tuisblad/Argief 1

Het domein wikipedia.za is nog vrij.

Jongste opmerking: 3 jaar gelede deur Burgert Behr in onderwerp Beskermde bladsy

wikipedia.za

Wie weet waar je dat het goedkoopst kan kopen? Als iemand het wil onderzoeken en het Jimmy laat weten dan kan hij het aankopen. Laat het Jimmy Wales weten voor iemand ermee gaat lopen - jwales AT bomis.com

Vry vs. Gratis

I don't speak Afrikaans, so I don't pretend to have any authority, but the word "free" in "The free encyclopedia" corresponds to freedom-free not gratis-free. Shouldn't it be "Die vry ensiklopedie" or something similar instead of "Die gratis ensiklopedie"? -- Nohat

sysop

mij Afrikaans is nie goe nie, daarom in 't nederlands en engels:

Gebruiker:Waerth merkte gisteren twee gevallen van vandalisme op. De afrikaanse wiki heeft nog geen sysop die artikelen kan verwijderen.

In nl:Wikipedia:De kroeg heb ik mij beschikbaar gesteld als sysop voor de afrikaanse wiki. Ook omdat de fryse wiki een invasie van geautomatiseerd vandalisme had, is het belangrijk dat alle wiki0s een sysop hebben die ip-adressen kan blokkeren. Heeft iemand er bezwaar tegen wanneer ik dit wordt? Als er ook afrikaanse gebruikers zijn die zich hiervoor ebschikbaar stellen, zoveel beter!

Een sysop kan:

  • artikelen verwijderen (alleen na goedkeuring gemeenschap)
  • ip-adressen en gebruikers blokkeren (alleen na goedkeuring gemeenschap, of in noodgevallen direct)
  • SQL select queries uitvoeren

Gebruiker:Waerth noticed two articles with vandalism. In the small friese wiki there was an invasion of automated vandalism. So it is important that every wiki has one or more sysops who can block ip-adresses and remove articles. Does anybody object against me getting this authorization? If there are also south africans getting this status, so much the better!

A sysop has the ability to:

  • remove articles (after permission of community)
  • block ip-adresses and users (after permission of community, or in case of emergency without)

Gebruiker:Andre Engels heeft er inmiddels voor laten zorgen dat ik de sysop status heb gekregen. TeunSpaans 21:40, 13 03 2004 (UTC)

Kroeg/Portaal

De engelse wiki heeft een 'village pump', de nederlandse wiki het 'de kroeg'. Daar worden allerlei gezamenlijke zaken besproken. Hoe het dat in Afrikaans? Of hebben we dat nog niet nodig? TeunSpaans 04:35, 18 05 2004 (UTC)

    Ek dink dit sal goed wees as ons hierdie bladsy kan hou vir besprekings van die voorblad en algemene besprekings elders kan doen. Persoonlik hou ek nie van 'kroeg' nie. Wat van geselshoekie? Of as ons meer tematies wil wees: stoep, koöperasie (enigiemand wat koöperasie stories op TV gesien het?), watergat, lapa, kampvuur. Sommer net 'n paar idees. --Alias 11:59, 24 05 2004 (UTC)

Gevraagde Artikel Lys

Ek dink daar kort iets soos 'n lys waar rerige algemene dinge wat nog nie artikels het nie geplaas kan word, en iemand wat tyd het kan dit later opvul. Daar is baie algemene dinge wat nie artikels het nie, en aangesien meeste van hulle eenvoudig genoeg is dat jy nie 'n specialis nodig het nie, sal dit nuwe mense aanspoor om te help artikels skryf. Byvoorbeeld water. Daar is nog nie 'n artikel vir water nie. (wanner hierdie getik word inelkgeval) Maar tog kan selfs 'n skoolkind 'n artikel daaroor skryf, en nie afgeskrik voel omdat hy dalk dink sy kennis is nie voldoende nie. Bertus 14:53, 9 Jun 2005 (UTC)

Doen of Gaan?

Jas is loost, Martin of the NSCP is gay?

Ek dink die knoppie (Aksie?) in die soek afdelinkie (aan die linkerkant) moet eerder 'Gaan' genoem word as 'Doen'. Bertus 07:46, 9 Jun 2005 (UTC)

    "Gaan" lyk my 'n anglisisme. Danielm 08:01, 9 Jun 2005 (UTC)
      Sover ek weet is gaan 'n heeltemal aanvaarbare Afrikaanse woord. Ek dink "gaan" is beter, maar ek voel dat dit steeds nie 100% duidelik is wat dit beteken nie. Miskien "Gaan direk"? Daniel, is "gaat" nie ook 'n Nederlandse woord nie? Gepraat van Anglisismes, ek dink beide "doen" en "gaan" is beter as die Nederlandse "OK" ;-) --Alias 09:27, 9 Jun 2005 (UTC)
      Ek ding selfs die engelse go is maar 'n swak beskrywing vir die aksie! Maar kan nie aan 'n beter een dink nie. --RM 09:33, 9 Jun 2005 (UTC)
        "Ga" (de gebiedende wijs van "gaan") is een goed Nederlands woord. ("Gaat" is de hij-vorm, en bestaat ook, vergelijk "go" en "goes" in het Engels). Maar in het Engels kan "go" zowel "doe dit nu" als "vertrek" betekenen. In het Nederlands alleen "vertrek", dus vandaar dat ik dit als anglicisme identificeer. Maar het is natuurlijk heel goed mogelijk dat de betekenis "doe dit nu" in het Afrikaans ingeburgerd is. Het "OK" op de Nederlandse Wikipedia is inderdaad een beetje onduidelijk. (Niet alles op de Nederlandse Wikipedia is beter :) ) "Ga naar artikel" is wel weer goed Nederlands en ook duidelijk, maar een beetje lang. Danielm 09:49, 9 Jun 2005 (UTC)
          Interessant. "Gaan" het altwee betekenisse in Afrikaans. Moontlik ook onder invloed van Afrikatale. In Zoeloe word 'n vorm van "kom" en "gaan" gebruik om die toekomende tye te skep. Dus "Ek gaan slaag" wat soortgelyk is aan "Ek sal slaag" (I'm going to pass). --Alias 09:59, 9 Jun 2005 (UTC)
            Dat heeft Nederlands ook: "Ik ga slagen" is goed Nederlands. Dit is dan 'n derde betekenis (aankondiging dat iets gaat gebeuren). Interessant woordje :) Danielm 10:15, 9 Jun 2005 (UTC)
            Dalk is 'Vervoer direk' 'n beter beskrywing vir die aksie. Ek dink nie dit is perfek nie, maar defnitief beter as 'Doen'. Bertus 13:51, 9 Jun 2005 (UTC)

Werk Saam

Hoe werk 'n mens by Wiki Saam? Hoe voeg 'n mense nuwe woorde by? Hoe word woorde gewysig?

Hallo! Die beste manier om te begin is om in die sandput te speel; jy kan enige veranderings daar aanbring. Verder kan jy dan begin deur die dokumentasie te lees:Voel vry en gaan jou gang sal dalk van hulp wees. Maar in 'n neutedop: Jy verwys na artikels deur hulle met [[ en ]] te omring. Selfs artikels wat nog nie bestaan nie kan jy so skep, en dan deurkliek op die skakel om dit te begin invul. Ek hoop dit help! (Dewet 17:24, 23 12 2004 (UTC))

Werk met Wiki

Baie Dankie vir die inligting! Groete TK


Charlemagne

Is dit gebruikelijk in Afrikaans? Nederlands heeft 'Karel de Grote'. Jcwf 00:19, 26 12 2004 (UTC)

    Inderdaad, jy het tereg. Skerp! (Dewet 08:06, 26 12 2004 (UTC))

Gebeure in die nuus

Die "Gebeure in die nuus" is onlangs sonder bespreking verwyder vanaf die voorblad. Sulke veranderings aan die belangrikste bladsy van ons projok behoort eerder bespreek te word. Ek hoor graag almal se opinie oor of so-iets nuttig is. Los asb 'n handtekening.

Daarvoor

  • Dit maak ons wp bietjie meer aktueel terwyl ons nie met nuus kan byhou nie. Dit lok skrywers ook uit as 'n artikel van iets in die nuus daar staan in rooi omdat dit nie bestaan nie. --Alias 19:45, 5 01 2005 (UTC)
  • Ja dit is nuttig. Echter, ik denk dat de Afrikaanse Wikipedia nu nog niet genoeg mankracht heeft om dit dagelijks bij te houden en dat op dit moment de artikelen voorrang hebben. Danielm 20:01, 5 01 2005 (UTC)
    • Ek het dit op 'n bietjie ander skaal bedoel. Meer dinge soos Tsunami, Irak of Verkiesing - die tipe van goeters wat 'n hele ruk in die nuus bly. Natuulik ook groot genoeg onderwerpe dat ons op hierdie stadium voel ons sou daaroor iets wou skryf (al bestaan dit nie noodwendig reeds nie). --Alias 09:14, 6 01 2005 (UTC)

Daarteen

  • Ek het dit verwyder met my veranderings vir 'uitgesoekte herdenkings'; op 'n manier was dit dubbelwerk met *beide* uitgesoekte herdenkings en nuwe artikels. Die skakels wat voorgestel was as "gebeure in die nuus" was in werklikheid verouderd gewees, omdat die nuus bloot só vinnig verander. Ek deel Daniel se redenasie dat ons nie genoeg mense het om dit daagliks te doen nie (ek weet alreeds hoeveel werk dit is om net die uitgesoekte herdenkings te doen), so my voorstel is om eerder die "nuwe artikels"-afdeling uit te brei / meer "fênsie" te maak / watookal, en weg te bly van "in die nuus". Ek maak dit inelkgeval my eie missie om soveel as moontlik van die uitgesoekte herdenkings te vertaal, so hopelik sal dit daarmee saam 'n beter indruk los. --Dewet 23:50, 5 01 2005 (UTC)

Foute in Afrikaanse weergawe van Wikipedia

Haai almal! Daar is 'n aantal foute in die Afrikaanse weergawe van Wikipedia:

  • Die knoppie bronnemateriaalenbespreking is 'n bíétjie te lank! Sou Oorleg nie 'n betere vertaling wees nie of desnoods Bronteks
    • Ja. Ons moet nog uitvind wat die gevolg is van hernoeming van die naamruimtes. "Bespreek" is al lankal voorgestel. --Alias 13:34, 5 Jun 2005 (UTC)
  • Die knoppie Wys voorskou is na my mening nie korrek nie, dit klink baie vreemd! Dalk is Kontroleer of Kontrolepagina beter.
    • Ja, almal sal nie altyd saamstem oor wat die beste bewoording is nie. Ons kan natuurlik ander moontlikhede oorweeg. --Alias 13:34, 5 Jun 2005 (UTC)
  • Die woord disclaimer is Engels en is Afrikaans is dit vrywaring
    • Daar is baie dinge wat nog vertaal moet word. Meeste van die sigbaarstes is al vertaal, maar daar is duidelik nog. Renier Maritz het baie werk gedoen om alles te vertaal. Die veranderings moet nog bygewerk word. --Alias 13:34, 5 Jun 2005 (UTC)
  • Voel vry om artikels te skep... is 'n letterlike vertaling van die Engelse Feel free to... 'n beter Afrikaanse sin sou wees: Jy word uitgenooi om artikels te kreëer/skep
    • Gaan gerus voort en verbeter. Dit is hoekom almal kan redigeer. --Alias 13:34, 5 Jun 2005 (UTC)
  • Teken in is Aanmeld (aangesien jy nie slegs kan inteken op Wikipedia nie maar ook aanmeld met jou bestaande gebruikersnaam en wagwoord)
    • Ek het nog nie vantevore aan hierdie betekenisverskil gedink nie. Sal ander saamstem dat ons hierdie só verander? --Alias 13:34, 5 Jun 2005 (UTC)
    Baie dankie vir die terugvoer. Ja, daar is natuurlik baie ruimte vir verbetering. Spring gerus in en help! My kommentaar is sommer tussen-in ingeskryf. Ons moet uitvind wat die probleem is met die inteken. (Ek het die epos-adres herskryf om gemorspos te verminder. --Alias 13:34, 5 Jun 2005 (UTC)
      Alias. Ik denk dat we niet te lang meer moeten wachten met het hernoemen van de naamruimtes. Wat ik denk is dat de naam aangepast moet worden en daarna alle artikelen hernoemd moeten worden naar de nieuwe raamruimte. Hoe langer we wachten, hoe meer werk. Danielm 14:03, 5 Jun 2005 (UTC)

[Volgens mij wordt de Afrikaanse Wikipedia vertaald door Nederlanders, zie je zoveel hier!] Maar in elk geval, ek gaan maar oor in Afrikaans sodat almal dit kan lees... hoe kan 'n mens sê nou maar die goet veranderd soos "Inteken en sulke goed, want ek weet dat as jy lid is van Wikipedia dat jy dan ook titels kan wysig maar die algemene goet soos die kieslyste ens. (Daar is 'n lys met spel- en stylfoute: Wikipedia:Algemene_spelfoute voeg gerus goet toe!)

Inhoud van tuisblad

Miskien kan ons begin werk aan 'n nuwer, eenvoudiger tuisblad. Uiteindelik sal meer van wat onder "Gemeenskap" staan by 'n gebruikersportaal moet kom (saam met wat tans bo-aan die geselshoekie is). Die taallys moet (volgens my) ook weer oor gedink word. --Alias 21:32, 25 Jun 2005 (UTC)

Nuwe artikels

Dit lyk my ons sal nou 'n bespreking moet hê oor wat by "Nuwe artikels" hoort en wat nie. Ek het Servien se byvoeging van Wikipedia:Algemene spelfoute verwyder omdat dit nie 'n ensiklopedie-artikel is nie. Verder voel ek dat ons nie blood _enige_ nuwe artikels daar moet plaas nie, maar dalk eerder dié wat al redelik aandag geniet het en as 'n voorbeeld kan dien op die voorblad. Kommentaar? --Alias 12:39, 11 Jun 2005 (UTC)

Taalgebruik

Besonder of Besonders

Ek merk op dat 'n anonieme gebruik op 5 Junie besonders na besonder verander het. Dit lyk vir my verkeerd. As ek my HAT reg lees moet daar 'n S aan die einde wees as dit so gebruik word. Dit strook ook nie met hoe ek dink dit gewoonlik gebruik word nie Laurens 09:23, 18 Jun 2005 (UTC)

    Soos ek my stylgids verstaan is besonder verkeerd. Besonder, beteken tog "baie", soos in "besonder duur". 'n "Besondere geval" is 'n spesifieke geval, maar kan miskien verstaan word as 'n goeie/spesiale geval. Ek stem vir besonders. --Alias 20:05, 20 Jun 2005 (UTC)
      Ek stem saam - ek het dit terug verander na besonders. Laurens 08:38, 21 Jun 2005 (UTC)

Opgerig of Begin

Op 6 Mei het 'n anonieme gebruiker opgerig na begin verander. Opgerig is nie in my HAT, AWS of Pharos nie. Dit blyk dus korrek te wees (alhoewel ek nogal van die nuwe woord uit Nederlands gehou het). Die probleem is dat die sinsbou nou bietjie ongemaklik is. Voorstelle vir verbetering? Laurens 09:34, 18 Jun 2005 (UTC)

    Miskien is "opgerig" nie in jou woordelyste en goeters nie omdat hulle dalk nie verlede tye aandui nie. As "oprig" nie daar is nie, is ek bekommerd. As ons "begin" wil gebruik stel ek voor: "Daar is met die Afrikaanse Wikipedia begin op ...". Ek sal nog moet dink wat ek verkies, maar ek stem saam dat die huidige bewoording (Af wp is begin op...) nie mooi is nie. --Alias 20:05, 20 Jun 2005 (UTC)
      Jy is reg - ek toe later dieselfde dag oprig raakgelees en daar is dus niks fout met opgerig nie. Ek dink wel dit word meer algemeen in Nederlands gebruik - hulle praat bv. van Oprichter sien Argetinië#Bekende_Argentyne waar ons nog 'n vertaling kort. Ek dink ons moet die Tuisblad sin terug verander na opgerig tensy iemand 'n goeie rede kan gee hoekom ons dit nie moet doen nie. Laurens 08:35, 21 Jun 2005 (UTC)
        Deze discussie maakte me een beetje nieuwsgierig hoe nieuw dit woord is. Immers, woorden van voor 1925 zijn waarschijnlijk net zo goed Afrikaans als Nederlands. Ik heb dit woord opgezocht in de moeder aller woordenboeken, het WNT. Dit woordenboek, meer dan 40000 bladzijden dik (gelukkig bestaan er elektronische edities) beschrijft alle Nederlandse woorden van 1500 tot 1921, een interessante einddatum. "Oprichten" is voor het eerst in het Nederlands aangetroffen in, hou je vast, 1573. Dit is dus dus al een heel oud woord. Danielm 09:25, 21 Jun 2005 (UTC)
        Opgerig is korrekte Afrikaans sover ek kan vasstel - my woordeboek gee dit ook so aan. As ek egter so dink aan waar ek die woord in die alemene omgangstaal gehoor het, besef ek dat dit baie meer dikwels in die konteks van die oprigting van 'n gebou of fisiese struktuur deesdae gebruik word (meer soos die Engelse "erect"). Ten opsigte van organisasies hoor ek meer dikwels "In die lewe geroep" of "tot stand gebring". --RM 07:34, 18 Julie 2005 (UTC)
          Ek moet erken dat ek daarom juis opgerig verkies. Die webwerf is vir my (aanvanklik ten minste) meer van 'n struktuur. Wikipedia is reeds teen daai tyd in die lewe geroep (die organisasie), maar die infrastruktuur vir Afrikaans is eers later "opgerig". --Alias 09:48, 18 Julie 2005 (UTC)

Changing names of namespaces

Hello,

this is to inform you that the namespace names will change when your wiki is migrated to MediaWiki 1.5. You can find the new namespace names at BugZilla.

