLiewe Heksie🡆 More