Bergfiets Veldwedren

'n Veldwedren (Engels: Cross Country) is 'n sport waar bergfietse ingespan word om oor ruwe terrein bv.

veld, grondpaaie, voetpaadjies ens. te jaag.

Bergfiets Veldwedren
'n Bergfietsjaer trap deur 'n woud.

Veldwedrenne is die algemeenste dissipline van bergfietswedrenne, maar kry minder dekking as bergaf-fietsrenne (downhill cycling) omdat dit moeilik is om dit direk op TV uit te saai. Tog is veldwedrenne meer gewild en meer mense neem daaraan deel vir ontspanning of in 'n kompeterende hoedanigheid.

Veldwedrenne word sedert die 1996-spele as 'n Olimpiese sport beoefen en is die enigste vorm van bergfietsrenne wat tydens die Somerspele beoefen word.

UCI Veldwedrenkategorieë

UCI (Internasionale Fietsryfederasie) verdeel bergfietsveldwedrenne in drie kategorieë:

    • Veldwedrenne (XC)
    • Bergaf (DH)
    • Four Cross (4X)

Daar word ook na die DH en 4X formate as 'gravitasierenne' verwys omrede beide die formate bergaf geskied.

XC-tipe veldwedrenne

Bergfiets Veldwedren 
Burry Stander van Suid-Afrika.

Die XC tipe veldwedrenne het agt formate:

    • XCO = Olimpiese formaat
    • XCM = Maratonformaat
    • XCP = Punt-tot-puntformaat
    • XCC = Kortbaanformaat
    • XCE = Eliminasieformaat
    • XCR = Aflosformaat
    • XCS = Skofformaat
    • XCT = Tydtoetsformaat

Die enigste verskil tussen die XCM en XCP formate is dat XCM by dieselfde punt begin en eindig terwyl XCP by twee verskillende punte begin en eindig.

UCI hou elke jaar 'n wêreldkampioenskap vir XCO, XCR en XCM formate. Wyle Burry Stander is Suid-Afrika se bekendste XCO ryer; hy was die onder-23 wêreld kampioen gedurende 2009. Vanaf 2012 sal daar ook 'n wêreld kampioenskap byeenkoms wees vir XCE.

Die jaarlikse Cape Epic is die wêreld se bekendste XCS-veldwedren terwyl die Karoo-tot-Kus Suid-Afrika se bekendste punt-tot-punt veldwedren is.

DH-tipe veldwedrenne

Die DH tipe veldwedrenne het twee formate:

    • DHI = Afdraande individuele formaat
    • DHM = Afdraande massabeginformaat

Greg Minnaar is by verre die bekendste Suid-Afrikaner in die (DHI) bergafveldwedren geledere deurdat hy die wêreldkampioen was vir 2003, 2012, 2013 en 2021.

"Four Cross 4X"

Four Cross het afdraande eliminasiewedrenne vervang. Hier begin 4 bergfietsryers gelyktydig op 'n moeilike afdraande baan en die eerste persoon oor die wenstreep is die wenner. Dit is amper 'n tipe BMX-wedren vir grootmense!

Greg Minnaar het in sy jonger dae al twee keer die podium gehaal tydens internasionale 4X wedrenne.

Hierdie formaat van veldrenne het nog nie werklik posgevat in Suid-Afrika nie.

Bergfiets in Suid-Afrika

Die XCM formaat is ongelooflik gewild in Suid-Afrika terwyl die XCO formaat die gewildste is in Europa. Die rede vir die gewildheid van Maratonbergfietsry in Suid-Afrika is omrede Suid-Afrika die ruimte en sonskynweer daarvoor het. Nasionale en provinsiale kampioenskappe word jaarliks gehou vir beide die XCM en XCO formate.

Gedurende 2009 is die eerste Internasionale Veldwedrenbyeenkoms gehou te Pietermaritzburg in Suid-Afrika.

Bergfietsry het ook baie gewild geword onder hoërskole met ligas wat jaarliks plaasvind. In Gauteng lok die hoërskoolligas reeds tot 900 inskrywings.

Nasionale kampioene

Jaar Nasionale bergaf-kampioen van Suid-Afrika
1998 Greg Minnaar*
1999 Patrick Morewood
2000 Jason Delport*
2001 Duane Stander
2002 Andrew Neethling*
2003 Gary Barnard
2004 Gary Barnard
2005 Jonty Neethling
2006 Johann Potgieter
2007 Johann Potgieter
2008 Wesley Augustyn
2009 Johann Potgieter
2010 Johann Potgieter
2011

"*" As juniors.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Bergfiets Veldwedren UCI VeldwedrenkategorieëBergfiets Veldwedren XC-tipe veldwedrenneBergfiets Veldwedren DH-tipe veldwedrenneBergfiets Veldwedren Four Cross 4XBergfiets Veldwedren Bergfiets in Suid-AfrikaBergfiets Veldwedren Nasionale kampioeneBergfiets Veldwedren Sien ookBergfiets Veldwedren VerwysingsBergfiets VeldwedrenBergfietsSport

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OssewaKleinkolmuskeljaatkatAbstraksie (rekenaarwetenskap)RynhesseLionel MessiAuschwitz-konsentrasiekampSolidariteitInhoudNarsismeAsynAfrikaanse WikipediaGodKoggelmanderKoreaanse nasionale rugbyspanBrasiliëKwaZulu-NatalDepressie (gemoedstoestand)Amalia UysInligtingSeksuele opwekkingPersoonlikheidEuropese RugbykampioenskapBarionLys van Afrikaanse rolprente26 MaartTegnologieSaharaLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Lys van Suid-Afrikaanse skrywersErfenisdag (Suid-Afrika)EkostelselKoos du PlessisErnstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2LeeuWhitey BassonEuropaLandbouKopieregFinlandDerrickSuid-Afrikaanse WeermagLys van Joodse feeste en herdenkingsPaasfeesAllergieHerfsSuiwelprodukOrganometaalchemieNierPolisieWaldimar PelserNederlandsGordelroosKlankverskynselsTongaanse nasionale rugbyspanDeon MeyerInfeksieErica BoyerVyfsterWortelkanaalOnderwysSmall HandsLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike namePesachPaulus van TarsusKnopiespinnekopGNU-lisensie vir vrye dokumentasieVulvaJudaïsmeSter🡆 More