Regards,

    --JeLuF 10:00, 3 Jul 2005 (UTC)
      Thank you / Dankie. There are a few issues, though. Sjabloon is spelt wrong, Main is untranslated.

Publieke besit

Ek wonder nou weer 'n keer oor die inleidende teks, veral "en is dus publieke besit" wat presies beteken dit? Wil ons dit ooit sê? Is ons dalk nou verkeerdelik besig om te sê dat dit in die publieke domein is ? --Alias 20:33, 20 Julie 2005 (UTC)

    Ik denk dat publiek hier een slechte vertaling is van public, "openbare besit" lijkt me beter. Maar ik denk dat je gelijk hebt. GFDL betekent nog altijd dat iedere schrijver de auteursrechten op zijn eigen werk bezit. "Openbaar bezit" lijkt me dus niet juist. Danielm 20:59, 20 Julie 2005 (UTC)

NowCommons

Is it possible to create {{NowCommons}} in your language version? --Saperaud 05:04, 15 September 2005 (UTC)

    Wie het nou so saam met my die ding gedoen {{NouCommons}}

Terugrol op 10 Oktober 2005

Ek en Daniël het die anonieme gebruiker se verandering van opgerig -> saamgestel teruggerol. My motivering is dat die ensiklopedie steeds deurlopend saamgestel word, maar dat dit slegs tóé, in 2001 opgerig is. --Alias 21:31, 10 Oktober 2005 (UTC)

Globale Wiki-Voetnota

Die Engelse woorde in elke bladsy se voetnota is vieslik. As iemand vir my 'n stap-vir-stap gids hier kan gee, sal ek dit self korrigeer!

Daar staan "Disclaimer" asook die verwysing na die GNU Lisensie is in Engels.

    De tekst "disclaimer" is aanpasbaar, alleen door administrateurs, ik zal dit zo vertalen. De verwijzing naar de GNU-licentie is niet aanpasbaar, dit is door de WMF van boven opgelegd omdat alleen de Engelse GFDL rechtsgeldig is. Vroeger was dit wel aanpasbaar. Danielm 20:37, 22 Oktober 2005 (UTC)
    Die beste oplossing is myns insiens om die LanguageAf.php lêer te verbeter. Dan kry enigeen wat mediawiki sagteware gebruik die voordeel van die verbeteringe (anders as die mediawiki naamruimte). Terloops Disclaimer het ek op die wiki op my persoonlie werf vertaal met Vrywaring. --RM 14:02, 25 Oktober 2005 (UTC)
      Trouwens, ek dink die werk aan LanguageAF.php moet 'n bietjie meer gesinchroniseer word met die sagtwareontwikkelaars. Jy het eerder 'n mooie vertaling gemaak, maar ek vrees dat dit nu al agterhaal is in verband met MediaWiki 1.5. Danielm 14:10, 25 Oktober 2005 (UTC)

Waarom af.wikipedia.org?

Dit is vir my verbasend dat soveel energie in 'n Afrikaanse weergawe van Wikipedia gesit word. Ek voel dat Wikipedia in ander tale bruikbaar is omdat nie almal in die wêreld Engels praat nie (nog nie). Dieselfde is nie waar vir die 6 miljoen Afrikaans moedertaalsprekers nie - seker amper almal kan Engels lees.

Dit is 'n onbegonne en sinnelose taak om die wêreld se kennis te probeer vertaal in Afrikaans (die tuisblad het skakels na Slag van Agincourt, Henry V van Engeland?). Ek voel al die tyd en energie kan beter gebruik word om Afrikaanse en Suid Afrikaanse onderwerpe in die Engelse Wikipedia te verbeter. Dit is hartseer dat selfs onderwerpe tipies aan Afrikaans, soos Ernst van Heerden, beskikbaar is in Engels maar nie in Afrikaans nie. Syndicate 26 Oct. 2005

    Dat is een redelijk anglocentrieke gedachte. Het bestaansrecht van anderstalige Wikipedia's is niet dat de sprekers van de betreffende talen geen Engels praten. De reden is dat de sprekers van de betreffende talen geen zin hebben om een andere taal te gebruiken om aan elementaire kennis te komen. De sprekers van de betreffende talen willen alle kennis in hun eigen taal beschikbaar hebben en zo het gebruik van de lingua franca Engels overbodig maken.
    Er is meer reden dan dat. De Engelse Wikipedia is zwaar Amerikaans gekleurd. Een Wikipedia in eigen taal is dat niet. Nog meer, zij kan verder ingaan op lokale onderwerpen. Dit blijkt ook te gebeuren.
    Voorbeeldje. Ik denk dat minimaal 80% van de Nederlanders die internet gebruiken voldoende Engels kan om de Engelse Wikipedia te lezen. Ik wil hier even verwijzen naar de actualiteit: Wiki: Opinieonderzoek_Maurice_de_Hond. 73% van de Nederlandse internetgebruiker gebruikt vooral de Nederlandse Wiki Afrikaans. 24% verkiest de Engelse, vermoedelijk omdat die mooier en groter is en dat zal voorlopig wel zo blijven.
    Nu de Duitsers, ook hier kan denk ik minimaal 80% van de Duitsers die internet gebruiken voldoende Engels om de Engelse Wikipedia te lezen. Maar wat doen de Duitsers, zij maken de volgens vele beste Wikipedia van allemaal, ook al is hij wat kleiner.
    Nu, Nederlands is een taal met 21, misschien 22 miljoen sprekers. Engels is een taal met meer dan een half miljard sprekers en wordt nog geholpen door allerlei niet-moedertaalsprekers. De Nederlandse Wikipedia heeft 103 000 artikels, de Engelse 790 000. Dat we kleiner zijn dan de Engelse verbaast niet, maar blijkbaar was het beschikbaar maken van alle kennis in onze moedertaal toch niet zo'n zinloze taak als jij beweert.
    Nu Afrikaans. Afrikaans is een taal met 6 miljoen sprekers. Afrikaanstaligen zijn niet anders dan Nederlandstaligen, ook zij willen geen vreemde taal gebruiken om simpele feitjes op te zoeken en dus een eigen Wiki Afrikaans. Afrikaans is in grootte vergelijkbaar met Deens wat ook 6 miljoen heeft. De Deense Wikipedia heeft zo'n 34000 artikelen. Een deel hiervan is helaas van slechte kwaliteit, maar dit getal bewijst toch dat het beschikbaar maken van alle kennis ook voor een kleine taal haalbare kaart is.
    Afrikaans heeft nog een voordeel. Afrikaanstaligen kunnen zowel Engels, als Nederlands (alhoewel zij dit laatste vaak niet weten). Wij Nederlanders helpen onze dochtertaal graag een handje. Want het doel van Wikipedia is het beschikbaar maken van alle kennis, in alle talen, dus ook Afrikaans. Vertaling tussen Nederlands <-> Afrikaans gaat sneller dan tussen enig andere taal en is een bruikbaar middel om met weinig mankracht veel te kunnen doen. Ook voor de Nederlandse Wikipedia is dit bruikbaar, ik vertaal ook graag terug uit Afrikaans naar Nederlands, en de Afrikaanse Wikipedia heeft beslist een aantal juweeltjes van artikelen.
    Het grootste probleem voor Afrikaans dat dit met grote reus Engels in één land zit. Dat veroorzaakt een Calimerocomplex bij personen als jij waardoor zij niet geloven in hun eigen taal. Dat is het enige wat het succes van af.wikipedia vertraagt.
    Ik wil er verder opwijzen dat het doel van Wikipedia het beschikbaar maken is van alle kennis in alle talen, iets wat een persoon als jij, die zich opsluit in de Engelse Wikipedia, blijkbaar niet begrepen heeft. Danielm 06:47, 26 Oktober 2005 (UTC)
      Daar is 'n paar probleme met Syndicate se argumente. Dit is obviously hopeloos anglosentries, maar dis ook nie waar dat dit 'n "onbegonne en sinnelose taak om die wêreld se kennis te probeer vertaal in Afrikaans" nie. Die Engelse wikipedia maak staat op so mins as bietjie meer as 1000 baie aktiewe gebruikers en 'n paar duisend ander gebruikers. Nederlands met 3.5 keer die aantal sprekers wat Afrikaans het reeds 'n heel skaflike wikipedia met meer as 100 000 artikels. Van dit oor Nederlandse sake maar ook oor algemene dinge wat niks met Nederrlands te doen het nie. Ja op die oomblik het die Wikipedia slegs 5 baie aktiewe gebruikers (deels omdat Internet toegang so belaglik duur is in Suid-Afrika, deels omdat ons nog nie genoeg publisiteit oor die Afrikaanse wikipedia gemaak het nie - dit sal aangespreek word - en deels omdat mense soos Syndicate dink). Oor die sinneloos gaan ek nie eers praat nie.
      Die werklik issue is dat dit enige iemand vrystaan om die wiki in 'n ander rigting te vat. As jy oor Ernst van Heerden wil skryf - doen dit eerder as om jou tyd te mors op die Engelse wiki en te verdwyn tussen al die ander outeurs daar. Elke gebruiker het sy eie rede om by te dra, hier staan dit jou vry om Anglosentries te wees en mooi alles oor Engeland te dokkumenteer (solank jy dit ion Afrikaans doen...) of Eurosentries of Afrosentries - dis jou saak. Slag van Agincourt, Henry V van Engeland is seker nie ons prioriteit nie en ons probeer wel om die daaglikse nuus 'n meer Suid-Afrika en Afrika geur te gee - kyk maar uit vir 'n item oor Generaal Magnus Malan volgende week, Apartheid verwante sake, die Boere oorlog, ens. Of beter nog - gaan kyk vir belangrike gebeure in ons geskiedenis en dra by. Laurens 07:29, 26 Oktober 2005 (UTC)
      Nou ja. En so druk iemand toe nou op my knoppie ook. Verskoon my nou maar asb my lang reaksie. Syndicate, neem asb my kommentaar in 'n goeie lig en sien dit as 'n poging om af.wp aan u te verduidelik en u te help. Eerstens, is dit nogal slegte maniere om vir iemand by wp te sê: "wat jy doen is sinneloos, doen iets anders" - en ek neem 'n bietjie afstood daarin. Almal neem waarskynlik deel weens verskillende redes, en ons het ook maar ons s'n. Tweedens, (aan die ander hier) hoef ons waarskynlik nie sy kommentaar té ernstig op te neem nie, want dit wil voorkom asof Syndicate baie nuut is hierso - 53 wysigings onder sy gebruikersnaam by EN. (Mens sien dit bv in die feit dat hy op die tuisblad se besprekingsbladsy sy saak opper - nie dat ek omgee nie:-) Dit lyk soos ses artikels wat iets met Suid-Afrika te doen het. Verder, met _presies_ dieselfde argument sal ons dan sê: Aangesien Afrikaans die taal is wat waarskynlik die algemeenste verstaan word in Suid-Afrika, hoekom hou julle nie almal op om in Engels te skryf en spring hier in nie? Ag wat, dit is in elkgeval alles reeds op die Internet en in ander boeke, hoekom enigsins iets hier doen? Die argument werk nie lekker nie, doen dit? Verder kan ek ook uitwys dat ons tog heelwat by Engels help), veel meer as wat enigiemand behalwe die Nederlanders ons hier help. (Gebruiker:Dewet, byvoorbeeld. Ek is gewoonlik anoniem.)
      Dit is ook maar 'n onbegonne en sinnelose taak om die wêreld se kennis te probeer vertaal in Engels (daar is baie kennis), maar dit maak nie saak nie. Mens kies maar 'n subversameling wat op die oomblik belangrik is of vreugde verskaf. As dit ons nou 20 jaar neem om iets hier by af.wp te skep wat volgens u standaarde die moeite werd is, maak dit saak? Dit beteken bloot dit neem langer as vir Engels. Soos ander hier uitgewys het, vorder die Engelse wp maar stadig in vergelyking met aantal sprekers. Ons sal daar kom. Al is dit net ons handjievol mense wat dit gaan doen.
      En o ja, geensins alle Afrikaanse mense kan Engels goed verstaan nie. Was u al in Rawsenville? Kakamas? Walvisbaai? U doen 'n professionele werk, maar vergeet miskien dat baie mense nie eens 'n volledige skoolopleiding het nie. As iemand iets vir hulleself wil leer oor voeding, byvoorbeeld, maar dit is maar kompleks om te verstaan omdat die persoon dalk nie 'n goeie akademiese agtergrond het nie, sal dit tog sekerlik help as dit in die taal is wat hulle die beste verstaan, nie waar nie? Of miskien, net miskien, wíl party van ons eenvoudig eerder in Afrikaans lees. --Alias 09:42, 26 Oktober 2005 (UTC)

Lynspasiëring

Ek let op dat die voorbladartikel (tans yster) nie uniforme lynspasiëring het op die voorblad nie. Die eerste paragraaf se lyne is meer op mekaar as die tweede paragraaf. Dit wil voorkom asof die p-etiket (wat in die wikikode is) nie na die HTML oorgedra word nie. Die p-etiket behoort in elkgeval onnodig te wees. (Dit is blykbaar nie nodig by die verwelkoming, net bó dit nie. Het iemand raad? --Alias 08:50, 1 November 2005 (UTC)

Noord-Veluws

Kan iemand die artikel Noord-Veluws verwyder, ek is die oorspronklike outeur, die artikel is 'n báie ou weergawe en ek is nie van plan om dit weer te wysig nie, dit vat te veel tyd :( dankie. Servien

Beskerm

Moet ons nie die Tuisblad beskerm nie? Jcb 16:15, 2 Desember 2005 (UTC)

Galicies/Galisies en vrae...

Ek het die taalname onderaan die tuisblad verbeter. Sins wanneer is Norweegs 'n taal? Ons noem dit Noors liewe mense! Die taal Japannees is met 2 n'e (Japans is ook moontlik), Sjinees is met Sj of met Ch, dit maak nie saak nie kan altwee. "Dees" is ook nie 'n taal nie, dalkies bedoel julle "Deens"...

Maar in elk geval... ek het 'n vraag: weet iemand of Galisies/Galicies met 'n C of met 'n S geskryf word? Ek dog dit was met 'n S maar ek is nie seker nie.

Hoekom word daar "thumbs" gebruik op die tuisblad, dit lyk baie lelik, pleks van alles in thumbs weer te gee is 'n gewone foto beter soos nou by Nasionale Krugertuine!

    Ek het die "thumbs" op die voorblad artikels (artikel van die week) begin uithaal want ek stem saam dat dit nie baie mooi is nie en dit eintlik gewoonlik duidelik is waaroor die beeld gaan. Tans gebruik ons nog die "thumbs" vir die Uitgesoekte herdenkinge aangesien dit die enigste manier is om 'n byskrif te hê en dit hier wel nodig is. As jy idees daaroor het speel bietjie rond op 'n toetsblad dan kyk ons of dit beter werk. Laurens 20:07, 26 Desember 2005 (UTC)

Die huidige opset van die tuisblad lyk nie baie mooi nie (jammer om te sê maar ek dink rêrig so), ek sou dit graag probeer verbeter, julle moet my net sê of ek die moeite moet doen of dat julle dit so los, anderste gaan ek nie eers probeer nie! (djes ou ek praat lekker Oos-Kaaps nê!) Servien | Bespreking 10:05, 25 Desember 2005 (UTC)

    Ek hou nou weer nogal van die voorblad - ek dink byvoorbeeld die nuwe ikone op die Nederlandse blad is redelik simpel en van die ander groot tale se voorblaaie lyk ook vir my slegter as ons s'n. Soos hierbo genoem is jy welkom om 'n nuwe uitleg voor te stel waaroor die gemeenskap dan kritiek kan uitspreek, stem en so aan.

