Bertie Reed

Stanley John (Bertie) Reed (19 Januarie 1943 – 18 Desember 2006) was ’n Suid-Afrikaanse seiljagvaarder.

Hy is in Port Elizabeth, Suid-Afrika, gebore en het in sy seilloopbaan van 20 jaar meer as 170 000 seemyl tydens wedvaarte afgelê, waarvan meer as 100 000 seemyl as alleenvaarder.

Bertie Reed
Bertie Reed
Inskrywing by ’n borsbeeld van Bertie Reed in Kaapstad.
Gebore
Stanley John Bertie Reed

19 Januarie 1943
Sterf18 Desember 2006 (op 63)
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepSeiljagvaarder
Bekend virSeil om wêreld, reddingsdaad
EggenootPat
Kinders4

Sy alleenvaartloopbaan het in alle êrens begin toe hy in 1982 die eerste BOC-alleenvaart om die wêreld op voorgee wen en tweede oor die eindstreep was op die Altech Voortrekker-seiljag. Dit het hom 170 dae, 16 uur en 51 minute geneem om die roete te voltooi teen ’n gemiddelde spoed van 6,61 knope. Dit was ’n nuwe rekord vir seiljagte kleiner as 15,5 meter en het die vorige rekord van 224 dae deur David Scott-Cowper op Outward Bound verbeter.

Reed word ook veral onthou vir die manier waarop hy sy landgenoot John Martin in ’n hewige storm naby die Suidpool gaan red het nadat Martin se boot ’n ysberg getref het. Vir sy reddingspoging is Reed destyds deur oudpresident F.W. de Klerk vereer vir sy uitsonderlike seemanskap, dapperheid en sportmanskap.

In 1991 het Reed die eerste Suid-Afrikaner geword wat drie keer alleen om die wêreld geseil het. Op 17 Desember 2006 is hy in die VSA vereer in die heldesaal van die seilmuseum in Newport, Rhode Island.

Bertie is in 1968 met Pat getroud en hulle het vier kinders gehad. Hy is op 18 Desember 2006 aan kanker oorlede.

Verwysings

Tags:

18 Desember19 Januarie19432006Port ElizabethSeemylSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Suid-Afrikaanse skrywersSleurkragToorbergAalwynKadmiumDanie du ToitSamestellingMagda van BiljonThabo MbekiOogproblemeKlein vyf diereBrasiliaanse nasionale rugbyspanPiet ByleveldKoöperasiestoriesAppendiksYstervarkRynhesseRefentse MorakeLys van Griekse mitologiese figureAspergersindroomBrongitisAmalia UysDissipel vir wie Jesus baie lief wasSkaapLetterkundeAfrikaanse Hoër SeunskoolRegardt van den BerghKinkhoesAasblomAsmaGoogle TranslateAfrikaanse woordelys en spelreëlsHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalMusieksimboleOlimpiese godeMarita NapierVlag van AfghanistanLeeuDesiré GardnerSinoniemPesachDassievoëlBelgiëPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaJan BloukaasGrasfamilieMarkus JoosteBloemfonteinLys van woestyneAfrikaanse naguilWes-KaapSuid-Afrikaanse WeermagSeksualiteitEreksieAnnelize van der RystDiarreeSpookvoëlCyril RamaphosaNiersteenLiturgiese jaarVoortrekkermonumentJudaïsmeJodeOntlastingDermpoliepELys van elemente volgens simbool🡆 More