Biomassa

Biomassa is 'n algemene term vir materiaal afkomstig van plante, diere, swamme en bakterieë.

Biomassa verteenwoordig 'n groot hoeveelheid energie, en in gevalle waar dit verbruik word teen 'n tempo wat kleiner is as wat dit geproduseer word, word dit beskou as 'n hernubare energiebron. Dit is omrede die energie aanvanklik afkomstig is van die son en vasgevang word deur middel van die proses van fotosintese.

Biomassa
Antarktiese kril, wat ongeveer 0,66% van die aarde se biomassa uitmaak, die meeste van enige enkele dierspesie.

Bronne van biomassa

Biomassa is hoofsaaklik afkomstig uit die volgende bronne:

  • Hout vanaf natuurlike woude en bosse
  • Bosbouplantasies
  • Oorskot van bosboubedrywe
  • Landbou oorskotte soos strooi, suikerrietreste, dierereste en ander groen landbouafval.
  • Dierekarkasse
  • Oorskot van papierverwerking
  • Riool
  • Suiker en graan wat gebruik word in die vervaardiging van biobrandstowwe
  • Oliesade wat gebruik word in die vervaardiging van biodiesel

Daar word geraam dat bykans 11% van die wêreld se energiebehoeftes deur biomassa voorsien word, met ongeveer die helfte daarvan in die vorm van hout. Dit is egter moeilik om die presiese hoeveelhede vas te stel, omdat die meeste verbruik in veral die derde wêreld nie op 'n kommersiële basis geskied nie.

Nadele verbonde aan biomassa as energiebron

Alhoewel biomassa 'n volhoubare energiebron kan wees onder sekere omstandighede, is daar wel verskeie nadele en probleme wat oorkom moet word:

  • Biomassa, veral as dit ondoeltreffend verbrand word, dra by tot besoedeling al is die netto bydrae tot koolstofdioksied in die atmosfeer dikwels nul. 'n Mens kan as voorbeeld die verbranding van hout in sekere krotbuurtes waarneem waar daar baie partikels in die vorm van rook in die lug vrygestel word.
  • Om 'n skoon brandstof uit biomassa te vervaardig vereis verdere verwerking wat duur kan wees en vereis dikwels baie energie, wat dikwels lei tot 'n netto energieverbruik.
  • Die verbranding van biomassa stel steeds chemiese stowwe soos swaeldioksied en stikstofoksied in die lug vry.
  • As die biomassa nie 'n byproduk is van ander landbouaktiwiteite nie, kan dit vrugbare grond opneem wat andersins vir voedselproduksie aangewend kon gewees het.
  • Biomassa in die vorm van hout is dikwels afkomstig van die stroop van natuurlike bos, wat dierehabitat vernietig.

Verwysings

Tags:

BakterieDiereFotosintesePlanteSwamme

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Swart menseVrouLys van chemiese elemente volgens atoomgetalSokkerKonsentrasiekampItaliëVermenigvuldigingLys van Griekse mitologiese figureSomerVerkleinwoordMIV/vigs in Suid-AfrikaYstertydperkKolitisSwartbewussynsbewegingTradisionele literatuurKrygkorAfleiding (taalkunde)Jacques LootsWes-KaapWoudLabia (geslagsdele)Narsistiese persoonlikheidsteuringJuraMenslike seksuele gedragSkaapWolkStokely CarmichaelBeeldspraakHidroëlektrisiteitGrondwetWet op Bantoe-onderwysHibernasieByvoeglike naamwoordIntensiewe vormLimfvatstelselLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)GeelhoutGeestesteuringOrtopedieMoslemEmosieLys van musiekinstrumenteVoedselkettingVigsFrederik Willem de KlerkVrystaatElon MuskLandbouGroepsdrukWaterLionel PetersonBek-en-klouseerSeevlakstygingSekondêre sektor van die ekonomieFinansiële staatSiya KolisiGriepMangelontstekingGroot vyfOnse VaderVratDroogteNatuurlike hulpbronMaagMenslike skeletFranse RewolusieMangelLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaDierAsiëSkildklierWaarheid-en-versoeningskommissieWelwitschiaAkuut🡆 More