Groete en welkom terug :-) Laurens 20:07, 26 Desember 2005 (UTC)

    Dankie vir die vinnige kommentaar Laurens :), alhoewel ek die Hollandse wiki se uitleg nogals laaik dink ek self dat die ikone nie 'n goeie idee is vir die Afrikaanse wiki nie, Suid-Afrika staan nie eintlik bekend om sy goeie internetverskaffing, so dit sal definitief baie stadig laai. Ek sal dalk komende twee weke 'n plan uitsit oor watter uitleg ons kan gebruik, die kleurekombinasie van wat ons nou het lyk 'ie lekker 'ie... maar raaitou ek sal sien. (Dankie, ek wou eintlik waai, ek het nie so baie vry tyd nie maar ek sal probeer 'n bietjie meer op die Afrikaanse wiki kom. :) maar ek's nou moeg want ek het baai toe gegaan so nou gaan ek 'n bietjie ontspan.) Tjek julle ouens later! Servien | Bespreking 17:54, 28 Desember 2005 (UTC)
    Ek dink dit sal help as ons eers verstaan wat fout is voordat ons dit probeer regmaak. "Nie lekker nie" is vir my bietjie vaag. Wat pla nou eintlik? --Alias 06:26, 29 Desember 2005 (UTC)
      Oukei, ek dink die voorblad se kleure lyk nie mooi nie, twee: die kleure gaan in mekaar oor, dit lyk asof dit nie lekker wou pas nie so toe 't julle dit nou maar so gemaak. Dit moet konsekwents wees, kies eerder een kleur as twee kleure. En daai thumbs in die hierdie dag.. ens. is nie eintlik nodig nie mense kan met hull muis oor 'ie foto gaan en kyk wat dit is. :) Servien | Bespreking 18:54, 29 Desember 2005 (UTC)
        Goed. Ons kan gerus eksperimenteer op 'n toetsblad en dan mense se gevoel toets. 'n Spasie tussen die blou en bruin kan waarskynlik netjieser daaruitsien. Ek sou persoonlik 'n paar ander veranderinge ook wou sien, maar is intussen uitgestem :-) Die boksie by die herdenkings is 'n probleem (na altwee kante toe). Ek stem saam dat die wit raampie onooglik is, maar ek voel ook dat die beskrywing nodig is. Ons sal mooi moet dink wat ons daar doen. Ek dink die Engels kan maar lekker verwarrend wees. Ek weet nie of alle blaaiers noodwendig die teks vertoon met die muis nie, en ek glo baie mense sal nie daarvan weet nie. Ek dink ons moet eerder probeer om die CSS reg te maak sodat dit mooi lyk. Waar is ons CSS-eksperte nou? Dit lyk byvoorbeeld pragtig in die lys van herdenkings. Eks dus seker dit moet gedoen kan word. --Alias 06:59, 30 Desember 2005 (UTC)

Teksgrootte

Wat ek wel skielik oplet wat my pla is dat die teks klein is. Is daar enige goeie rede om alles op 95% te sit? Dit is nie konsekwent met die res van wikipedia nie, en sal waarskynlik ook nie wees wat iemand wil hê wat pasgemaakte style gebruik nie. As daar geen wesenlike beswaar is nie, sal ek dit ten minste binnekort wil volgrootte maak. --Alias 07:08, 30 Desember 2005 (UTC)

Nuwe ontwerp...

Haai ouens ek het gepoog om 'n nuwe voorblad te maak, die resultaat kan u hier bekyk, ek dink persoonlik dit lyk al klaar beter, maar ek hoor graag wat u dink :) Servien | Bespreking 14:50, 30 Desember 2005 (UTC)

  • Ek stem - dit lyk heel goed. Ek het juis gedink aan onderwerpe vir 'n Het u geweet - of te wel wis u dat items - hoe gereeld moet ons dit laat verander - weekliks? Laurens 20:23, 30 Desember 2005 (UTC)
  • Ek zien 'n bietje gebrek aan kleur. Vir die artikels is dit goed, vir 'n voorblad is die pastelgele agtergrond my eintlik 'n bietjie te kaal. Danielm 20:31, 30 Desember 2005 (UTC)
      Ek hou nou nogal van die monotone styl. Dit is asof dit skoner lyk - dis seker maar smaak Laurens 22:10, 30 Desember 2005 (UTC)
        Dankie vir al die kommentaar... ek dink self ook dit lyk beter/skoner as die huidige voorblad... so dis in elk geval 'n verbetering... ons kan later altyd nog kleur toevoeg maar ek dink vir "hierdie dag" is dit goed dat dit wit is pleks van geel, dan kry jy so gelerig vakkie dit lyk 'ie mooi nie. Dalk wil iemand anders nog kom met 'n voorstel sodat ons kan stem oor 'n nuwe voorblad? Servien | Bespreking 10:10, 31 Desember 2005 (UTC)
      ...of is daar te weinig mense om te stem, ek het gehoor daar is slegs 9 mense aktief... maar goed laat my weet of julle die nuwe ontwerp wil gebruik of nie :) Servien | Bespreking 17:16, 31 Desember 2005 (UTC)
  • Sommer los kommentaar, van dit sal natuurlik smaak wees (ek weet ek is miskien weer 'n bietjie van 'n pyn):
    • Ek hou van 'n volledige lys interwiki's. Ek weet die lys van tale word groot, maar dit is 'n maklike manier om die skermruimte beter te gebruik en die taal se eie naam vir homself daar te stel.
    • Ek hou van die eenvoudiger indeling van ander tale soos ons dit op die oomblik het. Veral die ander Suider-Afrikatale is vir my van groot belang. Ek hou van die idee van die onderskeid hier ongeveer by 10 000 artikels. In die liga wat ons in speel, is die verskil tussen 100 000 en 250 000 akademies en veroorsaak net werk omdat dit op datum gehou behoort te word. Ook groter teks vir party is nie vir my lekker nie. Miskien is taalfamilie of streeksgebasseerde verdeling meer interessant as 'n lys.
    • Links bo in die raam (tans Artikel van die week) is vir my die eerste punt in die bladsy waar ek sou begin lees. Ek sou verkies dat dit die Wikipedia-inleiding bevat, en dat die hoofindeks (wat ek graag nog sou wou verander) ook eerder links moet wees.
    • In beginsel hou ek van die kleiner prentjies vir die ander projekte, maar hulle is (op die skerm waar ek nou werk) te klein om enigsins uit te maak dat daar 'n berg, boeke, ens. is. Veral Wikiwoordeboek se prentjie verdwyn geheel en al. (Daar is ook nou 'n Afrikaanse Wikiwoordeboeklogo.

--Alias 09:27, 1 Januarie 2006 (UTC)

Ek het begin rond te speel met die ding. Die lys van interwiki's is gewysig na die oue weergawe. Ek kon net nie die ikone onderaan verander nie, dit verander die posisie van die teks te veel... ek kon jammer genoeg ook nie die welkomsberiggie links sit, maar ek sal rondvra hoe ek dit kan doen, of dalk weet iemand anders hoe ek dit moet doen :) julle is welkom om dit self te bewerk, kontroleer net deur die knoppie "voorskou" te druk :p Servien | Bespreking 11:17, 1 Januarie 2006 (UTC)

    Ek het vir iemand gevra om my te help, maar ook hy kon dit nie regkry nie, so as jy dit nou rêrig links wil hê (sonder dat dit lelik lyk) moet jy vir iemand soek wie die kolomme reg kan maak... ek dink trouens die kleur laat dit uitspring so mense begin daar in elk geval met lees. O ja, ek het die grootte van die prentjies vir die ander projekte vergroot van 28px na 40px, dink dit lyk klaar beter so :) Servien | Bespreking 12:23, 1 Januarie 2006 (UTC)
      Kan iemand die nuwe ontwerp op die voorblad plaas, ons kan later nog probeer om dit te verbeter... of dink iemand dis ekstreem lelik Servien | Bespreking 15:33, 1 Januarie 2006 (UTC)
        Dankie vir die moeite. Ek dog die hele idee was om nie verskillende kleure te gebruik nie :-? Ek sal probeer tyd kry om die goeters na links te skuif. Die prentjies lyk beter, maar -woordeboek, -bronne en -nuus lyk nog baie klein vir my. Dit gaan dalk maar lol. Ek sal nog bietjie daarmee probeer speel. Die "weet jy dat" sal in 'n sjabloon moet kom. Enige beswaar teen volgrootte teks eerder as 97%? Die prentjies wat nie belyn is met die teks nie, pla my bietjie. (Vergelyk die huidige posseël op die huidige vs voorgestelde voorblad. Is daar 'n manier om dit te verbeter? --Alias 23:17, 1 Januarie 2006 (UTC)
          Nee, ek dink jy't my verkeerd verstaan, ek hou van verskillende kleure, maar op die huidige voorblad gaan die kleure nie lekker in mekaar oor nie, op die voorstelvoorblad is dit nie die geval nie, grys is nie eers 'n kleur maar oukei :p... Ek verstaan nie heeltemaal wat jy bedoel met die posseël nie... dit lyk vir my presies dieselfde as op die huidige voorblad... jy kan dit kleiner maak en 'n thumb omsit maar ek weet nie of dit is wat jy bedoel nie... die ikone is gewysig van 40px na 55px, ek weet nie hoe dit lyk in IE nie want my ander rekenaar werk nou nie lekker nie... dit kan nie eintlik op 100% gesit word nie, dit is 'n standaardfout in IE waardeur die tabelle nie reg word weergegee nie, dis in elk geval wat ek gehoor het (en self ondervind op die Hollandse wikipedia in die begin) dieselfde geld vir die huidige voorblad... maar jy kan probeer of dit werk as dit nie foutief word weergee kan dit op 100% gesit word. Ek stem saam dat die "wis u dat" in 'n sjabloon gesit moet word... maar ook die welkomsteks moet aangepas word vir die voorgestelde weergawe (slegs een reël moet boontoe geskuif word om dit beter te laat lyk... + 2 klein taalfoutjies) Weet jy dalk waar ek dit Afrikaanse wikiwoordeboekbeeldmerk kan vind, die Engelse is: Beeld:Wiktionary-logo-en.png Servien | Bespreking 10:48, 2 Januarie 2006 (UTC)
    Goed. Die kolomme is omgeruil, met die donker blokkie behou. Snaaks, dit lyk nogsteeds vir my bietjie vreemd, maar ons los dit maar so bietjie donker. Ek het die volgorde van die (nou) linkerkantste kolom verander sodat die indeks voor "Het u geweet" kom. Daarvan geweet, ja, ek dink dat "Wis u dat" nie die algemeenste vorm is nie. Die posseëlprobleem was blykbaar maar net in Konqueror - so kom ons vergeet daarvan as niemand anders 'n probleem het nie. Wat die onderste prentjies betref my nuutste bekommernis: gaan alles inpas in 800x600-skermresolusie? 'n Skuifbalk sal lastig wees. --Alias 06:15, 4 Januarie 2006 (UTC)
      Die prentjies pas in Internet Explorer en in Safari, ek gebruik self geen ander blaaiers nie so ek sal nie weet nie. Maar ek dink as dit in daardie twee programme inpas dan sal dit in die meeste programme inpas, daar is nog Konqueror (ek neem aan dis wat jy gebruik) en waar ek nog van weet is Mozilla. Ek dink die beste manier om te sien of dit inpas in 'n resolusie van 800x600 is om dit uit te probeer. Ek laaik nogals die donker hokkie, die welkomsteks is nou ook duideliker. Kan iemand die nuwe voorblad opsit as daar geen verdere probleme of vrae is nie? Servien | Bespreking 18:53, 4 Januarie 2006 (UTC)
        PS: ons kan ook die ou afbeeldings onderaan sit maar daar is twee foto's wat grys weergegee word (ook op die huidige voorblad), dit lyk nie mooi nie, die grys hokkie is weg as jy die afbeelding kleiner maak. Servien | Bespreking 19:30, 4 Januarie 2006 (UTC)

Sjabloon:Babel

Ek het die Sjabloon:Babel verbeter... deur 'n kleine wysiging is Sjabloon:Babel-1/7 onnodig. Almal kan nou net Sjabloon:Babel gebruik.

In plaas van die vroeëre {{Babel-3|af|en|nl}}/{{Babel-4|af|en|nl}} kan 'n mens nou {{Babel|af|en|nl||||}} gebruik (die strepies staan daar omdat 'n mens daar tot 7 tale kan invoer, as jy net 2 tale praat voer jy nog 5 strepies toe.), probeer dit gerus uit.. as jy die strepies byvoorbeeld nie toevoeg nie dan sal jy sien die sjabloon "user" staan daar onderaan, so jy sal dit gou genoeg sien as dit nie korrek is nie. Servien | Bespreking 11:44, 31 Desember 2005 (UTC)

    Nou kan ons mos die ou sjablone implementeer met die nuwe een. Mense gaan van elders af kom en hulle gaan dalk nog die ander stelsel gebruik. Dus kan Babel-4 mos maar net {{Babel|{{1}}|{{2}}|{{3}}|{{4}}||||}} in hê, dan werk die oues nog mooi, en ons hoef net een te onderhou vir konsekwentheid. Sal dit werk? --Alias 23:24, 1 Januarie 2006 (UTC)
      Dit kan dalk werk, maar as mense nou sien die sjabloon wil nie werk nie, sal hulle outomaties kyk naar Sjabloon:Babel... dit neem net ekstra ruimte in beslag... die sjabloon:babel en sjabloon:babel-7 sal dan dieselfde wees, so dis nie eintlik noodsaaklik nie... ps: as julle hulp nodig het met wikipediagoeters vertaal of bladsye verwyder (daar staan 'n klomp in Kategorie:Bladsye vir verwydering) dan moet julle net sê, dit lyk naamlik asof julle met baie min administrateur is. (agt; ek is trouens ook administrateur by wikipedia-NL)... ek het alleen nog geen ervaring met vertalings regmaak nie, maar ek dink ek weet hoe dit moet, binnekort sal daar in elk geval 'n nuwe wikipedia kom in 'n Hollandse streektaal, waarvan ek dit het voorgestel so ek sal die meeste moet vertaal. Servien | Bespreking 14:33, 2 Januarie 2006 (UTC)

View source Afrikaans? :P

Is "view source" Afrikaans ehm nee... oukei kan 'n administrateur dit verbeter na "bronteks bekyk" dankie :) Servien | Bespreking 11:46, 31 Desember 2005 (UTC)

    Gedoen. Jammer. Ek het dit natuurlik nie gesien sedert ons dit onlangs beskerm het nie. Nou is amper alles op die voorblad ten minste vertaal. --Alias 23:35, 1 Januarie 2006 (UTC)

Alfabetiese volgorde

In afdeling Ensiklopedie is die volgorde van sommige onderafdelings nie alfabeties nie.

Sosiale en geesteswetenskappeAardrykskunde - Antropologie - Argeologie - Ekonomie - Filosofie - Geskiedenis - Lande - Stede - Taalwetenskappe - Politiek - Sielkunde - Sosiologie

KultuurwetenskappeBeeldende kunste - Kookkuns - Film - Fotografie - Media - Musiek - Godsdiens - Sport - Taal en literatuur - Uitvoerende kunste - Visuele kunste en ontwerp - Afrikaanse taalreëls

    Dankie, Suidafrikaan. Hierdie is by Sjabloon:Tuisbladindeks en is deur almal redigeerbaar. Ek is egter self nie gelukkig met hoe hierdie ding lyk nie - ek voel ons moet eerder net skakels verskaf na die hoofkategorieë (die goeters onder Kategorie:Alles). Maar helaas, ons het nie nou al genoeg goeters gekategoriseer nie. --Alias 07:40, 6 Januarie 2006 (UTC)

Aantal besoekers blokkie

Ek het 'n voorstel: Wat dink julle van 'n Aantal besoekers blokkie onderaan, of elders op die Tuisblad? Mag dit gedoen word?

