Bernard Madoff: Amerikaanse finansierder en bedrieër (1938-2021)

Bernard Lawrence Madoff (/ˈmeɪdɔːf/; 29 April 1938 – 14 April 2021) was 'n Amerikaanse voormalige markspeler, beleggingsadviseur, finansier, bedrieër en veroordeelde misdadiger, wat 'n federale tronkstrafvonnis moes uitdien vir oortredings wat verband hou met 'n massiewe Ponzi-skema.

Bernard Madoff
Bernard Madoff: Amerikaanse finansierder en bedrieër (1938-2021)
Gebore29 April 1938
Sterf14 April 2021 (op 82)
NasionaliteitAmerikaner
Alma materHofstra Universiteit
BeroepBeleggingsadviseur
Bekend virPonzi-skemabedrog

Hy was die voormalige nie-uitvoerende voorsitter van die NASDAQ aandelebeurs, die erkende operateur van die grootste piramiedskema in wêreldgeskiedenis, en die grootste finansiële bedrog in VSA geskiedenis. Aanklaers het die bedrog op $64.8 miljard bereken − gebaseer op die bedrae in die rekeninge van Madoff se 4 800 kliënte soos op 30 November 2008.

Madoff het 'n "pennie aandelemakelary" in 1960 gestig, wat uiteindelik gegroei het tot "Bernard L. Madoff Investment Securities". Hy het as voorsitter daarvan gedien tot sy arrestasie op 11 Desember 2008.

Die firma was een van die toonaangewende markondernemings op Wall Street, wat spesialisfirmas omseil het deur regstreekse bestellings "oor die toonbank" van kleinhandelmakelaars uit te voer.Madoff se broer Peter Madoff was die firma se senior besturende direkteur en hoof-nakomingsbeampte. Peter se dogter Shana Madoff was die firma se reëls- en nakomingsoffisier en prokureur. Sy seuns wyle Andrew en Mark Madoff was ook in diens by die firma. Peter is sedertdien tot 10 jaar tronkstraf gevonnis en Mark het presies twee jaar na sy pa se arrestasie selfmoord gepleeg deur homself te hang. Andrew het op 3 September 2014 aan limfoomkanker gesterf.

Op 10 Desember 2008 het Madoff se seuns owerhede meegedeel dat hul vader aan hulle beken het dat die batebestuureenheid van sy firma 'n massiewe Ponzi-skema was, en hom aangehaal dat hy gesê het dat dit alles "een groot leuen" was.

Die volgende dag het FBI-agente Madoff in hegtenis geneem en hom aangekla van sekuriteitsbedrog. Die Amerikaanse Sekuriteits- en Uitruilingskommissie (SEC) het voorheen verskeie ondersoeke na sy sakepraktyke gedoen, maar kon egter nie enige bewyse van bedrieglike aktiwiteite opspoor nie.Op 12 Maart 2009 het Madoff skuld beken op elf federale misdrywe, en erken dat hy sy welvaartbestuurbesigheid in 'n massiewe Ponzi-skema omskep het.

Die Madoff-beleggingskandaal het duisende beleggers van miljarde dollar beroof. Madoff het gesê dat hy die Ponzi-skema in die vroeë 1990's begin het, maar federale ondersoekbeamptes glo egter dat die bedrog so vroeg as in die middel-1980's begin het, en dalk selfs so ver terug as die 1970's.

Diegene wat verantwoordelik was vir die opsporing en verhaling van die geld, is van mening dat die beleggingsoperasie nooit regmatig kon gewees het nie. Die bedrag wat aan kliënterekeninge ontbreek het, was bykans $ 65 miljard, insluitende vervaardigde winste. Die trustee van die "Securities Investor Protection Corporation" (SIPC) het egter die werklike verliese van beleggers op $ 18 miljard beraam.

Op 29 Junie 2009 is Madoff tot 150 jaar tronkstraf gevonnis, die maksimum toegelate vonnis.

Notas

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Verwysings

Tags:

14 April1938202129 AprilPonzi-skema

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Magda van BiljonVrouOrkney Snork NieBloemfonteinWes-KaapRudi ClaaseAlliterasieDroomVersamelnaamAnilingusHemelvaartFranklin D. RooseveltLandbou in Suid-AfrikaJavaScriptDierLys van Suid-Afrikaanse musikanteHeuningHomoniemPriemgetalDeon MeyerAndré JacobsOvulasieKorrupsiePenisErns GrundlingVoorsetselSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieGroepsgebiedewetEngelsJan van RiebeeckMierKunsmatige intelligensieWaterIdioomAfrikaanse Protestantse KerkLys van Suider-Afrikaanse soogdiereVraag en aanbodMenslike penisgrootteVoegwoordSaldanhaSelfieGrondwet van Suid-AfrikaPapierGroot TrekSteenkoolDaggaFiksieSosiale mediaVerfHamerkopPaarl GimnasiumMetafoorVulvaWeer (meteorologie)SkisofrenieSeksismeNic de JagerGawes van die Heilige GeesAnton GoosenDramaJazzGroot DepressieLeah van NiekerkBreingewasTrappe van vergelykingTobie CronjéIgtiologieSuid-Afrikaanse GrensoorlogVars waterAnglo-BoereoorlogTsoenamiOseaanWoordeboek van die Afrikaanse TaalLugbesoedelingDuitsland🡆 More