Die Blouband snapper (Lutjanus kasmira) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Oos-Londen.
In Engels staan die vis bekend as die Bluebanded snapper.
Blouband snapper | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | Lutjanus |
Spesie: | L. kasmira |
Binomiale naam | |
Lutjanus kasmira (Forsskål, 1775) | |
Verspreidings area | |
Sinonieme | |
|
Die vis is geel aan die bokant met vier donkerblou strepe op die sye. Die onderkant is wit of liggeel met ligte blouerige grys lyne op die skubbe lyne. 'n Swart kol is soms sigbaar op die sylyn net onder die middel van die dorsalevin. Die vis word tot 33 cm lank.
Die vis leef in koraal- en rotsriwwe in water wat 5–265 m diep is maar word gewoonlik gesien tussen 15–40 m. Hulle vreet snags vis, krap, koppotiges, mondpotiges en planktoniese skaaldiere. Die visse word dikwels in skole gesien oor die riwwe in die dag. Hulle bereik volwassenheid wanneer hulle 18–23 cm lank word. Die vis paar in klein groepe, gewoonlik in die vroeë aand gedurende die laat winter of vroeë lente. Die vis is 'n smaaklike eetvis en kan in groot akwariums aangehou word.
Wiki Commons bevat media in verband met Lutjanus kasmira. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Blouband snapper, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.