Ek dink dit sal die Afrikaanse Wikipedia beter voorhou aan die Afrikaansprekendes wat die Wiki besoek. Sodoende kan hulle sien dat daar iets tasbaars gebeur. Creating a false sense of security. :P Grappie! Nee, ek bedoel, dit sal die besoekers laat besef dat Wikipedia 'n realiteit is, dat dit hier is om te bly. Dit is nou maar my opinie. Laat hoor gerus. :P

Mr. Anonymous 23:12, 10 Januarie 2006 (UTC)

    Daar is vantevore outomaties statistiek gehou oor besoekers, maar met dié dat die tegnologieargitektuur van wikimedia so kompleks geword het, het dit te moeilik/sinneloos geword om die aantal besoekers te probeer tel. (daar is te veel kasfases en toenemend meer instaanbedieners reg oor die wêreld). Jou opmerking benodig ongelukkig 'n ander opmerking: NL.wp het tot onlangs een gehad, en dit is sonder rede deur "dié in beheer" verwyder - sien [1]. Het een van die Nederlanders meer inligting? Dit gee my die indruk dat hulle nie daarvan gehou het nie. Daar is baie dinge wat ons kan doen om 'n goeie indruk te skep, maar hierdie idee gaan dalk te min inwin vir die moeite, of net tydelik help (en dit gaan nou darem al baie laat in die tydlyn begin tel). Vir my persoonlik is daar 'n ander probleem met so-iets, naamlik dat óns die plek so baie besoek, en dat dit dalk eintlik geïgnoreer moet word as ons sinvolle statistiek wil hê. --Alias 07:33, 11 Januarie 2006 (UTC)
      Die Wikimedia-sagteware kan outomaties 'n beeld wat deur 'n skakel aangewys is toon. Hierdie funksie was oorspronklik ingeskakel in alle projekte, totdat op 'n dag die beheerders dit uitgeskakel het om "veiligheidsredene". Sonder die moontlikheid om 'n eksterne beeld weer te geef is 'n eksterne besoekerteller nie moontlik nie. Deur onderhandelinge met die beheerders is die moontlikheid hiervoor later alleen op nl: weer ingeskakel, tot enkele maande terug waarby hy sonder opgaaf van redene weer uitgeskakel is. Danielm 11:56, 11 Januarie 2006 (UTC)

NUMBEROFARTICLES FORMAAT

Ek hou nie van die formaat van die NUMBEROFARTICLES op ons voorblad nie, In Suid-Afrika is die standaard om 'n desimale punt te gebruik en spasies om duisende aan te dui. --RM 01:33, 3 Februarie 2006 (UTC)

Oordra van rekenings vanaf Engelse Wiki?

Hallo daar. Ek het al klaar 'n rekening op en.wikipedia - Good Intentions - maar dit lyk nie vir my of dit bestaan in die Afrikaanse ruimte nie. Ek het rondgekrap in the dokumentasie maar ek kan nie 'n metode sien om onder 'n enkele rekening buide die Engelse en Afrikaanse Wikis te werk nie. Moet ek 'n aparte rekening fir af.wikipedia skep? Dit voel darem vir my 'n bietjie lomp. Is daar dokumentasie vir my probleem? Is daar 'n beter plek vir my om hierdie te vra? af.wikipedia lyk vir my nog klein (en gemotiveerd!) genoeg dat ek kan wegkom met die vraag hier. By voorbaat dank, Marinus --203.173.144.84 01:23, 4 Februarie 2006 (UTC)

    Hallo Marinus, jy kan dit beslis hier vra! Ek weet ongelukkig nie of dit moontlik is nie - twyfel eintlik. Meeste mense maak maar rekeninge op al die tale waar hulle werk oop en plaas dan Interwiki skakles en so aan van hulle hoofgebruikersblad - op die manier kan jy dit dan ook in die verskillende tale doen. As jy dieselfde naam en wagwoord gebruik is dit darem nie te veel moeite nie. Laurens 05:38, 4 Februarie 2006 (UTC)

Goal to achieve: 100,000 articles in 2008

We must have a goal. Afrikaans wikipedia must have at least 100,000 articles to the end of year. then promote the site, and move your hands.

Soekenjin

Ek het bietjie gekyk waar hierdie voorblad van ons staan by 'n paar soekenjins as mens soek vir "Afrikaans":

  • google: 8ste, 9de of 17de afhangend van.... iets (?) (ek het met verskillende blaaiers en verskillende rekenaars probeer)
  • yahoo: 3de
  • AskJeeves: nie in die eerste 50 nie.
  • Altavista: 1ste
  • MSN: nie in eerste 50 nie.
  • clusty: nie in eerste 50 nie.

Wat my opval hiervan is dat ons regtig goed doen by drie van die ses, en glad nie voorkom by die ander nie (aangesien ons so goed doen by die ander, neem ek aan dat ons glad nie figureer by die swakker drie nie). Dit het my laat wonder hoekom dit so is. Die wetenskap van soekenjinoptimering is natuurlik 'n komplekse wetenskap, maar ek dog toe dat ek ten minste aan een rede kan dink: die woord "Afrikaans" kom nêrens op die blad voor nie! Nou wil ek voorstelle vra vir hoe ons die woord "Afrikaans" êrens kan inwerk. Dit moet keurig en natuurlik wees - wat moeilik is. Ons het reeds vir onsself gewys dat "Afrikaanse" meer natuurlik is op die manier wat ons dit wil gebruik. Ek sal graag die verbetering oor 'n paar maande wil sien. Soektogte binne .za of aardvark se "africa"-soektog lewer natuurlik niks nie. Miskien moet ons begin dink aan 'n Suid-Afrikaanse domeinnaam. --Alias 21:07, 15 Februarie 2006 (UTC)

    Ja die soektog resultate is vreemd ek wonder of almal se soekenjins werwe waar die inhoud op databasisse lê ewe goed hanteer. Ek het vir interresantheid egter soekfrases as gevolg in google gebruik en die volgende resultaat gekry:
  • "chemie afrikaans": Nommer 1
  • "Formule Een": Nommer 2
  • "fisika afrikaans": Nommer 1
  • "aardrykskunde": Nommer 1
  • "periodieke tabel": Nommer 2
  • "wiskunde afrikaans": Nommer 1

By MSN:

  • "chemie afrikaans": Nommer 11 (nommer 1 is cs artikel by wikipedia met skakel na Afrikaans)
  • "Formule Een":Kom by ander tale wikipedia artikels op tweede bladsy.
  • "fisika afrikaans": Nommer 6 met skakels na ander wikipedia artikels met af interwikis hoër op.
  • "aardrykskunde": Nommer 9
  • "periodieke tabel":Nommer 13 (nie direkte skakel nie)
  • "wiskunde afrikaans":Nommer 35 (na tuisblad)

Daar is duidelik 'n groot verskil tussen die algoritmes wat gebruik word. Google is duidelik meer vriendelik. --RM 00:35, 16 Februarie 2006 (UTC)

    Google en yahoo het ons weer besoek op 27 Februarie, en die resultate lyk nie beter nie. Dit lyk asof ons relatief verswak het ten opsigte van die ander werwe met sowat een plek by google, yahoo is onverandert. Ons moet maar wag en kyk of die ander ook een of ander tyd hier langs kom. --Alias 22:25, 1 Maart 2006 (UTC)

Die resultate van Google is sterk afhanklik van die taal wat jou blaaier opvraag, selfs as jy geen taalfiltering gebruik nie, word treffers in jou eie taal bevoordeel. Bygevolg wyk my resultate 'n bietjie af:

    "afrikaans": Nommer 6 (Tuisblad)
    "chemie afrikaans": Nommer 1
    "formule een": Nommer 3
    "fisika afrikaans": Nommer 1
    "aardrykskunde": Nommer 1
    "periodieke tabel": Nommer 2
    "wiskunde afrikaans": Nommer 2

Danielm 19:34, 28 Maart 2006 (UTC)

Die volgende skakels mag nuttig wees in pogings om ons Googlerang te verbeter (ek gebruik self nooit ander soek enjins nie so dis vir my die belangrikste):

Behalwe vir soekenjins vermoed ek 'n ander baie belanrike manier hoe mense op dioe Afrikaanse wikipedia afkom van die Engelse wikipedia is. Wikipedia self doen nou so goed dat mense gereeld daar vir inligting gaan kyk. As ons dan wel 'n interwikiskakel op die gewildste bladsye het gaan ons goed doen. Wikipedia meet nie meer gewildheid nie maar as ek reg onthou is dit maar die "ususual suspects" - seks, dwelms en ruk-en-rol... mens kan moontlik by google gaan kyk waarin die wêreld tans belangstel - en dalk self waarin Afrikaans sprekendes belangstel. Laurens 08:52, 29 Maart 2006 (UTC)

      Vanoggend tik ek weer "afrikaans" in by google en die voorblad land heel bo! Laat ons vier! --Alias 06:59, 19 April 2006 (UTC)
      Goed, bietjie meer realisme, op ander rekenaars en blaaiers is ons wel nog soms by 5/6. Nou ook bietjie beter by yahoo: tweede op een rekenaar, op 'n ander lyk die resultate bietjie snaaks, maar lyk ook na omtrent tweede. Steeds niks by msn, aksjeeves of clusty nie. --Alias 07:13, 19 April 2006 (UTC)

Suid-Afrika se gunsteling soektogte

  1. Absa
  2. Paris Hilton
  3. Vodacom
  4. jobs
  5. Unisa
  6. Standard Bank
  7. valentine
  8. love
  9. fnb.co.za
  10. Jessica Alba
  11. 50 cent
  12. Nedbank
  13. Kulula
  14. Valentines day

Terwyl die wêreld die week belangstel in:

  1. St. Patrick's day
  2. Channing Tatum
  3. V for vendetta
  4. ncaa
  5. Tara Rose Mcavoy
  6. Spencer Tunick
  7. Natalie Portman
  8. Oblivion
  9. Terrell Owens
  10. Ides of March
  11. Scientology
  12. She's the man
  13. March madness
  14. Will Ferrell
  15. Shannon Elizabeth

Interessant dat al 30 rooi skakels is... Laurens 11:53, 29 Maart 2006 (UTC)

    Nie meer nie. Ek het sover artikels gemaak oor Paris Hilton en Absa Bank. Ek was verveeld so toe besluit ek om so bietjie op die Afrikaanse Wikipedia rond te speel... Ek is nie by die skool nie want ek's siek. Ek't die goed net so uit Engels oorvertaal so dit sal cool wees as iemand dit so bietjie kan Afrikaniseer. --Adriaan 1 11:10, 1 September 2006 (UTC)

Hier is die nuutste resultate vir soektogte uit Suid-Afrika vir Julie 2006:

  1. absa
  2. vodacom
  3. cristiano ronaldo
  4. world cup 2006
  5. paris hilton
  6. standard bank
  7. news24
  8. unisa
  9. sars
  10. jobs
  11. nokia
  12. nedbank
  13. vodacom4me
  14. iol
  15. mig33

Ek wonder wat dit is met Suid-Afrikaners en Absa... --Adriaan 1 13:29, 1 September 2006 (UTC)

'verleen' i.p.v. 'ontleen'

By die stukkie oor Tafelberg: moet 'ontleen' nie in 'verleen' verander word nie? As ek dit reg verstaan is die sterrebeeld na die berg vernoem en nie die berg na die sterrebeeld nie. Of is ek nou verkeerd? Groete, Agie.

    Haai Agie. Ons het nou al 'n keer of wat hieroor gepraat, en ek was doodseker, maar het gou weer in die woordeboek gekyk. Jy is voorwaar reg! Dit is anders om. Mensa ontleen sy naam aan Tafelberg. Sluit gerus by ons aan! --Alias 12:31, 2 Maart 2006 (UTC)

woordkeuses

Ja sekerlik moet dit 'verleen' wees. Miskien voorheen bespreek, maar 'n paar ander op die tuisblad val beslis op en verdien miskien bietjie aandag: 'Doen': Wat van 'Roep', 'Gaan' of 'Artikel', of ander, 'Cite this article': moet een of ander tyd vertaal word, 'Teken in': eerder 'Meld aan', soos iemand voorgestel het, 'Teken uit': Miskien 'Teken af', 'vanuit Wikipedia': 'in Wikipedia, die vrye ensiklopedie', en die punt aan die einde kan maar gelaat word, want dit is nie 'n sin nie. JMK 10:15, 4 Maart 2006 (UTC)

Oos-Kaaps Afrikaans

Kan iemand my sê wat spesifiek Oos-Kaaps Afrikaans is, wat se woorde word hierin gebruik wat niet in Standaard-Afrikaans (Stannerd-Afrikaans) gebruik word nie? Ek woon self in die Oos-Kaap, en ek weet nie of ek nou Standaard-Afrikaans of Oos-Kaaps Afrikaans praat. Hieronder (hieronner) 'n samevatting van my uitspraak:

Waantoe 't julle gegan, en wanner het jille geloop? so 5 minute terug was jille nog hi' gewees... ek'et jou gesê daai ou is slegte nuus, hy begin sommer almal te tjoen hulle is varke... Ons'et urelang na jille gesoek ma' jille sê vi' niemand dat jille êrens-toe gegan het 'ie.

Dankie vir die hulp! Servien 19:06, 28 Maart 2006 (UTC)

Uitleg

Elke nou-en-dan het ons maar 'n bespreking oor die voorblad. Ek wil hoofsaaklik 'n paar kleiner veranderinge maak en hoor graag wat almal dink. 'n Groot deel daarvan is in 'n poging om meer afdelings te vertoon met die eerste blik wat 'n leser kry.

  • Die grootste verandering wat ek wil maak is om weg te kom van Sjabloon:Tuisbladindeks en net enkele skakels na die hoëvlakkategorieë in Kategorie:Alles te maak. Ek wil graag dat ons die kategorisering ernstig neem in dit goed doen. Dit is natuurlik 'n deurlopende aktiwiteit, maar ek dink dit is 'n beter manier om in die ensiklopedie in te kom. Van die huidige artikels op Sjabloon:Tuisbladindeks is van ons slegste artikels en verdien nie om as eerste treë in die ensiklopedie te pryk nie.
  • Ek het ook veranderinge gemaak aan Sjabloon:TuisbladLinks en nog voorstelle daar gemaak.
  • Ek sal graag weer my vorige stem vír 'n "Aktueel"-afdeling of so-iets wil opper. Slegs _enkele_ skakels na dinge in die nuus. Nie dag-tot-dag-nuus nie, maar meer dinge wat vir langer aanhou, vir nou (vroeg in April 2006) kan mens miskien dinge hê soos "Jacob Zuma · verkragting". 'n Rukkie terug dalk statebondspele, vroeër verkiesing · Irak ens. - die tipe van ding wat nie te veel werk gaan vat nie. Ek stel ook steeds voor dat die artikel nie hoef te bestaan nie - dit kan mense lekker uitlok.
  • In dieselfde asem stem ek altyd vir 'n korter opsomming van die artikel van die week asook eerder minder by die herdenking (soos wat dit nou in April is).
  • Die inleidingsblokkie: Ek sal dit graag bietjie korter wil bewoord en 'n skakel na die susterprojekte en miskien "ander tale" laer op die blad wil sit (anders kom mense dalk nooit by die onderkant van die blad om dit te sien nie).

