Big Sur: Streek van die sentrale kus van Kalifornië, Verenigde State

Big Sur is 'n yl bevolkte kusstreek in Sentraal-Kalifornië waar die Santa Lucia-bergreeks skielik uit die Stille Oseaan verrys.

Sy naam is afgelei van die Spaanse el sur grande ("die groot suide") of el país grande del sur ("die groot Suidland"). Toe die gebied in 1848 deur Meksiko aan die Verenigde State afgestaan is, was dit die laaste Amerikaanse grensstreek (frontier). Nog tot 1937, toe die snelweg tussen Carmel en San Simeon (Kalifornië se Staatsroete 1 of California State Highway 1) ná 'n boutyd van 18 jaar geopen is, was Big Sur een van die mees afgeleë streke in Kalifornië en die hele Verenigde State. In Mei 2017 het deurdringende reëns modderstortings veroorsaak. Ná 'n storting naby Mud Creek op 22 Mei is Staatsroete 1 gesluit en Big Sur maande lank van die buitewêreld afgesny.

Big Sur
Streek
Uitsig oor die Big Sur-kuslyn
Uitsig oor die Big Sur-kuslyn
Ligging van Big Sur in Kalifornië
Ligging van Big Sur in Kalifornië
Koördinate: 36°06′N 121°37′W / 36.100°N 121.617°W / 36.100; -121.617 121°37′W / 36.100°N 121.617°W / 36.100; -121.617
LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
DeelstaatStreek in Kalifornië
StreekCentral Coast
Bevolking
 • Totaal1 761
TydsoneUTC-8 (PST)
 • SomertydUTC-7 (PDT)
Poskode (ZIP code)
93920

Die streek bied puik uitsigte wat van Big Sur 'n gewilde toeristebestemming maak. Cone Peak (1 571 m bo seevlak) is die hoogste bergpiek langs die kuslyn van die 48 vastelandse Amerikaanse deelstate.

Alhoewel Big Sur geen vaste grense het nie, sluit baie definies van die gebied die kuslyn tussen die Carmel-rivier en die San Carpoforo Creek in die suide in wat ongeveer 32 km landinwaarts tot by die suidelike voetheuwels van die Santa Lucias strek. Ander beskrywings beperk die oostelike grens tot dié bergreeks se flanke langs die kuslyn waarvolgens Big Sur slegs 19 km landinwaarts sou strek. 'n Ander handige definisie van die streek is die deel van Kalifornië se Staatsroete 1 (California State Route 1) wat tussen San Simeon en Carmel loop.

Die noordelike grens van Big Sur is sowat 190 km suid van San Francisco, terwyl sy suidelike grenslyn sowat 394 km noordwes van Los Angeles loop.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

KaliforniëMeksikoSpaansStille OseaanVerenigde State

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Vaste stofKunsmisKrokodilLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsDataverwerkingMIV/vigs in Suid-AfrikaNelson MandelaGloeilampKoolstofdioksiedRassisme in AfrikaDonderstormPaddaSlawernyAfro-AmerikanersLeonardo da VinciChris HaniKlereGesonde dieetVersamelnaamBrandmondsindroomSkuinsstreepAnale kankerTrekarbeidUitwerking van klimaatsveranderingElon MuskTweede WêreldoorlogLetterkundeKolorektale kankerVoorvoegselCorioliskragGeslagsgelykheidGemeenskapsorganisasieLys van Kaapstad se voorstedeVerkoueTylaBreinJavaScriptLiefdeBateHaelKangogrotteSokkerLiesbreukSeksposisieMeettegniekIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieFranse RewolusieDepressie (gemoedstoestand)KatDeelwoordDieremishandelingStaatstoelaeGriepOlimpiese SpeleEugenetikaDistillasieSuid-Afrikaanse randLionel PetersonHulpwerkwoordLSteenkoolKondensasieGrondbewerkingJan van RiebeeckNiemetaalAfvalbestuurTafelbergKrugerwildtuinPeter SnydersMynbouGeskiedenis van AfrikaansLys van Afrikaanse rolprenteLys van Afrikaanse digtersKletsrymGeprosesseerde kosTennisKaapstadOrale seks🡆 More