Bettie Cilliers-Barnard

Bettie Cilliers-Barnard (distrik Rustenburg, 18 November 1914 – Pretoria, 15 September 2010) was 'n gevierde Suid-Afrikaanse skilder en grafiese kunstenaar.

Sy is tot haar dood as die doyenne van plaaslike kunstenaars beskou. Buiten in haar geboorteland het sy ook in Parys, Switserland, die VSA en die Verenigde Koninkryk gestudeer. Sy het haar as 'n figuratiewe kunstenaar met die sirkelmotief en simboliek as kenmerke van haar werk onderskei.

Bettie Cilliers-Barnard
Gebore18 November 1914
Sterf15 September 2010 (op 95)
Pretoria, Suid-Afrika
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
BeroepSkilder
EggenootCarel Hancke Cilliers
KindersJana Cilliers
Ouer(s)Johannes Christoffel Barnard
Johanna Wilhelmina Barnard
Bettie Cilliers-Barnard
Mymering (1949), deur Bettie Cilliers-Barnard

Sy het in 1937 'n BA aan die Universiteit van Pretoria verwerf en in 1940 aan die Universiteit van Suid-Afrika. Later jare volg eredoktorsgrade van onder meer die Potchefstroomse Universiteit (1990), die Randse Afrikaanse Universiteit (1999) en die Universiteit van Pretoria (2002).

Cilliers-Barnard hou haar eerste solo-uitstalling in 1946 in Pretoria. Sy het aan verskeie biënnale wêreldwyd en meer as 70 solo-uitstallings deelgeneem, waarvan etlike ook in die buiteland vertoon is. Die groepuitstallings waarby haar werk binnelands sowel as buitelands ingesluit is, tel meer as 150. Sy het haar laaste solo-uitstalling op 90 gehou.

Haar opdragwerke sluit onder meer die Provinsiale geboue in Pretoria en Bloemfontein, die ou Jan Smuts-lughaweterminaal, die Departement van Gesondheid, Staatsteater en Pretoriase Ooginstituut in.

Cilliers-Barnard is met meer as 20 toekennings vereer, onder andere:

  • Goue Medalje vir Skilder – Transvaalse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Johannesburg
  • Merietesertifikaat – XIe Grand Prix International d'Art Contemporain, Monte Carlo
  • Erepenning vir Skilder – Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
  • Kanselliersmedalje – Universiteit van Pretoria
  • Staatspresidentstoekenning vir Eervolle Diens
  • Certificate of Merit for Distinguished Achievement, The World Who's Who of Women
  • Commemorative Medal of Honour – American Biographical Institute
  • World Decoration for Excellence – American Institute (Biographical)
  • The "First Five Hundred", International Biographical Centre of Cambridge, Verenigde Koninkryk
  • "Women of the Year" - International Biographical Centre of Cambridge

Sy was 'n lewenslange lid van die Grand Council of the ConFed of Chivalry, Australië en 'n vollid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Persoonlike lewe

Sy was die dogter van Johannes Christoffel en Johanna Wilhelmina Barnard, getroud met Carel Hancke Cilliers en die moeder van die aktrise Jana Cilliers.

Bron

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Bettie Cilliers-Barnard Persoonlike leweBettie Cilliers-Barnard BronBettie Cilliers-Barnard VerwysingsBettie Cilliers-Barnard Eksterne skakelsBettie Cilliers-Barnard15 September18 November19142010ParysPretoriaRustenburgSkilderSuid-AfrikaSwitserlandVSAVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Mane van GalileiWikimedia-stigtingBosvarkWêreldwye webRasionale getalMuskeljaatkatAnrich HerbstOmgewingsbeheerOrthopteraAssonansieVoorsetselInstagramSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Menslike skeletJaarPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaMiddelmisbruikSwartbewussynsbewegingWaterVarkRonelda KamferBruin menseSelfkonsepFranse RewolusieKaapstadse waterkrisis 2015-2018MetaalHomofoonPerdMensReg tot ‘n gesonde omgewingChemiese elementSwart menseTreinLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)SelfmoordSlawernyAkuutKrieketHoenderJaco JacobsVars waterDikdermSelfvertroueWinterGrondsoorteSwart nasionalismeLys van kleureMonoloogWater (molekuul)BlourokkeGoogleAfvalbestuurSmaakAluminiumWitbloedselNapoleon BonaparteGezina, PretoriaAfrikaanse taalleerRepubliek die KongoSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994ProstaatkankerMona LisaReënOu Apostoliese KerkDemi Lee MooreKinderregteBeurtkragInkomstePampoentjiesDomkragHipoteseMIVProvinsies van Suid-AfrikaAustraliëBurgerregte🡆 More