Rooidwergstadium Bloudwerg

’n Bloudwerg is ’n voorspelde klas ster wat uit ’n rooidwerg (sien regs) ontstaan nadat dit ’n groot deel van sy waterstofvoorraad opgebruik het. Omdat rooidwerge hulle waterstof stadig verbrand en ten volle konvektief is (wat hulle in staat stel om al hulle waterstof te gebruik in plaas van net dié in die kern) is die heelal nog nie oud genoeg dat daar enige bloudwerge gevorm het nie, maar hulle ontstaan in die toekoms word aan die hand van teoretiese modelle voorspel.

Sterre se ligsterkte neem toe namate hulle ouer word, en ’n ster met ’n groter ligsterkte moet energie vinniger uitstraal om ’n ewewig te handhaaf. Sterre wat groter as rooidwerge is, doen dit deur uit te sit en rooireuse te word met ’n groter oppervlakte. In plaas daarvan om uit te sit, word voorspel dat rooidwerge met ’n massa van minder as 0,25 sonmassas hulle uitstralingstempo sal verhoog deur hulle oppervlaktemperatuur te verhoog en "blouer" te word. Dit is omdat die oppervlaklae van rooidwerge nie baie meer ondeurskynend raak namate die temperatuur toeneem nie.

Bloudwerge sal eindelik tot witdwerge ontwikkel as hulle waterstof heeltemal op is, en eindelik tot swartdwerge.

Sien ook

Verwysings

Skakels

  • Rooidwergstadium Bloudwerg  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ElektrisiteitsvoorsieningAkroniemDawidVloeistofWhatsAppJames AlexanderKindermishandelingGevolge van aardverwarming op oseaneDokterWerkloosheidOntbossingSteve HofmeyrGoogle TranslateAbstraksie (rekenaarwetenskap)MusiekteaterUniegebouTweede Nuwe JaarAprilAkademiaWaterbesoedelingTydElandréApostelGroepsgebiedewetLetterlike en figuurlike taalgebruikSelfmoordRugbyLyfstraf in skoleGrondwet van Suid-AfrikaLionel MessiKookpuntKoos du PlessisDuitse maselsSokkerBosluisbytkoorsPornografiese akteurMaatskappyErektiele disfunksieVlagterminologieBernice WestLys van Suid-Afrikaanse musikanteDermpoliepLourensrivierByHidroëlektrisiteitVoorsetselMeningsverskil oor aardverwarmingSeksuele penetrasieIgtiologieByvoeglike naamwoordNamakwalandHerpes simplexVerdampingVermontHennie MaasAfrikaansKaliforniëHemelvaartDiskriminasieFluoorCovid-19-pandemieWetenskaplike klassifikasieWiskundeOogproblemeSwemTelwoordSeksueel oordraagbare infeksieFinale OplossingKewerAfrikaanse taalleerKaliforniese KanaaleilandeRooibokSendelingposisieRivierRusland🡆 More