--Alias 09:43, 5 April 2006 (UTC)

    Jou idees klink vir my goed. Ek sal ook graag wil sien dat nuwe gebruiers eerder met ons spogartikels kennis maak alvorens hulle al die swakkes ontdek :) --RM 11:52, 6 April 2006 (UTC)
    Sien asb Gebruiker:Alias/Voorblad asook die ouer weergawes, veral hierdie ene. Ek het op klomp blaaiers en met verskillende skermresolusies probeer en nie een lyk altyd goed nie. Hou in gedagte dat ek waarskynlik "Het u geweet..." sal wil groter maak met een ekstra item, en dat die Kategorieë met tyd dalk nog 'n klein bietjie kan groei. Speel asb. bietjie daarmee en los kommentaar by Gebruikerbespreking:Alias/Voorblad (of hier ?) of by die betrokke sjabloon, watookal. Ek sal graag wil weet van uitlegprobleme wat mense met verskillende harde-/sagteware het. Probeer om dit elke dag gou te kyk met die verandering van die daaglikse herdenking. --Alias 12:21, 13 April 2006 (UTC)
    Goed. Ek sal graag binne 'n dag of wat my nuwe blad wil inbring as daar nie besware is nie. Die huidige blad het nie 'n mooi uitleg op die oomblik nie (veral aan die regterkant). Ek wou ook nog 'n gedagte opper: Ek sou verkies dat ons die blad van nou af "Voorblad" noem, soos die voorblad van 'n boek, of iets. Tuisblad was nog altyd vir my 'n bietjie van 'n direkte vertaling van "Homepage" - 'n Engelse woord wat ook nie vir my mooi geval nie. Ek hoor graag wat almal dink. --Alias 20:02, 18 April 2006 (UTC)
      Hierdie aktuele afdeling ding is 'n goeie idee, maar die inligting moenie verwyder word nadat dit verby is nie. As mense oor 'n honderd jaar daaroor wil naslaan werk doen, moet hulle steeds Wikipedia kan gebruik. Ons verwyder bv. nie ou gebeurtenisse soos oorloë van Wikipedia nie. --Adriaan 1 21:52, 1 September 2006 (UTC)

Invoeging van rangorde van Afrikaans op die Wikimedia-lys

Wat dink julle daarvan dat ons die volgende statistiese brokkie op die Welkom by... kassie op een of ander formaat byvoeg: Afrikaans is tans nommer 51 op die lys van die 229 tale van Wikipedia, en die taal in posisie nommer 50, genaamd wat ook al die geval mag wees het tans net meer as sê nou maar 20 artikels as ons? Die data is verkrygbaar by Wiki onder die titel List of Wikipedias - Nomdeplume 01:09, 6 April 2006 (UTC)

    Kan dalk werk - mense se inherente kompeterende drang aanwakker en sodoende meer aktiewe bydraes kry. Ek is net bang dat die fokus op die aantal artikels die kwaliteit kan skade berokken. --RM 11:50, 6 April 2006 (UTC)
    Dis 'n oulike idee, maar ek gaan ook bietjie pesimisties wees en sê dat ek dink dit ons dalk eerder in die verkeerde rigting gaan stuur. Ek verkies 'n ensiklopedie met 5000 goeie artikels as een met 10000 waarvan 5000 goed is. Maar laat ons nie die idee vergeet nie! --Alias 12:28, 13 April 2006 (UTC)
      Sekere mense, soos die veterane hier, kan goeie artikels skryf, terwyl ander swak artikels kan skryf. Hoe meer hoe beter. Ons almal kan help om veranderings aan elke artikel aan te bring om sodoende die gehalte daarvan te verbeter. Ek dink nie dis 'n slegte idee om 'n klomp opgewonde noobs hiern'toe te lok nie. Hulle begin die artikels, wat vir ons sal dwing om goeie navorsing te doen en die artikels te verbeter. Ook, baie kompeterende mense is goeie artikelskrywers, en sommige artikels het nie baie in die kop nodig nie, byvoorbeeld artikels oor TV kinderprogramme of sulke goed. Hou net matigheid voor oë, dis die gou reël. Mense wat die Wikipedia misbruik kan altyd geblock word. --Adriaan 1 15:36, 2 September 2006 (UTC)

Daaglikse wenk denk

Sjabloon:Tip of the day Hierdie is een vir 'n Sateware-Ingenieur Groete Gregorydavid 10:49, 11 Mei 2006 (UTC)

    Ek sukkel voortdurend om jou te verstaan, Gregorydavid. Hier verstaan ek weereens gladnie. As dit 'n versoek is, skryf asseblief die versoek in volsinne in Standaardafrikaans. Daar is van tyd tot tyd wenke op die voorblad onder "Het u geweet..." --Alias 11:12, 11 Mei 2006 (UTC)

Hi, ek wou sien of die stelsel resultate lewer as ek die engelse weergawe gebruik.., maar ek sien dit is 'n rooikoppel. Toe dink ek Jannetta sal weet om die "Tip of the day" in afrikaans te aktiveer. Gregorydavid 09:53, 12 Mei 2006 (UTC)

Ander tale

Weet hierdie is 'n baie klein puntjie, maar dit het te make met die benaming van die twee Noorse tale op die voorblad. Amptelik (in Noorweë) geniet hulle gelyke status, dus is dit verkeerd om na die een as Noors en die ander as Nynorsk te verwys. Die korrekte name is Bokmål en Nynorsk, onderskeidelik. Die kollektiewe benaming van alle dialekte (maw sowel die wat in Nynorsk as in Bokmål geskryf word) is "norsk" (Noors). Moontlik ter wille van duidelikheid Noors (Bokmål) en Noors (Nynorsk) op die voorblad? -- Silvicultrix 18 Mei 2006, 22:30

    Raak beskryf, Silvicultrix. Die voorblad is ongelukkig bietjie moeiliker om te wysig ter wille van beskerming teen vandalisme. Die betrokke sjabloon wat gewysigig moet word is Sjabloon:TuisbladLinks. Ek dink die idee is goed so. Doen dit gerus. --Alias 20:39, 18 Mei 2006 (UTC)
        Nynorsk beteken wel Nuwe Noors, maar ek dink nie dit behoort vertaal te word nie, want dan moet Bokmål ook vertaal word met iets soos "Boektaal", wat onduidelik is en die verkeerde indruk skep, aangesien Bokmål wel min of meer gepraat word (of die dialek in die Oslo-area is baie na die geskrewe taal), terwyl Nynorsk nie as sulks gepraat word nie, en eerder 'n skryftaal vir 'n aantal dialekte is. En om na Bokmål slegs as Noors te verwys herhaal bloot die fout wat ek oorspronklik wou regstel.--Silvicultrix 12:32, 19 Mei 2006 (UTC)

Uitlegprobleem

Kan iemand dalk help? Daar is die afgelope paar dae, waarskynlik vanaf 1 Junie 'n uitlegprobleem: daar is onnodige spasie bokant die datum onder die opsrkif "Hierdie dag in die geskiedenis". Dit rek die tabel onnodig uit en lyk vir my nogal sleg. Ek het net nie nou tyd om daaraan aandag te gee nie, en kon nie dadelik die probleem opspoor nie. --Alias 06:33, 5 Junie 2006 (UTC)

Sjablone

Omdat ek dit nogig gehad het in die artikels wat ek geskep het, het ek 'n paar sjablone gemaak. Indien iemand belang gestel het om dit dalk ook te gebruik, sit ek dit nou hier:

Bronteks Veroorsaak
{{band-saadjie}}
{{Infobox Band}} Moet self veranderlikes invul
{{Infobox Maatskappy}} Moet self veranderlikes invul
{{saadjie}}
{{SuidAfrika-saadjie}}
{{Telekom-saadjie}}

As enigiemand iets hieraan wil verander, message vir my sodat ek daaraan kan aandag gee. Dankie. My tabel is so bietjie vertraag, dalk kan iemand dit regmaak? Elk geval... --Adriaan 1 18:14, 1 September 2006 (UTC)

Hierdie bladsy is vir die bespreking van die voorblad. Skuif asseblief hierdie na Wikipedia:Lys van sjablone. --20:09, 1 September 2006 (UTC) – Hierdie ongetekende kommentaar is deur Alias (Bespreking • Bydraes) gelewer.

    Is dit net ek, of is daar baie besprekings hier wat niks uit te waai het met die voorblad nie? Elk geval, niemand gaan dit op die sjablone lys bladsy lees nie, so as jy 'n probleem het hiermee, delete dit. --Adriaan 1 20:30, 1 September 2006 (UTC)
      Daar is inderdaad 'n klomp ander besprekings hier, en dit is hoekom ek die opmerking maak. Dit maak dit makliker om besprekings te kry as dit op die plek is waar 'n mens dit verwag. Daar is skakels na die lys in die gebruikersportaal onder die opskrif "Sjablone" en by Wiki: Sjabloon. As niemand dit op die lys van sjablone gaan sien nie, moet ons bespreek hoe ons dinge kan verbeter sodat mense dit wel kry. --Alias 20:46, 1 September 2006 (UTC)

Wikiversity

Wikiversity is een nieuw zusterproject van Wikimedia. Misschien een goed idee om deze toe te voegen bij "Susterprojekte". Vrystyl 10:03, 8 September 2006 (UTC)

Oogsere

Deur skakels in die Afrikaanse Wikipedia nie te onderstreep nie sal dit die algehele voorkoms van Wikipedia aansienlik verbeter. Sien die Engelse Wiki en neem waar hoeveel beter dit lyk as skakels net blou is sonder om geonderstreep te word. Ek weet nie wie is in beheer van die voorkoms van Wikipedia nie, maar daardie persoon kan gerus lig op die saak werp. --Adriaan 1 14:39, 3 Oktober 2006 (UTC)

    Dankie vir die opmerking, Adriaan. Die probleem met die onderstreping is hoofsaaklik sigbaar op die voorblad en hoofsaaklik op kleiner skerms. Ek het al baie probeer om dinge te verbeter, maar ek besef dinge lyk nie altyd te goed nie. Op vandag (3 Oktober) neem ek aan jy verwys na die uitleg van bv. die teks "Demokratiese Republiek" (dit lyk sleg hier by my). Die probleem is tot 'n mate 'n probleem met blaaiers - die probleem manifesteer byvoorbeeld nie met Opera nie omdat dit lyne breek by koppeltekens. Daar is oplossings deur afkappingspunte in te voeg, en ek het dit al per geleentheid gedoen met voorbladinhoud, maar nie alle blaaiers ondersteun dit nie. Vir my is die voordele van onderstreepte skakels dat mens duidelik kan sien wat die artikel(s) is waarna geskakel word. Ek noem dit net. Ons moet maar kyk wat mense se opinie is. --Alias 16:26, 3 Oktober 2006 (UTC)
      Ek bedoel maar net oor die algemeen. Volgens my lyk blou woorde meer sag op die oog as wanneer dit nog ook geonderstreep is. Dit maak dit lyk asof die bladsy opgeklotter is as jy die heeltyd net 'n klomp strepe sien. --Adriaan 1 18:09, 3 Oktober 2006 (UTC)
        Ek het voorheen nie juis die onderstreping opgemerk nie maar ek moet sê die Eneglse wiki se skakels lyk vir my baie mooier sonder die onderstreping. Kan ons dit dalk hier oorweeg? Laurens 07:39, 4 Oktober 2006 (UTC)

Afrikaanse l10n-lêers van MediaWiki

(geskuif na die geselshoekie waar algemene gesprekke soos hierdie gewoonlik plaasvind). --Alias 12:47, 27 Oktober 2006 (UTC)

Hierdie dag in die geskiedenis (20 November 2006)

Asseblief tog, mense! Wie ook al verantwoordelik is vir die taalkundige versorging van die voorblad moet oorwerk wees: die gogga dooie villagers is nie uit te houe nie. Maak tog reg asseblief. Dit lyk nie mooi nie, nie vir dorpenaars nie, en ook nie vir stedelinge nie. :)

    Die ironie is dat as u self deelgeneem het dit u minder moeite sou kos om dit reg te maak as om hierdie kommentaar neer te pen. Onthou asseblief dat hierdie 'n vrywilligerpoging is en ongelukkig is daar slegs 'n klein handjievol (dis nou een handvol) aktiewe deelnemers. Die afrikaanse wikipedia het die afgelope tyd heelwat posisies op die ranglys gesak. Ons het beslis meer deelnemers nodig en minder kritici wat op die kantlyn staan. --RM 07:24, 21 November 2006 (UTC)
    Die verantwoordelike persoon is inderdaad oorwerk of gewoon nie meer hier nie. Spring gerus in - ons het elkeen se poging nodig. Sien Wiki: Uitgesoekte herdenkings as beginpunt om aan daardies te werk. Dit sal oulik wees as ons telkens 'n paar dae vooruit kan werk om seker te maak dat hulle van hoë kwaliteit is. Dit is 'n maklike manier om 'n paar minute per dag op 'n produktiewe en kreatiewe manier te gebruik. --Alias 07:50, 21 November 2006 (UTC)


Herbewoording

Ek sal graag die inleidingsin bietjie wil herbewoord. Hoekom? As mens met Google soek vir "Afrikaans" kry mens ons voorblad, en die uittreksel uit die bladsy wat onder die resultate vertoon is "Die weergawe in Afrikaans is opgestel in 2001 en bevat nou 6 633 artikels. Wat Wikipedia besonders maak is dat artikels gratis en vrylik beskikbaar is om te ..." wat nie die ideale trefkrag het nie. Die ding soos ons vroeër al bespreek het, is dat ons die woord "Afrikaans" daar moet hê, maar dat dit bietjie onnatuurlik is omdat ons eintlik die verbuiging "Afrikaanse" wil gebruik. Dus stel ek voor dat ons die opskrif verander: "Welkom by die Afrikaanse Wiki tuisblad/Argief 1" -> "Wikipedia in Afrikaans" en die inleidingsin na:

    Welkom by Wikipedia in Afrikaans - die gemeenskap wat saam 'n ensiklopedie skep. Daar is al miljoene artikels in vele tale asook ander projekte buiten die ensiklopedie. Die Afrikaanse weergawe bevat nou 6 655 artikels. Wat Wikipedia besonders maak, is dat artikels gratis en vrylik beskikbaar is om te lees, redigeer en te versprei. Die inhoud van Wikipedia (en dus ook u bydraes) val onder die GNU/FDL-lisensie.

Ek dink dinge by die soekenjins sal dan dalk bietjie beter lyk: enersyds die opsomming, maar dalk ook omdat die woord "Afrikaans" dan in die opskrif voorkom. (Nie dat ons deesdae meer sukkel om ons voorblad op Google te kry nie :-) Sal graag hoor wat ander dink. --Alias 16:22, 18 Maart 2007 (UTC)

Voorblad

(oorgebring vanaf Gebruikerbespreking:Alias)

Hallo Alias,

Sover ek weet is jy in beheer van die voorblad. Ek het nou al vir 'n rukkie gevoel dat ons voorblad ietsie kort, net 'n klein ietsie om dit bietjie aantrekliker te maak.

Ek het na ander Wikipedias se voorblaai geloer, maar het besluit dat die Engelse een se voorblad die beste vertoon. Ek voel dat die gekleurde bokse aandag trek en mooi lyk. Die Nederlandse Wikipedia, byvoorbeeld, gebruik miljoene klein prentjies ooral wat die bladsy ietwat deurmekaar en beknop lyk. (En die gebrek aan kleur is 'n bietjie vervelig...).

Ek het bietjie rondgespeel met ons huidige voorblad. As jy by die Sandput gaan loer sal jy my voorstel vir verandering sien. Ek hou van 'n skoon dog netjiese uitleg - iets wat na die minimalistiese toe neig: dit vertoon beter, lees makliker en laai beter oor stadige konneksies. Ons huidige voorblad voldoen aan al die vereistes, dus het ek net 'n bietjie kleur bygevoeg om dit aantrekliker te maak.

Laat weet my asb. wat jy daarvan dink. Anrie 10:26, 23 Maart 2007 (UTC)

    Ek is nie werklik méér in beheer van die voorblad as enigiemand anders nie. Ek het heelwat werk daaraan gedoen op 'n stadium en het dalk 'n paar sterk opinies, maar die voorblad behoort aan almal.
    Dit lyk netjies, alhoewel ek moet erken dat die kleure vir my 'n bietjie te uiteenlopend is. Ek weet nie of die kleure iets beteken, of net sommer ter wille van die kleurvolheid is nie. Die huidige uitleg het als in wit, met 'n gryserige agtergrond om aandag te vestig op die inleidende teks. Ek hou van die wit, maar voel nie sterk daaroor nie. Ek sal graag ook hoor wat ander dink. Ons kan dalk hiervan 'n paar veranderings saam met my voorgestelde herbewoording hierbo saam insit as mense gelukkig klink daarmee. Dankie vir jou voorstel. --Alias 13:00, 23 Maart 2007 (UTC)
      My gunsteling is die Duitse titelblad met net een kleur. Ek stel ook voor dat ons die "Ander tale" verwyder en slegs die lys aan die linkerkant vir skakels na ander tale gebruik. --Voyageur 13:38, 23 Maart 2007 (UTC)
      alhoewel ek moet erken dat die kleure vir my 'n bietjie te uiteenlopend is. Ek weet nie of die kleure iets beteken, of net sommer ter wille van die kleurvolheid is nie (-Alias)
        Wel, die kleure beteken nie eintlik iets nie. Ek het by die sagte blou begin wat ek gesien het een van die hoofkleure van die wikipedia stelsel (dis ook neutraal en 'n "vreedsame" kleur) is en toe die twee kleure langs blou in die kleurspektrum gekies om botsings te vermy (rooi -> oranje -> geel -> groen -> blou -> pers -> rooi). Dus verstaan ek nie hoekom jy dit uiteenlopend vind nie, Alias. Rooi sou te fel lyk terwyl geel mens se oë kan seer maak. Die drie kleure is doelbewus in sagte skakerings gekies sodat leesbaarheid nie belemmer word nie.
      My gunsteling is die Duitse titelblad met net een kleur.
        Die rede hoekom ek drie verskillende kleure gekies het is om die verskillende afdelings van mekaar geskei (sonder om dit soos 'n sirkus te laat lyk) - dit trek aandag en laat die onderafdelings meer uitstaan.
        Een kleur, in my opinie, is eentonig en skep nie die indruk van "verskillende" afdelings nie. Ek kon miskien die regterkantse (en grootste) afdeling eerder blou gemaak het, maar ek wou die blou juis op die middel van die bladsy hê, as 'n kontakpunt vir die pers en groen. (Ja, ek is miskien 'n bietjie té gefokus op kleur...)


