Bister of roetbruin (Engels: Bistre ) is 'n baie donker bruin kleur.
#3D2B1F |
Bister is 'n geelbruin kleurpigment vervaardig uit die roet en teer van verbrande hout, sjelak of die gemaalde bas van okkerneute en arabiese gom. Die woord bister kom uit die Frans 'bistre' wat bruin, hasel, donkerbruin of sjokolade beteken. Benewens om mee te teken, kan meubels of houtvloere daarmee gebeits word. 'n Nadeel van hierdie materiaal is sy nie-ligvastheid, wat maklik oplos in water. Hoe meer water gebruik word, hoe ligter die skakering. Tekeninge wat in bister geskep is, verdwyn stilweg indien hulle aan sonlig blootgestel word.
Volgens verskeie kleurskemas word bister as volg voorgestel:
Model | Koördinate |
---|---|
Heksadesimale kode | #3D2B1F |
RGB-kleurmodel | (204, 119, 34) |
CMYK | (0, 30, 49, 76) |
HSV | (24°, 49%, 24%) |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Bister, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.