Zombamassief

Die Zombamassief is ’n berg op die Shirehoogland in die suide van Malawi.

Zomba
Foto geneem aan die hange van die Zombaplato. Foto geneem aan die hange van die Zombaplato.
Ligging Vlag van Malawi Malawi
Hoogte 2 087 meter bo seevlak
Ligging van Zomba op 'n kaart (Malawi-reliëf)
Zomba
Zomba
Die ligging van die Zombamassief in Malawi.

Beskrywing

Zombamassief 
Die Mulunguzidam tydens die reënseisoen.
Zombamassief 
’n Dorpie op die rand van die Zombaplato, met die Ku Chawe Inn op die agtergrond.

Die massief bestaan hoofsaaklik uit siëniet, maar edel- en halfedelstene soos kwarts word ook aangetref. Dit beslaan ’n oppervlakte van sowat 130 km2 en die hoogste piek is 2 087 m hoog.

Die Zombaplato is bedek met gemengde plantegroei, maar veral dennebome kom voor; dit word geplant vir bosbou. Die Zombasaagmeul is aan die suidelike hange van die berg geleë. Op plekke waar inheemse bome voorkom, is daar ’n groot probleem met die afkap van bome vir vuurmaakhout. Vrugte soos aarbeie en braambessies word op die berg geplant vir die plaaslike mark.

Strome loop deur die plato en daar is watervalle en klein mere. Die Mulunguzirivier ontspring op die plato en vloei deur die stad Zomba aan die voet van die berg. In 2000 is die Mulunguzidam geopen wat Zomba se reservoir van water voorsien.

Toerisme

Dit is die streek se grootste toeriste-attraksie. Aktiwiteite sluit in stap, perdry, bergklim, hengel en bergfiets ry. Die plato kan per teerpad van Zomba af bereik word. Daar is verskeie soorte akkommodasie vir toeriste, soos die Ku Chawe Inn en verskeie kampeerterreine. In die stad self is daar twee hostels vir rugsakreisigers en verskeie lodges. Die plaaslike kunsmark is die ideale plek om aandenkings te koop.

Om na die bopunt van die plato te stap is ’n gewilde toeristebedrywigheid. Op helder dae kan Blantyre en die Mulanjemassief, wat albei 60 km van daar is, gesien word. Van die westelike rand van die plato af kan die Shirerivier en die Liwonde Nasionale Park gesien word.

Verwysings

35°16′27.18″O / 15.349500°S 35.2742167°O / -15.349500; 35.2742167

Tags:

MalawiShirehoogland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van elemente volgens simboolArabies-Israeliese konflikDriehoekGeweldVigsDomkragFacebookItaliëWaterLys van myne in Suid-AfrikaKaliumKlein-KarooLys van musiekinstrumenteSuid-Afrikaanse randDomineeVrouWolkGedigPuberteitDemokratiese AlliansieSeevlakWetenskaplike klassifikasieJan van RiebeeckBynierMasturbasieLys van Suider-Afrikaanse soogdiereTrappe van vergelykingDonkieLys van politieke partye in Suid-AfrikaDirekte en Indirekte redeLys van nedersettings in Suid-AfrikaKonsentrasiekampEskomBreinKriekInnes en Franna BenadéVlag van Suid-AfrikaFranse RewolusieVermenigvuldigingAngina pectorisWoordDramaRacheltjie de BeerNiersteenOm-te-infinitiefkonstruksieRassismeLionel MessiOnderhandelinge om apartheid te beëindigAarde se atmosfeerMangelontstekingFrederik Willem de KlerkGalblaasProteaInflasieMuishondLetterkundeGeboorteGemeenskapBlomKoorsKaapstadAfrikanersKasterolieDemokratiese Republiek die KongoElandréFilosofiePenisMeervoudPampoentjiesDie Laaste Avondmaal (Leonardo)Klimaatsverandering in AfrikaOmgewingsbeheerSikloonWeer (meteorologie)Neurenberg-verhore🡆 More