          Ek verkies ook nogal minder kleure en stem met Voyageur saam dat die Duitse wikipedia nogal mooi lyk. Die Franse en Engelse lyk ook nie sleg nie. Ek stem saam ons kan die tale aan die onderkant laat gaan en dan eerder die geowne kantlyn stelsel vir interwikiskakels gebruik. klan ons van die onderstreping van skale ontslae raak - dit sal 'n groot verbetering meebring. Laurens 15:55, 23 Maart 2007 (UTC)
            Goed so, dis nou nog minder kleurvol gemaak... hopelik kan ons dit as 'n kompromis tussen die kleur-liefhebbers en die eenkleur-liefhebbers sien? Anrie 16:26, 23 Maart 2007 (UTC)
        Ek het nou met bietjie meer aandag gekyk en vergelyk in verskillende blaaiers en skermgroottes. 'n Bietjie nuwe kommentaar.
  • Die opskrifte in die nuwe uitleg neem bietjie minder plek vertikaal, waarvan ek natuurlik hou.
  • Die gekleurde boksies is vir my mooi, alhoewel ek steeds voel dat die verskeidenheid kleure dalk mens se aandag bietjie aftrek. (ek probeer bv. uit te werk of die groen op iets dui, maar neem aan dis maar net groen?)
  • Die nuwe bladsy spesifiseer die CSS in die Wikiblad wat dit bietjie groter maak (die wiki-opskrifte is vervang met h2-etikette met heelwat CSS). Dis seker nie die dood van Katryn nie, maar ons moet dit in gedagte hou dat dit die blad bietjie stadiger sal laat laai en dit dalk bietjie moeiliker is om die wiki-teks te lees (goed, nie groot probleme noodwendig nie).
  • Daar is ekstra spasie onder sekere opskrifte, bv. Artikel van die week, Hierdie dag... en Het u geweet. Ek het vinnig gekyk en kan nie onmiddelik sien hoekom nie. Ek weet net dit is nie daar by die oorspronklike uitleg nie. Ons sal dus nog bietjie moet soek.

Die kleure is maar net kleure - soos ek reeds bo genoem het. Maak dit maar alles blou, as julle wil. (Hoekom herinner my aan die dag toe my Gr.1 juffrou per ongeluk 'n seuntjie met die naam André se skrif boek vir my gegee het en my boek aan hom: hy het met swart (!) vetkryt sy letters beoefen, wat die kleurskema van my boek heeltemal omvergegooi het.)

In elkgeval, ek het die opskrifte aspris kleiner gemaak - die gekleurde boksies trek die aandag beter as oorgrootte opskrifte en lyk meer profesioneel in my mening. Ek weet net mooi niks van CSS nie - as ek iets wil doen soek ek voorbeelde daarvan op ander Wiki-bladsye en speel dan met die kodering of wat ok al tot dit lyk soos ek dit wil hê.

Die ekstra spasie onder die opskrifte het ek ingesit omdat, vir die een of ander rede, daar by sommige afdelings skielik geen spasie was tussen die opskrif en die inhoud nie, met die gevolg dat dit baie styf teen mekaar gedruk was. Ek blameer my onkunde. Anrie 09:28, 25 Maart 2007 (UTC)

    Jammer, Anrie, dit klink of my kommentaar dalk bietjie omkrap. Ek sê maar altyd my subjektiewe perfeksionistiese sê en dan kyk ons wat daarvan kom. Hoe het jy die ekstra spasie ingesit? Ek sal net bietjie daarmee wil eksperimenteer. Ek sal nog bietjie met die CSS speel en kyk of ek dit bietjie kan snoei. Ek vermoed van dit sal dalk nie nodig wees nie, maar ek moet darem net eers seker maak. Ek het nou in 'n paar blaaiers getoets en op 15"- en 17"-skerms en dit lyk of dit goed werk onder meeste omstandighede. Jammer dat hierdie nou stadig sloer. --Alias 12:02, 25 Maart 2007 (UTC)
      Jy hoef glad nie jammer te wees nie, Alias. Ek is ook maar 'n subjektiewe perfeksionis - helaas net in 'n ander rigting in. Ek dink dis maar net een van die gevalle waar mens dink jou veranderings is so fantasties en briljant dat jy verbaas is as ander nie saamstem nie :-)

Die ekstra spasie is met 'n eenvoudige
ingesit. Anrie 12:24, 25 Maart 2007 (UTC)


Onderstreping van skakels

Stem iemand saam dat ons moet kyk of ons van die onderstreping kan ontslae raak? Laurens 07:18, 26 Maart 2007 (UTC)

    Ek vermoet ek is die enigste een wat van die onderstreping hou. Ek dink meeste mense het vantevore genoem dat hulle dit daarsonder verkies. Dus dink ek neem ons dit weg, ja. (tensy meer mense nou daarteen is) --Alias 08:09, 26 Maart 2007 (UTC)
    Ek het êrens in die Geselshoekie (of miskien êrens anders) ook gemeld dat ek nie van die onderstrepings hou nie, hetsy op die voorblad of in artikels, maar dit het onder al my ander eiers 'n bietjie versmoor.Anrie 09:14, 26 Maart 2007 (UTC)
        Oe-la-laa! Geen meer onderstrepings hier by my nie - ek het dit nou net agterkom. Werklik 'n lus vir die oog! Ek neem aan ons kan vir jou dankie sê, Alias? Anrie 11:43, 30 Maart 2007 (UTC)
            Nou is ek vir eenkeer agter omdat ek my eie Monobook.css het... Ek kry natuurlik sterretjies langs voorblad artikels in ander tale wat ek dink julle nog nie kry nie. Kan nie onthou of dit met Monobook.css of met die Javascript goed gebeur nie. Sal ons dit ook oorskuif?. Om te sien wat ek bedoel gaan na en:Cape_Town wat 'n sterretjie langs Kaapstad behoort te wys. Laurens 15:00, 30 Maart 2007 (UTC)
            Ek is ook nou deurmekaar. My voorblad wys nog al die tyd onderstreepte skakels, maar ek kan nie onthou dat ek my eie Monobook.css gelaai het nie? --RM 06:53, 9 April 2007 (UTC)


              Hoewel ek wel my eie Monobook.css gehad het het ek daarvan probeer ontslae raak maar dit blyk tevergeefs - alles is steeds onderstreep. Laurens 07:52, 9 April 2007 (UTC)
            Geregistreerde gebruikers se onderstreping word bepaal op grond van 'n keuse by Spesiaal:Preferences. Ek sal weer moet soek daarvoor, maar ek dink ek het êrens gesien dat geregistreerde gebruikers nie maklik die werf se onderstreepstyl outomaties kan erf nie. Nogal 'n eienaardige opset, maar nou ja... :-) --Alias 18:13, 10 April 2007 (UTC)

Help required

Sorry for the lack of Afrikaans, but Im a long term contributor to the English Wikipedia, en:User:AKMask and a potential copyright violation has been brought to our attention there. a user has alledged that our article on en:Noot vir Noot is a copyright violation of this page, but a simple babelfish translation seems to contradict that. Could I get one of your editors who speaks english as well to read it over and respond on my talkpage? Thank you. -137.229.197.73 17:48, 24 April 2007 (UTC)

Firefox nou in Afrikaans beskikbaar

Vir dié wat belangstel, die bekende webblaaier Firefox het nou 'n Afrikaanse weergawe vrygestel. Dit kan op hierdie blad afgelaai word. Ek vind Firefox hulpvol omdat dit tans die vinnigste en veiligste webblaaier is. Dit is vir my persoonlik baie meer ekonomies as Microsoft se Internet Explorer. Ek dog net ek noem dit hier, vir diegene wat daarvan hou om hul programmatuur in Afrikaans te hê :P Hulle gebruik ook lekker oorspronklike Afrikaanse terme in die weergawe, bv. "oortjies" vir "tabs" en "nutsgoed" vir "tools". Ek het onmiddellik verlief op die program geraak, lol :D Elk geval, voordat hierdie soos 'n advertensie klink, ek sal graag julle opinies oor die program wil hoor ; ) ► Adriaan ( Spreek ★ Bydraes ) ♪♫ 19:54, 31 Mei 2007 (UTC)

    Ek het dit ook al afgelaai om te probeer - het selfs oorweeg om 'n artikel oor Firefox te skep sodat dit ons by die "Aktueel"-sjabloon kon voeg, maar het nie die vaagste benul hoe om die meeste terms te vertaal nie. Ek het die program uitprobeer: dit vat egter 'n rukkie voor ek telkens verstaan waarna die Afrikaanse term verwys ("Custom" (installation) vs. "Doelmaak", ens). Maar ek vind dit ook oulik - hoop 'n Afrikaanse speltoetser word sommer vinnig bygevoeg. Anrie 20:21, 31 Mei 2007 (UTC)

Ponskaart

Haai, nou is ek skoon nostalgies. Ek kon darem my boonste laai optrek en 'n ponskaart daar uithaal om aan te voel. 155.239.226.74 08:28, 8 Junie 2007 (UTC)

Die tuisblad van Wikipedia in Afrikaans Tuisblad word wel waardeer! Die volgende verskyn nou daarop:

    Hierdie dag in die geskiedenis
    Hollerith-ponskaart 8 Junie:
    1887 - 'n Patent word aan Herman Hollerith toegeken vir sy ponskaart-rekenaar. (Met 'n duidelike fotografiese beeld.)

Ek is oud genoeg om nog 'n voorraad van hulle in my besit te hê, en gebruik dit gereeld vir notas en lysies. Miskien moet ek my gebruikernaam "Tannie" maak. As ek tyd het skryf ek 'n volledige artikel daaroor. 155.239.226.74 19:14, 8 Junie 2007 (UTC)

de:

Warum kein deutscher Link auf der Hauptseite? (MARK S. 02:15, 23 Junie 2007 (UTC))

Ek moet sê ek verstaan nie mooi die logika om nie die groot tale met gewone interwikiskakels aan die linker kant te lys nie - dit sal mos niekand daar pla nie en baie mens gaan moontlik die skakels onder aan die blad miskyk. Piepklein tale soos Aragonees kry op 'n manier nou meer aandag as die groter tale wat besoekers dalk ook verstaan. Laurens 05:38, 23 Junie 2007 (UTC)

    Ek stem saam. Maar wanneer die tale in die linkerkant bygevoeg word, moet dit asb. in alfabetiese volgorde gedoen word! Mense plaas gewoonlik "fi" naby al die f's, maar in werklikheid is die taal se naam Suomi, wat dan 'n S-taal tussen al die F's het, wat regtig onooglik is... ► Adriaan ( Spreek ★ Bydraes ) ♪♫ 10:16, 23 Junie 2007 (UTC)

Voorstelle vir 'n nuwe voorblad [2] [3]

Ek hou nogal van hierdie voorblad... Ek dink die huidige voorblad is so bietjie vaal. ► Adriaan ( Spreek ★ Bydraes ) ♪♫ 11:32, 3 Julie 2007 (UTC)

    Ek hou ook van daardie voorblad - alhoewel ek glo die regterkantste kolom is oorbodig. Mens kan van die inhoud aan die lk oorskuif na die rk, dan behoort die meerderheid inligting op een slag in klein resolusies te wys (sonder dat mens af hoef te "scroll"). Ek sal graag van die kleure nader aan mekaar wil hê in die kleurspektrum (gelyke grade helderheid/sagtheid, komplimentering i.p.v. botsing, ens.). Mens moet miskien ook die laaispoed vergelyk sodat diegene wat van opbelverskaffers gebruik maak nie langer sal moet wag voor die bladsy laai nie. Anrie 10:26, 6 Julie 2007 (UTC)
      Net 'n hupstoot om hierdie weer in die "Onlangse wysigings" te laat wys en sodoende ander se aandag te trek. Anrie 21:01, 27 Julie 2007 (UTC)
      Ek het my voorstelle hier bygewerk. Wat dink jy (en ander) daarvan? Anrie 21:31, 27 Julie 2007 (UTC)
        Jip, ek hou daarvan. Kan ek maar so bietjie daaraan peuter? — Adriaan (S★B) 21:34, 27 Julie 2007 (UTC)
          Ek hou van die onderste 75%. Dit vole of die bokant nog bietjie werk nodig het. Op my skerm is daar 'n groot stuk witruimte tussen die verwelkoming aan die linkerkant en die kategorieë aan die regterkant. Die teks net onder dit wat vertel hoeveel artikels ons het ens lyk ook bietjie dood bokant die fancy blokkies onder dit met die ronde hoeke. Laurens 08:10, 28 Julie 2007 (UTC)
            Dis vreemd: Adriaan het ook gepraat van wit spasies aan die kante, maar hier by my sien ek niks. Die teks "Welkom by die Wikipedia in Afrikaans..." sal meer opvallend wees op die voorblad, aangesien dit tans (in die Santput) op 'n blou agtergrond is. Die wit agtergrond sal baie help. Ek sal bietjie dink of daar iets is wat mens kan doen om dit op te jazz, maar ek moet erken dat dit my nie so baie pla nie. Anrie 09:09, 28 Julie 2007 (UTC)
            Het julle ook die probleem by die oorspronklike blad wat Adriaan na verwys het? Die sintaks en dinge is bloot van daar geneem. Anrie 09:21, 28 Julie 2007 (UTC)
              Miskien kan julle screenshots van die blad, soos julle dit sien, net vir tydelik oplaai? Ek het nou al deur ander blaaiers en op ander resolusies gekyk en ek sien nog steeds nie die wit spasies nie. Anrie 12:55, 31 Julie 2007 (UTC)

Hierdie dag

Op die voorblad verskyn die opskriffie onder "hierdie dag" as "Julie 16", en nie "16 Julie" nie. My voorkeure is só gestel dat ek éérste die dag en dan die maand sien. Ek kan nie sien waar die fout lê nie, omdat die {{hierdie dag}} sjabloon "16 Julie" genaamd is. Kan iemand vir my sê hoekom dit "Julie 16" op die voorblad wys? ► Adriaan ( Spreek ★ Bydraes ) ♪♫ 15:26, 16 Julie 2007 (UTC)

Gebroke skakel

Die frase "vele tale" se skakel is gebroke, dit moet wees Tuisblad#Wikipedia in ander tale. — Adriaan (S★B) 11:12, 18 Augustus 2007 (UTC)

Aangaande Platduits

Is 'n beter benaming vir "Platduits" nie dalk "Nederduits" nie? — Adriaan (S★B) 12:13, 18 Augustus 2007 (UTC)

    Volgens die HAT is beide Platduits en Nederduits aanvaarbaar. Ek het self nie 'n voorkeur vir die een of die ander nie. Anrie 13:10, 18 Augustus 2007 (UTC)
      Wel, hulle praat van die "Nederduitse" gereformeerde kerk, so dalk is "Nederduits" dus 'n meer bekende term? — Adriaan (S★B) 21:00, 1 Oktober 2007 (UTC)
        Die term "Nederduits" het vroeër na Nederlands verwys. Sowel Nederlanders asook Duitsers het hul tale oorspronklik as Duits beskryf. Vanweë die groot verskille tussen die twee hoofdialekte was terme soos "Nederduits" (dialek van die Lae Lande) en "Opperduits" (dialek van Duitsland) gebruiklik. Die Engelse vertaling van Nederduits-Gereformeerde Kerk is dan ook Dutch Reformed Church. Nederduits het in die moderne tyd slegs na dialekte van Noord-Duitsland begin verwys, aangesien die Nederlanders hul taal lankal "Nederlands" genoem het. --Voyageur 21:14, 1 Oktober 2007 (UTC)

Nóg kwessies...

