klinker

'n Grafiek sou hier vertoon word, maar grafieke is tydelik afgeskakel.

Jongste opmerking: 8 jaar gelede deur Rudolfbyker in onderwerp Uitspraak van "hek, ek, spek, nek", ens.

Slot-e

Net om die vraag in die artikel te antwoord: ten minste ek sê die slot-e in brûe en rûe. --Alias 20:56, 17 Oktober 2006 (UTC)

Klinker/konsonant?

Iets anders: klinker == konsonant? Dalk vokaal bedoel? Verder sal van die voorbeelde dalk bietjie aangepas moet word vir 'n Afrikaanse leser. Verder, merk asseblief onvertaalde artikels met Sjabloon:Vertaal of onvertaalde afdelings met Sjabloon:Vertaal-onvoltooid vir ingeval dit vergete bly. Dankie vir 'n bydraes in 'n interessante onderwerp. --Alias 21:05, 17 Oktober 2006 (UTC)

    • Dankie, ek sal so vry wees om jou idiolek as verteenwoordigend van Standaardafrikaans te beskou :-).
    • Ja, 'n klinker is 'n vokaal, so sê mos ook die HAT. Dit staan teenoor medeklinker (konsonant). Moet ek maar alles wat klinker en medeklinker in vokaal en konsonant verander?
    • Bedoel jy met voorbeelde wat aangepas moet word die woordvoorbeelde in die Klinkerartikel? Gans, kuns, roek, ril, ens.?
    • Dankie, ek sal die vertaalsjabloon byvoeg. Thiois 21:11, 17 Oktober 2006 (UTC)
      In verband met klinker vs vokaal: ek dink dit is belangrik dat altwee genoem word. In my persoonlike ondervinding is "klinker" meer die woord wat op (laer)skoolvlak gebruik is terwyl vokaal meer in die akademie gebruik word. Ek is nou te moeg om te dink oor watter een gewenst is hier. Maar my opmerking is meer oor die eerste sin: "Klinkers, ook konsonante genoem," - dis tog nie reg nie, of hoe? --Alias 21:18, 17 Oktober 2006 (UTC)
        Inderdaad, dit is nie reg nie. 'n Klinker is 'n vokaal. Latyn vox = stem. 'n Medeklinker = konsonant. Latyn con- = met, saam; sonans = klinkend, luidend. Ek sal aanstuurbladsye skep om die dubbelsinnigheid van die twee Germaanse en Latynse ekwivalente op te hef. Thiois 07:50, 18 Oktober 2006 (UTC)

Neusklank

Soos genoem word die /n/ in Standaardafrikaanse gans, kuns, tent en hond deur die klinker geassimileer tot een neusklank. Dit gebeur in my ondervinding nie by /-in-/ in kind nie. Daar sê 'n mens mos die /n/. Of is ek abuis? Thiois 14:41, 18 Oktober 2006 (UTC)

    Ek sê persoonlik die /n/ in al daardie woorde en ek dink nie ek het al ooit gehoor van iemand wat dit nie doen nie (behalwe _miskien_ "gans"). Nasaleer ander mense hierdies? --Alias 16:12, 18 Oktober 2006 (UTC)
      Ja, ek hoor dit die heeltyd. "Ku~stefees, hõd, te~t", ens. Miskien is dit gewestelik. Ek sal maar aan die beskrywing van nasalisering toevoeg dat party mense dit doen en dat dit nie 'n reël is nie. Thiois 16:31, 18 Oktober 2006 (UTC)
      Eerste wat ek hiervan hoor! As mens hieroor praat moet 'n mens seker ook noem waar 'n mens vandaankom. In my geval is dit die Weskaap. Niemand wat ek ken praat van "Ku~stefees, hõd, te~t" nie. Ons sê 'kunstefees' soos 'kundig'. Ek hoor wel "honderd" uitgespreek as "honnert" met 'n "o" soos in "pot" (ek's nie seker wat die fonetiese spelling is nie...) Rudolfbyker (kontak) 13:35, 15 Maart 2016 (UTC)

Onakkuraatheid

'n Klompie verkeerde fonetiese simbole word in die artikel gebruik. Ook klop die inhoud nie altyd met standaardbronne oor die Afrikaanse fonetiek/fonologie nie. Die artikel kort dus die hand van 'n kundige. Geebee 03:40, 04 Oktober 2009 (UTC)

    Inderdaad - die artikel is deur 'n gebruiker vanaf die Engelse artikel vertaal en ek dink dis die rede hoekom daar foute ingesluip het. Dit sal moontlik dan ook die geval met die ander artikels in Kategorie:Fonologie wees. Geebee, beskik jy kennis hieroor? Die dag toe ek my pen na my fonetiekeksamen neergelê het, het al my kennis hieroor by my ore uitgewaai, dus wil ek dit nie graag waag om die artikel te wysig nie. Anrie (kontak) 08:33, 4 Oktober 2009 (UTC)

Uitspraak van "hek, ek, spek, nek", ens.

Sover ek kan hoor word woorde soos "hek", "ek", "spek", "nek", en vele ander in die Weskaap met /e/ (ongeronde geslote-middel-voorklinker - Engels: https://www.duhoctrungquoc.vn/wiki/en/Close-mid_front_unrounded_vowel ) of /e̞/ (ongeronde middel-voorklinker - Engels: https://www.duhoctrungquoc.vn/wiki/en/Mid_front_unrounded_vowel ) uitgespreek. Gautengers sê egter iets wat vir my klink na /ɜ/. Behoort dit bespreek te word op hierdie bladsy? Word dit al iewers op Wikipedia bespreek? Rudolfbyker (kontak) 13:54, 15 Maart 2016 (UTC)

Terug na "Klinker"-bladsy.

Tags:

klinker Slot-eklinker Klinkerkonsonant?klinker Neusklankklinker Onakkuraatheidklinker Uitspraak van hek, ek, spek, nek, ens.klinkeren:Wikipedia:Village pump (technical)/Archive 205

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VryheidsmanifesDiarreeSoogdierRooikatGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondAkwariumConsolidated B-24 LiberatorMobutu Sese SekoTandbederfYsterVerenigde State van AmerikaTropiese sikloonKlimaatsverandering in Suid-AfrikaHokkieLabia (geslagsdele)DigvormMiltKlimaatsverandering in AfrikaKonflik (proses)SkoolGedigPussy RiotCheslin KolbeKunsmatige intelligensiePriemgetalGesondheidMisdaadromanKompasVlag van Suid-AfrikaSekondêre sektor van die ekonomieKanadaHoofstadHeks van HexrivierSlag van Cuito CuanavaleSwartrenosterWikiMaselsDriedimensioneelAnilingusEreksieGevolge van aardverwarming op oseaneGesonde dieetAnneli van RooyenVraag en aanbodKolonisasieDundermOlimpiese SomerspeleBloukraanvoëlPolisieBernice WestOogproblemeHandbalBeesJansenvilleMIV/vigs in Suid-AfrikaDoopSitrusLys van Kaapstad se voorstedeAborsie in Suid-AfrikaAardedagKinkhoesByvoeglike naamwoordMierGamelanKoolstofdioksiedVoegwoordIronieHolocaustJaco JacobsSowjetunieHibernasieWes-KaapWolkWerkwoordLys van kinderspeletjiesBewaringstatusLys van Suid-Afrikaanse kunstenaars🡆 More