Jammer dat ek nie voorheen hierdie kwessies gelug het nie, maar die susterprojekte se name is verafrikaans, wat nie heeltemal korrek is nie... Tensy ons Wikipedia na Wikipedie gaan verander, moet ons dalk vir eers "Wikiwoordeboek" verander na "Wiktionary", "Wikiboeke" na "Wikibooks", "Wiki-aanhalings" na "Wikiquote" en "Wikinuus" na "Wikinews"... weereens jammer dat ek so ná die tyd eers hierdie goeters raaksien... — Adriaan (S★B) 12:18, 18 Augustus 2007 (UTC)

    Hmmm... ek is self ten gunste daarvan om die korrekte naam telkens weer te gee, al is dit nou in Engels. As niemand beswaar lewer binne die volgende paar dae nie, sal ek dit verander. Anrie 13:11, 18 Augustus 2007 (UTC)
      Dankie, Anrie. Ek het al by ander taalprojekte ook gesien dat hulle telkens die Engelse benamings vir die projekte gebruik. Dit is immers hierdie name wat in die adresbalk ook verskyn. — Adriaan (S★B) 14:18, 18 Augustus 2007 (UTC)

Hierdie dag in die geskiedenis

Ek wonder maar net of dit nie dalk beter sou wees om te sê "vandag" in paas van "hierdie dag" nie. — Adriaan (S★B) 14:12, 1 Oktober 2007 (UTC)

Beeld van die week

Ek sit nou al 'n geruime tyd en wonder of ons nie 'n "Beeld van die week" (vanuit die Commons) op ons voorblad wil sit nie. Ek het oorspronklik gedink dat dit nie raadsaam sou wees nie, omdat dit die laai van die voorblad sou vertraag oor stadiger konneksies. Ek sien egter dat elke van die vier afdelings tans 'n beeld het: deur twee beelde van óf hierdie dag in die geskiedenis, óf het u geweet óf aktueel te verwyder kan mens maklik 'n ander afdeling byvoeg wat sulke beelde kan uitlig.

Ek wil egter so ver as moontlik wegbly van 'n stelsel soos tans op die Engelse Wikipedia waar hulle oor beelde konfereer en as "featured pictures" uitlig. Ek vind dit nutteloos, siende dat die Commons reeds hulle eie featured pictures het en ons beter dinge het om met ons tyd te doen (soos artikels skep).

Deur "featured" beeld vanuit die Commons op die voorblad te vertoon kan ons meer aandag trek na hierdie wonderlike sustersprojek en, omdat dit die beeld is wat beklemtoon word, hoef ons nie noodwendig 'n artikel te hê waarin die beeld verskyn nie (alhoewel dit egter sal gaaf wees). Niks groots nie, omtrent 250px. Wat dink ander? Anrie 14:48, 2 Oktober 2007 (UTC)

    Ondersteun die voorstel. Alternatiewelik kan ons die skakels na die hoofkategorieë geleidelik na portale lei; die Engelse en Duitse Wikipedia-projekte vertoon "beelde van die week" ook op hulle hoofportaal-blaaie. Ons moet dan natuurlik ook die moeite doen om die portale te skep en te onderhou.--Voyageur 15:19, 2 Oktober 2007 (UTC)
      Is daar 'n manier om outomaties 'n beeld vanaf die commons op die voorblad te vertoon sonder om dit handmatig te sirkuleer? Bv, as die "featured picture" op Commons verander, kan dit outomaties dan ook hier verander? Of sal mens handmatig die skakel moet verander om na die nuwe beeld te wys? — Adriaan (S★B) 16:48, 2 Oktober 2007 (UTC)
        Dankie vir die ondersteuning, Voyageur, maar nou moet ek ongelukkig sê dat ek my doodgril vir portale. Dis dan niks ander as opgedolliede kategorieë nie! Ek sien nie hoekom 'n goed-instandgehoude kategorie nie dieselfde funksie as 'n portaal kan dien nie. (Hulle instandhouding is ook meer outomaties as self-geskepde portale.)
        Adriaan, die Commons verander hulle uitgeligde prentjie daagliks en ek voel werklik dat weekliks hier meer as voldoende is (dus sal 'n outomatiese skakel nie lekker werk nie). Aangesien mens self die beskrywing sal moet verander, (van Engels na Afrikaans en enige verwante, interessante inligting moet byvoeg), sal die verandering van die lêer se naam self die minste van die moeite wees. Ek moet erken dat dit iets wees wat ek sou geniet om verantwoordelikheid voor te neem, alhoewel enige persoon wat wil dit natuurlik kan doen. Anrie 16:55, 2 Oktober 2007 (UTC)
          Oh ok, wel ek wou maar net weet. Ek is heeltemaal ten gunste van jou voorstel. Ek twyfel egter of mens ander beelde moet verwyder om vir die bandwydte van hierdie uitgeligde beelde op te maak... ek dink ons het 'n baie klein voorbladjie, en ons kan gerus doen met 'n ekstra beeldjie of iets. Die voorblad laai baie vinnig vir my. Ek besef dat 56kg/s bietjie van 'n probleem is, maar ek meen, daar is ander Wiki's wie se voorblaaie veel groter is as ons s'n... so dis maar net my R0,01... lol — Adriaan (S★B) 18:09, 2 Oktober 2007 (UTC)
            Ek het dit nou baie vinnig aanmekaar geflans. Dis toevallig dat ons 'n artikel het wat verwant is aan hierdie voorbeeld-beeld, maar dis tog nie nodig nie. Dis die beeld wat beklemtoon word en nie die artikel nie. Die beskrywing is bloot om inligting oor die inhoud van die beeld te verskaf. Ek wil ook graag ietsie daar by sit (soos gedoen) om te noem dat dit van die Commons is. Mens kan moontlik ook ietsie sê soos "kliek gerus op die beeld self vir meer inligting/'n groter weergawe/watookal". Anrie 18:49, 2 Oktober 2007 (UTC)

Anrie, ek hou baie van jou voorstel. Hoe sal dit lyk as die beeld omraam word? — Adriaan (S★B) 19:21, 2 Oktober 2007 (UTC)

    Gedaan. Ek het gedink dit sou moeilik wees, dis hoekom ek dit oorspronklik nie gedoen het nie, maar toe was dit nie. Anrie. 07:56, 3 Oktober 2007 (UTC)
      As daar dan geen ernstige besware is nie, sal ek dit graag aan die begin van volgende week wil loods. Ek sal so bietjie meer inligting oor die beeld self ook wil bysit, aangesien dit is waar die klem lê. Ek wou oorspronklik ook noem dat die beeld verkrygbaar is axb pixels, maar toe vind ek uit dat "pixels" in Afrikaans "beeldelemente" is, nou klink dit nie vir my so lekker nie. Anrie 08:23, 5 Oktober 2007 (UTC)
        Ek hou van die ideë van 'n beeld van die week en dink dit sal 'n goeie toevoeging tot die voorblad wees. Om dit te laat werk het jy waarskynlik 'n nominasieblad nodig as ook 'n blad wat toekomstige en historiese beelde van die week organiseer. Dit sou redelik maklik wees om van die selfde infrastruktuur gebruik te maak as wat vir die voorblad artikels gebruik word. Solank beelde betyds genomineer en in sjablone met die regte name beskryf word (wat die weeknommer moet insluit ala voorblad artikels) kan dit dan outomaties opgedateer word. Sonder sulke infrastruktuur en proses kan ons vinnig met dieselfde probleme land as met die interessante brokkies wat partykeer vir maande staties is. Kriteria vir voorblad beelde sal waarskynlik moet insluit dat daar darem 'n artikel oor die beeld onderwerp moet bestaan, al is dit dan nou nie altyd self voorblad materiaal nie. laurens 12:15, 5 Oktober 2007 (UTC)
          Ek het dan juis bo genoem dat hierdie beelde nie apart hoef genomineer te word nie - dit word reeds as "Featured Pictures" uitgewys en dat, omdat dit die beeld is wat beklemtoon word, daar nie noodwendig 'n artikel hoef te wees waarin die beeld verskyn nie. Ek gaan myself nie nou herhaal nie - lees maar wat ek hierbp geskryf het. Anrie 15:57, 5 Oktober 2007 (UTC)
            So jou voorstel is om die commons se keuse te gebruik en sodoende nominasies end te vermy? Volgens die voorgaande gesprek klink dit egter of ons beplan om een beeld per week op die voorblad te vertoon, terwyl die commons elke dag 'n ander beeld het - hoe gaan daar besluit word watter een om te gebruik? Ek hou nie baie daarvan dat daar nie 'n rekord gaan wees van watter beelde vertoon is nie en ek sal steeds wil klarigheid hê hoe die Afrikaanse wikipedia gemeenskap insae gaan hê in die keuse van wat op die voorbladbeeld.
            Ek is terloops heeltemal gekant teen enige verwydering van beelde by die bestaande voorblad afdelings en dit maak vir my min sin om beelde te vertoon waaroor daar niks in die Afrikaanse wikipedia is nie - die ideë is tog om mense hiernatoe aan te trek - commons kom self mooi reg en het nie die klein bende se hulp juis nodig nie. laurens 06:31, 6 Oktober 2007 (UTC)
              • Die Commons bevat 'n argief van al hulle spogbeelde by Commons:Featured_pictures, dus hoef ons nie te kyk na wat daagliks op die Commons se voorblad pryk nie - daar is reeds honderde (indien dit nie duisende is nie) beelde om vanuit te kies.
              • Enige persoon kan kies wat volgende week wys - as jy wil kan jy nou die sjabloon vir volgende week kies. Solank dit reeds as 'n featured picture uitgewys is by die Commons, is daar geen rede hoekom enige keuse bestry moet word nie. Sodra 'n beeld bygevoeg is kan ander gebruikers natuurlik help om die bewoording, ens. te verbeter en daar is natuurlik 'n besprekingsblad vir die aparte sjablone en vir die argiefblad self, waar enige besware of wense rakende komende beelde gelug kan word. Ons besluit tog nie saam vooraf wat by "Aktueel", "Het u geweet", of "Hierdie dag" in die geskiedenis gaan verskyn nie. Enige iemand wat lus is kan by die Commons deur beelde gaan snuffel en die volgende beskikbare sjabloon skep.
              • Daar sal beslis 'n rekord wees vir reeds-gebruikte beelde, by Wiki: Beeld van die week. (Mens kan elke einde van die jaar 'n argief skep, bv. Wikipedia:Beeld van die week 2007.
              • Ek het bloot die moontlike verwydering van bestaande beelde by sommige afdelings op die voorblad voorgestel, vir die geval dat daar gebruikers is wat moontlik bekommerd is dat die toevoeging van so 'n nuwe afdeling die laaispoed van die voorblad sou vertraag. Twee afdelings (het u geweet + aktueel) het baie onlangs ongevraagd (ek sê nie "onwelkom" nie) beelde bygevoeg gekry en indien iemand wel bekommerd was oor die laaispoed, kon dit 'n manier gewees het om dinge te probeer balanseer.
              • Ons "adverteer" reeds susterprojekte op ons voorblad, Commons is egter 'n susterprojek wat baie diep in ons eie projek geïntegreer is - dit kan amper as 'n gedeelde databasis gesien word, eerder as 'n aparte projek. Die bedoeling van die beelde is egter nie (net) reklame nie, alhoewel dit definitief as sulks ook sal dien. Eerder dien dit 'n informatiewe doel, m.a.w. dit lyk nie net mooi nie, maar ons kan so ook ons besoekers iets leer, een van die hoofdoele van 'n ensiklopedie. Die featured-beelde word dan juis uitgewys omdat hulle in sigself kosbaar is. Hetsy dit nou die sombrero-sterrestelsel is, twee parende sweefvlieë, 'n tsjellospeler in Sarajevo of die eerste permanente foto ooit, die doel is om ons besoekers in te lig en te leer.
              • Indien jy baie sterk daaroor voel, en ander gebruikers saamstem, kan ons sekerlik vereis dat enige gekose beelde relevant tot 'n reedsbestaande artikel is. Ek voel egter nie dis nodig nie, maar dis net een (vr)ou se siening. Anrie 20:48, 7 Oktober 2007 (UTC)

Image replacement

Please replace the xeyes image with Image:Crystal Clear app xeyes.png. Thanks. Siebrand 21:32, 14 November 2007 (UTC) Sjabloon:Editprotected

Hoekom Arial?

Is daar 'n rede dat font-family:Arial; plek-plek gebruik word op die voorblad? Dit lyk vir my nogal uit plek tussen die res van die teks wat 'n ander skriftipe gebruik. Arial is natuurlik ook nie op alle rekenaars beskikbaar nie en daar word nie gespesifiseer wat waarna teruggeval moet word as Arial nie beskikbaar is nie. Maak die Arial 'n groot verskil vir ander mense? Ek wonder of Arial dalk in elkgeval by party mense vir die res van die teks ook gebruik word. Ek vermoed die verkleining van die teks pla my ook 'n bietjie, omdat dit dan op 'n skerm met lae resolusie minder duidelik kan lyk. Indien geen besware sal ek dit binnekort verander soos die res van die teks te vertoon vir konsekwentheid. Ek dink die regsbelyning is genoeg om dit te skei van die res. --Alias 09:15, 3 Januarie 2008 (UTC)

    Waar sien jy 'n ander skriftipe op die blad (watter afdelings?) En waar is jou teks verklein? Ek moet erken dat ek van die Arial hou: dit is in my opinie baie stylisties en maklik om te lees. Ek sien nie watter tipe rekenaars dit nie sou hê nie: dit is een van die meesgebruikste lettertipes in die wêreld en word ingesluit by Windows en OS X? Anrie 10:21, 3 Januarie 2008 (UTC)
      Hmm... nou's ek nie meer seker nie. Wat is die versteklettertipe van die sagteware? Want my voorblad se lettertipe (in Firefox, IE en Opera) lyk dieselfde as die artikels s'n (selfs al is Time New Roman as die versteklettertipe aangewys en die bladsye vertoon nie in Times New Roman nie). Miskien kan jy 'n skermskoot oplaai van hoe jou voorblad vertoon, dan kan ons sien wat die probleem is? Anrie 10:28, 3 Januarie 2008 (UTC)
      Die dele by "Nog voorbladartikels...", "Nog uitgesoekte herdenkings...", "Argief" gebruik Arial en is kleiner. Selfone, Unix- en Linux-rekenaars sal moontlik nie Arial op hê nie. Die ding is eerder dat hier Arial gevra word, terwyl die res van die blad iets anders gebruik. Mens kan natuurlik mens se blaaier stel om te gebruik wat mens verkies en die werf se stilering te los, maar my probleem lê hier met die verstekaansig waar die skrif gemeng word, en geen terugval meganisme verskaf word nie. Ons weet nie mooi waarna dit gaan terugval op almal se rekenaars as hulle nie Arial gebruik nie. --Alias 16:45, 4 Januarie 2008 (UTC)
      Ek het nou pas op nog 'n rekenaar gekyk en gesien dat die dele wat met Arial gestileer is terugval na 'n Serif-skriftipe, in plaas van 'n Sansserif-tipe. Dit lyk rêrig nogal snaaks. Ek gaan die stilering nou belyn met die res, dan kan ons hoor of dit vir iemand snaaks lyk. --Alias 08:17, 5 Januarie 2008 (UTC)
        Wat vir my snaaks is, is dat dit op my rekenaar nou nog steeds dieselfde lyk as voorheen (na jy die veranderings aangebring het). Dis seker die dat ek nooit iets daaroor gesê het nie, bloot omdat ek dit nie opgemerk het nie. Anrie 08:44, 5 Januarie 2008 (UTC)
          Ek raai dan dat jou blaaier vanself Arial vir daardie deel gebruik, met die verstek stilering. Dit lyk nou stukkie beter hier op van my toetsstelsels. Gaan nou bietjie skaaf aan 'n paar ander goeters. Beskikbaar vir IRC? --Alias 08:50, 5 Januarie 2008 (UTC)

Skakel na vandag se datum

Enige besware teen 'n skakel na vandag se datum heelbo regs op die voorblad? K175 (bespreking | bydraes) 09:14, 23 Februarie 2018 (UTC)

Sê iets oor Noord- en Suid-Korea by "in die nuus"

K175 (bespreking | bydraes) 00:15, 28 April 2018 (UTC)

Voorbladbeeld week_29_2018

Die Voorbladbeeld (week_29_2018) was 'n rooi skakel. Ek het maak sommer een gemaak. Verander dit maar as julle nie tevrede is nie. Maar ek wou net nie hê dat daar 'n rooi skakel op ons voorblad is nie.– Hierdie ongetekende kommentaar is deur Rooiratel (Bespreking • Bydraes) gelewer.

Fotos

Noudat pragtige Liz Taylor op die voorblad is kan Rami Malek maar afgehaal word. JMK (kontak) 07:09, 15 Maart 2019 (UTC)

Voorstel vir voorbladartikel

https://www.duhoctrungquoc.vn/wiki/af/Eswatini – Hierdie ongetekende kommentaar is deur 102.65.47.233 (Bespreking • Bydraes) gelewer.

Voorbladartikel oor seks

Hierdie week se voorbladartikel oor seks is van uiters swak smaak. Ons wil hê kinders moet hierdie Afrikaanse bron gebruik vir skooltake. Wanneer kinders van inligting soos hierdie te wete moet kom is vir die ouers om te besluit en nou lê dit oop en bloot op die voorblad sonder dat hulle daarvoor hoef te gaan soek. VERWYDER hierdie artikel. Dit stel Wikipedia in 'n baie swak lig, maak nie saak hoe goed die artikel geskryf is of hoe volledig dit is nie, die onderwerp en grafiese beelde is ouderdomsbeperk. Met 'n voorbladartikel wil mens graag lesers nooi om deel te wees van Wikipedia en hulle nie die berge injaag en vervreem nie. Elana Barker (kontak) 07:47, 10 Februarie 2020 (UTC)

      Ek het op die een of ander manier 'n boodskap op my praatbladsy gekry, alhoewel ek nog nooit vantevore aan die Afrikaanse wikipedia deelgeneem het nie.
      Ek moet sê, seksuele dade op die voorblad van Wikipedia is aaklig! Dit mag nie toegelaat word nie. Niemand moet gedwing word om pornografie te sien as hulle net na die begin van die ensiklopedie kyk nie. Daar is geen rede om dit te verwag nie, so dit moet nie daar wees nie. Naddruf (kontak) 18:28, 10 Februarie 2020 (UTC)
        @Naddruf: Dit is baie onregverdig teenoor die bydraers wat die artikel geskryf het vir jou om nou in te kom en dit te kritiseer. Die artikel is in 2007 geskep en in 2019 aansienlik uitgebrei. Op geen oomblik in die afgelope 13 jaar het jy enige insette gelewer nie. Toe die artikel vir voorblad genomineer is, het jy ook geen insette gelewer nie. Dit is baie maklik om agteroor te sit en niks te doen nie en dan wanneer ander se werk geprys word, in te klim en kritiek te lewer. Dit is ook onregverdig teenoor die lesers wat die reg tot toegang het tot alle menslike kennis om te verwag dat hulle regte ingeperk moet word om aan jou preutse voorkeure te voldoen. Jou opinie dat dit "pornografie" is, is baie subjektief en die feit dat jy dink dit hier relevant is, vernietig enige geloofwaardigheid wat jou rekening hier het. – K175 (skil 'n appeltjie) 18:40, 10 Februarie 2020 (UTC)
          @K175: Ek het nie die artikel gekritiseer nie, ek het gekritiseer dat dit op die voorblad van wikipedia is, veral om hierdie beelde te wys. Ek dink dit hoort op wikipedia, maar dit hoort nie hier nie. Net omdat ek nie tot hierdie artikel bygedra het nie, beteken dit nie dat ek nie 'n mening daaroor kan hê nie. Die meeste mense wat wikipedia lees, redigeer dit immers nie, en as hulle almal saamstem dat iets verkeerd is, dan moet dit verander word. Ek het hierdie voorblad nog nie voorheen gesien of die benoemingsproses gesien nie, so ek het natuurlik nie voorheen daarop kommentaar gelewer nie. Maar nou is dit in die openbaar sigbaar. As ek my mening uitspreek, moet dit nie beledigend wees nie.
          Die geloofwaardigheid van my rekening is nie relevant nie. Dit is heeltemal duidelik dat die oorgrote meerderheid van my bewerkings op die Engelse wikipedia is, maar ek is 'n leser hier. Ek wek 'n besorgdheid oor my en ek sal ander mense se opinies oor hierdie aangeleentheid moet sien behalwe net joune.Naddruf (kontak) 18:52, 10 Februarie 2020 (UTC)

──────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────── Die keuse van voorbladartikel is m.i. onvanpas. Ek stem saam met argumente dat die artikel feitelik en ensiklopedies van aard is. Ek stem egter nie saam dat dit 'n gepaste voorbladartikel is nie. As 'n gebruiker, maar ook as 'n ma van kinders wat inligting op Wikipedia soek, is ek van mening dat die inligting en veral die grafika waarmee 'n mens gekonfronteer word wanneer jy Wikipedia oopmaak, nie gepas is nie. As 'n gewone artikel maak dit sin, want dan het die gebruiker die keuse uitgeoefen om na inligting oor die onderwerp te soek, en word hy/sy nie ongevraagd daarmee gekonfronteer nie. Die grafika by die artikel voldoen aan die kriteria vir pornografie en is totaal onvanpas vir die voorblad van 'n wetenskaplike naslaanbron. Ek neem kennis van die argumente dat daar 'n demokratiese stemproses was, maar dit is natuurlik slegs 'n "demokratiese stemproses" vir bydraers. Die argument dat mense wat nie self skryf nie, nie nou 'n reg het om 'n opinie te lewer nie, is nie regverdig nie - in die gees van Wikipedia as 'n inisiatief van 'n taalgemeenskap behoort die stem van die gemeenskap in gevalle soos hierdie gehoor en na geluister te word. Ek versoek met die uiterste erns en dringendheid dat daar gehoor gegee word aan bekommerde gebruikers (en ouers) soos ek en ander dat hierdie artikel nie langer as voorbladartikel vertoon word nie. --SusanLombaard (kontak) 11:21, 13 Februarie 2020 (UTC)

    @SusanLombaard: Dat die voorbladartikel onvanpas is vir kinders of vir enigiemand is subjektief en ongelukkig nie 'n rede vir verwydering vanaf die voorblad nie. Hierdie is een van ons beste artikels en terwyl ons begrip het vir die feit dat sommige lesers die onderwerp en meegaande illustrasies afskuwelik of skokkend sal vind, is daar weer ander vir wie dit interessant mag wees. Daar was die afgelope tyd 'n reeks artikels oor sport op die voorblad wat vanselfsprekend nie vir almal interesseer nie, al was dit minder omstrede. Maar omstredenheid op sigself is nie rede vir sensuur op Wikipedia nie. Met die voorbladartikel lig ons ons uitstekende artikels uit en laat dit op die voorblad pryk sodat almal wat die ensiklopedie besoek kennis neem van die gehalte inhoud. Om dit op die voorblad te laat pryk is ook 'n groot eer vir die bydraers wat die artikel tot sy huidige gestalte uitgebrei het.
    As jy werklik bekommerd is oor kinders wat die beelde kan raaksien, moet jy hulle toegang tot die internet liefs verbied, want daar is baie erger beeldmateriaal en idees waaraan hulle blootgestel kan word met 'n eenvoudige soektog. Wanneer 'n mens Wikipedia besoek, word hy of sy toegang tot alle menslike kennis belowe en die kans gegun om meer sulke kennis aan die publiek beskikbaar te stel. Die besoeker het die verantwoordelikheid om ander lesers en bydraers se belangstellings te respekteer en nie sy of haar persoonlike oortuigings op die res van die gemeenskap af te dwing nie. Terloops, ek dink kinders behoort so vroeg as moontlik oor seks vanuit 'n wetenskaplike oogpunt te leer, maar dit is net my opinie en het geen rol gespeel in my ondersteuning vir hierdie artikel tydens die stemproses nie. Ek het vir hierdie artikel gestem bloot omdat dit 'n goeie artikel is. – K175 (skil 'n appeltjie) 14:18, 13 Februarie 2020 (UTC)
      Vir die wat nie als hier wil lees nie: hierdie is 'n kontroversiële voorbladartikel, maar is nie deur enige gereelde Wikipedia bydraers gekritiseer nie, dus het dit gestaan. Indien u sterk voel oor hoe Wikipedia werk en lyk, raak asb. meer betrokke. K175 maak die punt dat daar baie erger materiaal baie makliker bekombaar op die internet is. Aan die ander kant, word meeste sulke materiaal geblok waar Wikipedia dalk vryelik beskikbaar gemaak word. Persoonlik dink ek nie omstredenheid help enigiemand se saak nie, maar dit gesê, is die enigste langtermynoplossing vir 'n beter gemeenskap meer betrokkenheid. Dagelf (kontak) 11:18, 20 Augustus 2020 (UTC)

Beskermde bladsy

Ek kan seker in die geskiedenis kyk hoekom hierdie bladsy beskerm is... maar dis bietjie frustrerend om die die vertalings wat duidelik nie deur Afrikaanssprekendes gedoen is, te kan korrigeer nie. Bv. "stel 'n vraag" - ek's redelik seker meeste van ons sou net skryf "vra 'n vraag". Of eerder as "bywerkings"' "veranderinge" of "laaste verander". Enigiemand wat meer rats as ek is wat dit kan verbeter? Myn insiens hoe vriendeliker of meer toeganglik die taal op Wikipedia is, hoe beter is ons kanse om meer betrokkenheid te ontlok. Wow, wat 'n sin... nie seker oor daai een nie. Aan die ander kant is Wikipedia die enigste plek waar ek sulke sinne in my moedertaal kan gebruik... maar ek hoop my punt bly staan. Dagelf (kontak) 11:22, 20 Augustus 2020 (UTC)

    Die vertalings is wél deur Afrikaanssprekendes gedoen - ek weet niks van enige betrokkenheid van Chinese moedertaalsprekers by ons tuisblad nie... ;) (Net 'n grap.) Dit is selfs wenslik dat ons buitelanders kry wat nie maklik anglisismes in 'n artikelteks invoeg nie.
    Praat ons - wat woordkeuses betref - van geskrewe of gesproke Afrikaans? Ek vra net omdat daar baie Afrikaanssprekendes is wat by die werkplek in Engels kommunikeer en dikwels geleidelik, maar merkbaar hul taalvaardighede in Afrikaans begin inboet. Ek is gevoelig vir daardie soort taalgebruik omdat ek steeds ook graag Nederlands en Duits met Afrikaans vergelyk. So stel ek ook belang in taalinterferensies.
    Volgens alle woordeboeke kan 'n mens in Afrikaans 'n vraag stel of 'n vraag vra. Nederlands het een vraag stellen, Duits volg dieselfde model: eine Frage stellen. In die meeste gevalle móét Afrikaans dieselfde model navolg. Vir alle besondere taalkwessies is kennis van Nederlands verpligtend. Die verwarring rondom spellings soos Tirol en Tirool - ook 'n probleem hier wat as voorbeeld mag dien - kan maklik reggestel word as mens kennis van die Nederlandse etimologie het. Opvallende Afrikaanse afwykings in 'n teks moet nagegaan word. Is daar werklik verskille tussen die brontaal en Afrikaans, of is daar 'n interferensie en het Engels moontlik invloed op die vertaler/skrywer uitgeoefen?
    Ek is nie heeltemal seker oor "bywerkings" en "veranderinge" nie, maar ek sien hier net soos in "'n vraag vra" net dat die Engelse model nagevolg word ("ask a question") en "changes" → "veranderinge". Ek is derhalwe eintlik ten gunste van die konsekwente gebruik van akademiese Afrikaans in ons ensiklopediese konteks - met alle sinonieme, variante en nuanses. Tegelykertyd moet alle sinskonstruksies en formulerings nagegaan en vreemde woorde en konsepte verduidelik word. Voyageur (kontak) 13:05, 20 Augustus 2020 (UTC)
      Daar is 'n groot verskil tussen "vertalings wat duidelik nie deur Afrikaanssprekendes gedoen is" en korrekte taalgebruik. Uit jou skrywe is dit duidelik dat jy nog nie korrekte taalgebruik onder die knie het nie.
Terug na "Tuisblad/Argief 1"-bladsy.

Tags:

tuisblad/Argief 1 wikipedia.zatuisblad/Argief 1 Vry vs. Gratistuisblad/Argief 1 sysoptuisblad/Argief 1 KroegPortaaltuisblad/Argief 1 Gevraagde Artikel Lystuisblad/Argief 1 Doen of Gaan?tuisblad/Argief 1 Werk Saamtuisblad/Argief 1 Werk met Wikituisblad/Argief 1 Charlemagnetuisblad/Argief 1 Gebeure in die nuustuisblad/Argief 1 Inhoud van tuisbladtuisblad/Argief 1 Taalgebruiktuisblad/Argief 1 Changing names of namespacestuisblad/Argief 1 Publieke besittuisblad/Argief 1 NowCommonstuisblad/Argief 1 Terugrol op 10 Oktober 2005tuisblad/Argief 1 Globale Wiki-Voetnotatuisblad/Argief 1 Waarom af.wikipedia.org?tuisblad/Argief 1 Lynspasiëringtuisblad/Argief 1 Noord-Veluwstuisblad/Argief 1 Beskermtuisblad/Argief 1 GaliciesGalisies en vrae...tuisblad/Argief 1 Teksgroottetuisblad/Argief 1 Nuwe ontwerp...tuisblad/Argief 1 Sjabloon:Babeltuisblad/Argief 1 View source Afrikaans? :Ptuisblad/Argief 1 Alfabetiese volgordetuisblad/Argief 1 Aantal besoekers blokkietuisblad/Argief 1 NUMBEROFARTICLES FORMAATtuisblad/Argief 1 Oordra van rekenings vanaf Engelse Wiki?tuisblad/Argief 1 Goal to achieve: 100,000 articles in 2008tuisblad/Argief 1 Soekenjintuisblad/Argief 1 verleen i.p.v. ontleentuisblad/Argief 1 woordkeusestuisblad/Argief 1 Oos-Kaaps Afrikaanstuisblad/Argief 1 Uitlegtuisblad/Argief 1 Invoeging van rangorde van Afrikaans op die Wikimedia-lystuisblad/Argief 1 Daaglikse wenk denktuisblad/Argief 1 Ander taletuisblad/Argief 1 Uitlegprobleemtuisblad/Argief 1 Sjablonetuisblad/Argief 1 Wikiversitytuisblad/Argief 1 Oogseretuisblad/Argief 1 Afrikaanse l10n-lêers van MediaWikituisblad/Argief 1 Hierdie dag in die geskiedenis (20 November 2006)tuisblad/Argief 1 Herbewoordingtuisblad/Argief 1 Voorbladtuisblad/Argief 1 Help requiredtuisblad/Argief 1 Firefox nou in Afrikaans beskikbaartuisblad/Argief 1 Ponskaarttuisblad/Argief 1 Voorstelle vir n nuwe voorblad [2] [3]tuisblad/Argief 1 Hierdie dagtuisblad/Argief 1 Gebroke skakeltuisblad/Argief 1 Aangaande Platduitstuisblad/Argief 1 Nóg kwessies...tuisblad/Argief 1 Hierdie dag in die geskiedenistuisblad/Argief 1 Beeld van die weektuisblad/Argief 1 Image replacementtuisblad/Argief 1 Hoekom Arial?tuisblad/Argief 1 Skakel na vandag se datumtuisblad/Argief 1 Sê iets oor Noord- en Suid-Korea by in die nuustuisblad/Argief 1 Voorbladbeeld week_29_2018tuisblad/Argief 1 Fotostuisblad/Argief 1 Voorstel vir voorbladartikeltuisblad/Argief 1 Voorbladartikel oor sekstuisblad/Argief 1 Beskermde bladsytuisblad/Argief 1

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KlinkerSiya KolisiAdolf HitlerKonsentrasiekampInternetAnale seksKoperNeerslagGasOntbossingVoornaamwoordWikipediaMikro-ekonomieDansDrakensbergeKaapstadNoord-KaapBoelierySuid-Afrikaanse rand7de LaanWortelMediese diagnoseDikdermLys van Afrikaanse televisiereekseAkuutE-posOorkruipersVolhoubare ontwikkelingLys van visseWerkwoordSportLetterlike en figuurlike taalgebruikKongo-krisisKrygkorMadison IvyMaatskaplike verantwoordelikheidChemiese verbindingDriedimensioneelLeonardo da VinciPlastiekRonelda KamferGenadedoodDistrik SesD.J. OppermanWhatsAppAanpassingskapasiteitPaddaNelson MandelaNatuurrampHokkieEngelandVerenigde KoninkrykSomerMaagsweerCounter-Strike 2WoordsoortSosiale mediaEkonomieDruiweKoorsblaarFiksieVierkantswortelEerste WêreldoorlogStadWieg van die MensdomIronieDemografie van Suid-AfrikaNarsismeThe CranberriesWikimedia-stigtingSelfstandige naamwoordVersoeningsdagLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)MandalaNasionalismeKaapse Vlakte🡆 More